Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Carrying head rather than giving it

Suster Maria Emmerentia

Suster Maria Emmerentia kyk na die Bybelkunde-klas wat sy vandag namens sr Innocenta behartig. Die kloosterskoolmeisies sit almal netjies en aandagtig voor haar, soet soos meringue-engeltjies wat op die tong smelt. Sy sit haar aantekeninge opsy en vra vir die klas waaroor hulle vandag wil gesels — die veranderende houding van St Paulus teenoor vroue het haar eenvoudig nie aangespreek nie en sy soek ’n uitweg.

Een van die kunsstudente agter in die klas steek haar hand op. Sy haal ’n boek uit haar sak en wys vir sr Maria Emmerentia ’n afdruk van Artemisia Gentileschi se portret van Judith wat Holofernes se kop in ’n mandjie ronddra en vra, “Sister, I’ve heard of giving head. Is that what she’s doing?”

Die suster vra of hulle die verhaal van Judith en Holofernes ken. Klaarblyklik nie. Sy sug liggies, gaan sit op die lessenaar voor en begin verduidelik.

* * *

Die lewe was maar soet, het Judith besluit, die afgelope tyd. Vir ’n vrou alleen kon dit maar swaar gedraai het, maar die geld en gemak wat sy geërf het, het haar daarteen beskerm. Haar legendariese skoonheid het sy in weenklere toegedraai om die mans op ’n afstand te hou. Sy het ook die beeld gekoester van kuisheid, engheid, godsdienstigheid. Die wenende weduwee, ag shame. Sy het gou ontdek dat beide haar toegewydheid en haar slankheid by gereelde vas gebaat het. Slank, beeldskoon en nog skatryk daarbo — dit alles, en aan geen man aanspreeklik nie!

Nou nie dat Manasseh ’n slegte man was nie — welgesteld: hy het haar van al die luukshede voorsien, en sommer ’n klomp bediendes byderhand gehou ook — maar die getroude lewe het eenvoudig nie vir Judith gepas nie. Onderdanig was sy nooit, en ook nie moederlik nie. Ander vroue het haar jammer gekry oor haar onvrugbaarheid, en mans het Manasseh aangeraai om een van sy vrou se bediendes te bevrug en sodoende nasaat te verseker. Judith se bediendes was ’n lelike klomp, en boonop was Judith se libido so gulsig dat Manasseh geen krag oorgehad het om daai klomp aan te pak nie. Van kinders was daar geen moontlikheid nie.

Maar dit was harde werk vir Judith om dit so te hou. Die klip-in-die-baarmoeder-voorkomingsmetode wat hulle met die kameelwyfies gebruik het, was nie vir mense geskik nie, en die seespons in asyn gedoop het voorafbeplanning nodig gehad. Vir ’n vrou met die liefdesaptyt waarvoor sy bekend gestaan het, moes sy spontaan wees — veral as sy snuf in die neus kry dat haar man by die bediendes rondfoeter. Gelukkig was Manasseh se liefdesapparaat maar kleinerig, en van die spons het hy dus nooit uitgevind nie.

Sy word beslis deur haar jagsgeit geteister — haar libido was wel gegrond in meer as nood — en selfplesiering het naderhand vervelig geraak. Die mans in die kontrei was gretig om hulle pote op haar lyf — en haar besittings — te kry, maar in trou het sy nie belanggestel nie. ’n One night stand was te risky — vroue wat van egbreuk verdink was, is summier gestenig, en hulle besittings gekonfiskeer. Sy het geweet daarteen is sy kwesbaar — beskuldigings het nie bewys nodig nie — maar haar godsdienstigheid het haar teen haar bygelowige medeburgers beskerm.

Toe val die Assiriërs aan. Die dorp se water is afgesny en die ouderlinge vergader om hulle oorgawe te beplan. As hulle vreedsaam saamwerk, meen hulle, sal hulle lewens gespaar word en hoef hulle ook nie aan dors te beswyk nie. Judith stem egter nie saam nie — sy gatecrash die vergadering en raai hulle aan om eerder God se hulp te versoek en die vyand te weerstaan. Judith besef alte goed dat sy as prys deur een of ander Assiriër geëis sou word, haar besittings gevat en haar vryheid haar ontneem sou word — ’n trousituasie teen haar wil en denke. Die ouderlinge stem in om te bid — hulle sal vyf dae wag dat God optree; indien nie, sal hulle begin onderhandel. Vir Judith is dit egter nie voldoende nie — sy besluit om liewer self iets aan te pak.

By die huis trek sy haar rouklere uit en vryf haar vel met parfuum in. Sy trek mooi aan, bedek haar lyf met juweliersware en vleg bloeisels in haar hare. Sy stap by die stadshek uit en kies koers na die Assiriërkamp.

Die soldate vergaap hulle aan die mooi vrou wat voor hulle verskyn. Almal wil haar vat, maar die rumoer laat Holofernes aankom. Die bevelvoerder kyk vir Judith aan en nooi haar oor na sy tent. Daar vertel sy vir hom dat sy deur God gestuur is, omdat God beplan om hom teen die Bethulianers te wreek, aangesien hulle van plan is om die eerste vrugte op te vreet — wat vir godsdienstige doeleindes gehou moet word. God het haar egter vertel, vertel sy oor, dat Holofernes ’n goeie man is, wat sal bekeer en God se gebooie sal gehoorsaam, en sy het haar dus by hom kom skaar. Sodra die Bethulianers aan die vrugte eet, vertel sy, sal die Assiriërs in Bethulia kan instap en die plek oorvat, sonder enige stryd of verlies. Sodra, herhaal sy, Holofernes self bekeer.

Holofernes, wat dronkgeslaan is deur haar skoonheid, bekeer dadelik en bied haar skuiling, hulp — enigiets! Sy vra toestemming om elke aand ’n ent te gaan stap, om alleen te bid, dat God vir haar kan vertel as die tyd aangebreek het. Daartoe stem Holofernes onmiddellik in.

Die Assiriërs, weet almal (na aanleiding van die muurgraveerkuns), het yslike lang baarde gehad. Die Israeliete ook; maar die Assiriërs s’n is skoon, gevleg, netjies, terwyl die Israeliete s’n soos ’n bosgasie uit hulle kenne gesproei het. Muff diving was dus onder die Israeliete onbekend — oftewel, gruwelik — g’n vrou sou so ’n vullisdrom tussen haar bene toelaat nie. Dit word toe verbied, kamma aangesien die vrouedele “onrein” is. Blow jobs, daarenteen, was heel skaflik — die besnydenispraktyk het voorsiening gemaak daarvoor dat die mansdele nie gemeenskapsgesondheid ondermyn het nie. Maar onder die Assiriërs was besnydenis onbekend, en die vullisdrom wat hulle nie in hulle baarde rondgegedra het nie, is dus veilig onder hulle pielvelletjies gebêre.

Judith het dus vroeg besluit dat Holofernes plesiermoontlikhede bied. Terwyl sy haar kuis voorhou, laat sy hom geleidelik toe om meer tyd in haar geselskap deur te bring. Sy laat toe dat sy donker oë met die lang wimpers die vrouevorm onder haar kledingstukke uitmaak. Haar lang, slangagtige hare laat sy speels onder haar kopdoek uitglip. Haar fyn enkels is net-net sigbaar waar sy op die bokvel sit en eet. En haar eetgewoontes ... sy suig aan ’n druifkorrel totdat dit met ’n plofgeluid van die tros afbreek, suig dit diep in haar mond en spoel dit om, stoot dit tot tussen haar lippe uit en hou dit tussen haar fyn tandjies vas. Dan hap sy, dat die sap oral spat. Lag-lag lek sy dit van haar lippe af, haar tong pienk en gespits en sterkstyf soos die liefdespier wat tussen Holofernes se bene spartel. Hy wil haar hê!

Hy bied nog wyn. Sy drink daaraan. Vandat sy die asynspons nie meer nodig gekry het nie, het sy heelwat meer druiwesap uit haar wingerd gehad om wyn eerder as asyn te maak, en sy is dus gewoond aan die goed. Holofernes drink ook graag. Soos mans in kroeë oral, weet hy dat ’n goeie dosis drank ’n man se verleidingsvermoë heelwat laat aansterk. Hoe meer hy drink, hoe meer aantreklik word hy. En warm. Sy oorlogsdrag het hy klaar uitgetrek — dis mos nie van pas vir die liefde nie — en sy gordel trek hy nou los om die druk op sy blaas te verminder. Soos ’n laken hang sy klere oor sy lyf. Die pielboompie staan orent, paraat.

Judith laat haar kleding ook ietwat ontspan. Haar kopdoek gly verleidelik van haar kop af, en sy skud haar hare weelderig los. Die bloeisels ruik sterk teen haar liggaamshitte, en die parfuum aan haar lyf syfer onder haar klere uit. Sy lek aan die rand van die wynglas, teister ’n druppel wat afloop, sluk dit dan gou in. Haar klere gly van haar skouer af — haar sleutelbeen blink in die kerslig, die vel van haar bolyf fyn en glad. Haar borste staan nog ongemartel en vol — maagdelik — en onder die klere kan Holofernes se diep waterkuiloë uitmaak dat die tepels gespanne is. Hy beweeg nader op die bokvel.

Sy asem ruik na wyn. Die baard kielie effens waar dit teen haar nek vryf terwyl hy haar wang liggies soen. ’n Plesierrilling skud haar lyf vlugtig, en haar klere gly nog effens afwaarts. Sy tong proe aan haar oor, loop al om die oorskulp, en af met haar nek. Oor haar skouer, al langs haar sleutelbeen middel toe. Af. Hy trek liggies aan haar klere, en die los kledingstukke val sommer weg. Syne ruk hy eenvoudig weg, sy gespierde lyf hard en glinsterend.

Die naakte vrou wat voor hom op die bokvel lê, blaas harder aan die passievlam wat binne hom woed, en sy siel word verteer. Hy vat haar bors in sy mond, soen dit. Sy tong flikker speels oor die vuisharde tepel, en sy hand vryf liefderyk oor haar gladde maag. Oor haar nou heupe. Die vrou, besef hy, is ontwerp vir orgasmes, nie vir babas nie. Op met haar bobeen, binnetoe. Haar bene maak sy stil oop. Tussen haar bene lê die wêreld warm en klam. Sy vingers streel aan die taai skaamhare, gly af in die gleuf. Plesier spoel deur haar lyf en Judith gryp sy kop met al twee hande en druk dit af.

Oor die bult van haar skaamheuweltjie kan sy sy swaar ooglede waarneem. Die drank en die sterk liefdesreuk laat hom bedwelm, stadig beweeg. Sy bid net dat hy kan bybly. Die gevlegte baard streel haar binnedye, die tong, lippe en tande gaan met vaardigheid te werk aan haar vreugdedele, en die liefdesappe tap uit in die weelderige baard. Die skokgolwe van haar plesierrukkings laat haar haar bene styf toeknyp, en Holofernes se kop word tussen haar bobene betrap. Sy liefdesdrang ontplof, en sy saad beland onskadelik op die onderkant van die bokvel. Uitgeput, en met sy tong nog in haar liefdeskanaal vasgevang, raak hy saggies aan die slaap.

Die koue lug prikkel haar natgeswete liggaam en maak vir Judith wakker. Holofernes slaap nog, sy liefdesorgaan opgekrimp en leweloos. Judith pak vir haar ’n padkosmandjie in — sy het wel die onderbreking in die maaltyd verwelkom, maar ’n vrou moet darem ook eet — en trek haar klere aan. Sy kyk by die tent uit — die kamp lê stil en slapend, vreedsaam onder die opgewonde sterre.

Judith kyk verlangend na Holofernes — hy was nou nie juis volmaak nie, maar beslis ’n beter lover as wat Manasseh ooit was. Sy sou hom graag aanhou, maar sy weet dat die vaardige mond slegs deel is van die hele mansmens. En dat hy daarmee, nugter en wakker, ook bevele gee, hom dronk drink, en kak praat onder sy maats, en sy lyf dik vreet aan knoffelryk kossoorte. Sy gril ietwat. Dis darem jammer. Nogtans, besluit sy, sy kan nog altyd ’n souvenir saamvat ...

Die swaard is swaarder as wat sy besef het, maar met twee houe kry sy dit tog reg om die nek deur te kap. Versigtig draai sy die af kop toe in Holofernes se kleed. Die tong steek nog altyd uit tussen die lippe wat in ’n orgasmiese glimlag gedraai is. Sy vou dit onder die taai baard weg en draai verder toe.

By die kamphek stap sy verby die wagte. Hulle groet beleefd, bang om te voorbarig voor die baas se meisie op te tree. Sy stap terug Bethulia toe, haar liggaam nog styf van die liefdesdaad. Tuis sit sy die kop op die tafel, en eet klaar aan haar maaltyd. Die plesiersuitdrukking op Holofernes se gesig laat haar effens spyt voel. Tog ...

Sy staan op, vee die krummels weg en trek weer haar rouklere aan. Toe tel sy die af kop op en stap na die weermagkaptein se woning toe. Daar oorhandig sy die afkop aan hom, om teen die vyand te gebruik, en gee ook vir hom ’n inkopielys. ’n Halfdosyn Assiriërs om as bediendes te dien, wil sy hê. Maar — aangesien sy ’n vrou alleen is, het sy beskerming ook nodig. Hulle moet almal ontman word — al die geslagsdele verwyder. Maar die baarde — dié moet mooi versorg wees. Die weermagkaptein stem vervaard in, roep die troepe bymekaar en marsjeer op hulle oorwinningspad weg.

Judith stap weer huis toe en klim moeg in die bed in. Die weermag sal later terug wees, en sy moet goed uitgerus wees as haar liefdeslawe aankom.

* * *


Toe suster Maria Emmerentia die verhaal klaar vertel het, kyk sy na haar Bybelkunde-klas en vra of hulle enige vrae het. Agter in die klas steek die kunsstudent weer haar hand op. “I understand now,” sê sy gretig, “she was taking it, instead of giving!”

Sr Maria Emmerentia glimlag flou. As die lewe maar so maklik soos ’n Bybelles was, het die kloosterdak nie meer gelek nie. Maar die opgewondenheid van die meisie wil sy ook nie bederf nie — die lewe gaan nog sy eie teleurstellings aan haar bied.

Soos St Paulus en sy houding teenoor vroue, wat hulle môre saam met sr Innocenta sal moet leer.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.