Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hoekom huil jy?

Die Blues-sendeling


Yvonne bel my net na halfnege op die Sondagaand.

“Ek’s terug,” sê sy, “en my huis is vol mense vir wie ek nie lus is nie. Kan ek kom kuier? Ek het ’n halfbottel gin hier as jy miskien tonic kan kry. Gee my net ’n kans om te shower en dan’s ek daar.”

Sy was vir ’n week in Johannesburg vir diverse werksverwante aangeleenthede en om ’n Mediaskrywer van die Jaar-toekenning te ontvang. Die vrou wat haar aaneenlopende sit- en eetkamer by haar huur en omskep het in ’n bachelor-eenheid, se familie het kom kuier en daar is te veel van hulle om eensklaps te hanteer.

Ek stap na die Madeira vir ’n liter Indian Tonic en ’n pak O’Gradys Plain Salted. ’n Mens moet iets in jou maag hê as jy drink.

Vyf en veertig minute later skink ek die aanvangsdoppe. Dis my eerste ervaring van gin en tonic en die soeterige smaak verbaas my. Dis miskien omdat dit so soet is en ek so onkundig is daaroor dat ek meer gin saam met die tonic gooi, so helfte-helfte, as wat gesond is vir ’n mens se ekwilibrium.

Ons sit op die mat, Yvonne met haar rug teen die rusbank, ek met my rug teen die koffietafel, met die gin en die tonic binne maklike bereik. Yvonne se een kaal voet vroetel in my bekken rond en maak die meneer daar onrustig, terwyl ek met haar ander voet en ronde toontjies speel. Sy vertel my van haar toekenning en oor die ou vriende wat sy in Johannesburg gaan opsoek het, maar meestal luister ek hoe sy kla oor haar werksgenote, haar huismaat en die man vir wie sy al die regte seine gooi sonder dat hy blykbaar enigiets opmerk, of miskien ignoreer hy doelbewus haar flikflooiery. Kerse brand luilekker en Steely Dan se “Babylon Sisters” speel rustig in die agtergrond.

Dis toe die telefoon lui en ek opstaan om te gaan antwoord dat ek vir die eerste keer agterkom hoe die gin my geklap het. Ek steier tot by die telefoon en stut myself met ’n hand teen die muur om my balans te behou.

“Will you accept a reverse charges call from a Ms Du Preez?” vra die Telkompersoon.

Alda het oor die naweek ’n bruilof gaan bywoon in Bloemfontein, as metgesel van haar nuutste belangstelling, ’n mediese dokter wat sy wie weet waar ontmoet het. Alda bel net as sy iets wil hê of nuus het van nog ’n ramp in haar lewe. Kanse is goed dat die naweek met die dokter nie goed afgeloop het nie en nou wil sy op my skouer huil. Ek huiwer in elk geval nie veel om die oproep te aanvaar nie.

“Hello, Neels,” sê Alda, “Ek’s by die huis. Ek’s lus om te gaan vir drinks. Wil jy my nie kom haal nie?”

Nou werk my brein teen hoë spoed. Dis tienuur in die aand en sy’t waarskynlik so pas teruggekeer en afgeloop na die Gardens Centre om te bel, dus wil sy graag met my praat. Dit kan wees dat iets groots, goed of sleg, gebeur het; dit kan wees dat sy net nie na die lang heen en weer reis lus is om vroeg in die bed te klim nie, of ten minste nie nou al nie. In die gewone loop van sake sou ek onmiddellik ja gesê het, in my kar gespring het, en haar uitgevat het vir die drinks om haar die geleentheid te bied om haar sê te sê.

Ek kan maar net vir Yvonne sê, jammer, dit is ’n noodgeval, moet gaan, lekker gekuier, sien jou weer. Yvonne is ’n vrou wat altyd sal sê sy verstaan en sonder teëstribbeling sal loop. Op daardie stadium is sy egter te dronk om te bestuur. Ek weet hoe dronk ek is, en ek sal ’n idioot wees om te probeer kar bestuur, selfs al is dit om Alda te gaan sien. Ek kan nie verwag dat Yvonne moet huis toe ry nie.

In elk geval, ek is die moer in vir Alda. ’n Week gelede het ek een aand uit desperaatheid na haar woonstel toe geloop omdat my kar skielik nie wou vat nie en sy het nie eers die hoflikheid gehad om my in te nooi nie. Sy was sommer ooglopend vies dat ek durf waag het om aan haar deur te kom klop. Miskien was die nuwe ou daar en sy wou nie hê dat ons ontmoet nie. Alda se kak houding was baie ongeskik en het my woedend kwaad gemaak, maar soos gewoonlik het ek bloot omgedraai en teruggeloop. As daar niemand anders is nie, kan sy my maklik bel en sê: “Ek’s lus vir ’n burger en ’n movie, maar ek het nie geld nie.” Wanneer daar ’n meer geskikte vooruitsig op die toneel verskyn, word ek tydelik nie meer benodig nie, totdat die nuwe vooruitsig ook blyk nutteloos te wees as langtermynsukses.

Aan die een kant, dus, het ek ’n dronk Yvonne wat ek nie kan wegjaag nie en aan die ander kant is dit tyd dat ek ’n slag nee sê.

“Jammer,” sê ek vir Alda. “Ek kan nie nou kom nie. Ek het mense.”

“O,” sê Alda met ’n tikkie teleurstelling. “Okay, ek sal jou weer bel.”

Yvonne het reeds orent gekom en is besig om haar skoene, handsak en karsleutels te soek. Ek vermoed sy kon uit my stemtoon raai wie dit was wat gebel het.

“Ek sal loop,” sê Yvonne. “Alda het seker groter aandrang op jou aandag as ek. Moet my nooit beskuldig daarvan dat ek jou style cramp nie.”

“Nee, nee, bly asseblief,” sê ek. “Ek gaan nêrens heen nie.”

“Is jy seker? Ek weet sy’s baie belangrik vir jou en dat ek tweede kom en dis okay, ek ken my plek. As jy nie gaan nie, gaan sy kwaad wees en sy gaan jou terugkry. Jy weet jy’s veronderstel om te hop as sy net haar pinkie lig.”

“Fok haar!” sê ek met dronk bravade. “Jy’s hier, ons is besig om ’n lekker tydjie te hê. Ek sit liewer hier by jou as om na haar toe te ry om te hoor wat haar storie is.”

Ek omhels Yvonne en vroetel met my neus in haar lang roesbruin hare waar dit oor haar ore val en adem behaaglik die reuk van haar sjampoe in. Die meneer skrik skielik heeltemal wakker. Heita! Ek’s jags omdat ek vol dronkliefde is vir die warm lyf teen my en omdat ek woedend is.

Yvonne en ek het al vir ’n ruk lank mekaar so uitgekyk, die flirtasieding gedoen en ’n paar keer in dieselfde bed beland sonder dat iets gebeur het. Sy’t nog elke keer vir my laat verstaan dat sy nie ’n one night stand wil hê nie en dat die deel van ’n bed nie beteken dat ek lisensie het om my op haar af te dwing nie. Ek het dan maar agter haar rug ingeskuif, lepellê aan die slaap geraak en ons het mekaar die volgende oggend bly respekteer.

Die gin is op en dit is amper ’n gesamentlike besluit dat ons moet gaan lê. Beide van ons is onvas op ons voete en ons skuifel met arms om die skouers na die slaapkamer. Die ander kere het Yvonne altyd ’n T-hemp by my geleen. Nou trek sy uit tot by haar Woolworths-panties met die rooi rose - ek was toevallig saam toe sy hulle gekoop het - en kruip in.

Onmiddellik toe ek my kop op die kussing neerlê, word ek so naar en duiselig dat ek weer kiertsregop moet sit.

“Sit jou een voet op die vloer,” is Yvonne se raad.

Dit werk uitstekend. Ek sit regop in die bed met my linkerbeen uitgestrek voor my en my regtervoet op die vloer. Ek is steeds dronk, maar nie meer naar of duiselig nie. Yvonne gooi haar regterbeen oor my linkerbeen, draai na my en begin my borskas streel, oor die tepels, die skamele haartjies. Sy lek my arm.

“Jou vel ruik so lekker,” sê Yvonne, “dit moet wees omdat jy nie vleis eet nie.”

Yvonne kom orent, handeviervoet, laat sak haar kop en begin ligweg met tong en lippe my borskas liefkoos, dan sagte happies. Haar swaar borste en toringtepels skuur vuurwarm oor my lyf. My skag beur teen die onderbroek en ek leun terug, maak my oë toe en kreun van genot.

“As jy wil weet hoe om ’n vrou te plesier,” sê Yvonne, “let op hoe sy vir jou plesier en dan doen jy dieselfde vir haar.”

Haar tong seil stadig af teen my bors en maag, kom tot ruste by die onderbroek se rand en dan sit sy weer regop, swaai om en gaan lê op haar rug. My beurt. Ek vou my vingers om die een bors en streel die tepel totdat dit weer kliphard staan, dan leun ek oor en proe versigtig daaraan.

“Ek waarsku jou, gaan so voort en jy’s nou-nou in die moeilikheid,” sê Yvonne. Ek lig my kop op om uit te vind of dit ’n waarskuwing of versugting is. Haar oë is toe.

Ek gaan sit wydsbeen oor haar bobene en betrag Yvonne met aandag. Haar lang hare lê uitgesprei oor die kussing weerskante van haar kop. Die twee borste rus gemaklik op haar borskas, half ontspanne, half op aandag. Onderkant die borste maak haar buik ’n wesenlike ronding. Yvonne het in haar laat twintigerjare doelbewus begin ooreet en te veel gedrink en baie vet geword. Toe ek haar ontmoet het, omtrent agt maande voor hierdie aand, was sy besig met ’n intensiewe oefeningsprogram by die gym, met persoonlike afrigter en als, om ontslae te raak van die oortollige vet. Sy is nie meer vet nie, maar die buikspiere kon nie meer heeltemal tot hul vorige platheid terugkeer nie.

Wanneer Yvonne staan, en loop, lyk sy soos ’n stoeier met breë skouers, gewoonlik beklemtoon deur die tipe baadjies en tunieke wat sy dra, met ’n musclebound armswaaiery. Haar bene is effens te kort vir die bolyf. Dis snaaks, as ’n mens na haar kyk, sou jy as onkundige raai dat sy moontlik lesbies is, weliswaar een wat by geleentheid chiffonrokke dra, maar nogtans, terwyl die persoonlikheid absoluut so sag vroulik is as wat kan wees, en sy staan sterk daarop dat sy nie seksueel belangstel in vrouens nie. “Sal nie weet wat om daarmee te doen nie,” sê sy. Tog roem sy haar daarop dat sy soos ’n man dink en meer van ’n man is as al die gay mans om haar.

Ek skuif af oor haar bene totdat ek op die grond voor die bed kniel. Ek trek haar panties af en laat val hulle eenkant. Dis te donker in die vertrek om detail in te neem, maar ek let op die welige bos krullerige skaamhare, waarskynlik ongeskeer, en ’n gapende, nat grootlip-vulva. Eers druk ek net my neus in om die malse, wulpse reuk van ’n seksueel opgewonde vrou in te asem en op my reuksintuie rond te rol soos wat ’n mens wyn op jou tong proe. Ek sit my hande op Yvonne se bobene en kan voel hoe gespanne sy is. Haar asemhaling is ook effens vinniger as netnou. Ek kyk op van waar ek kniel en dis vreemd om die ronding van die buik bo my te sien uitstaan. Ek kan nie Yvonne se gesig sien nie.

Dan duik ek met my gesig in haar nat hitsigheid in en ek lek met kort en lang hale, ek knibbel, ek blaas, ek suig, ek sluk haar frank, wilde sapperigheid in. Yvonne se lyf skud heen en weer op die bed. Ek lig haar op onder haar boude sodat ek haar kan nadertrek en ’n beter hoek van betreding kan bewerkstellig. Haar bobene klamp vas om my kop, druk my ore omtrent binne-in die skedel in. Sy gryp my kop vas en trek dit in haar in. Ek weet nie hoe lank dit gevat het nie, maar eensklaps voel ek ’n trilling deur haar bobene wat nou eers soos ’n ysterklamp vasgryp sodat ek begin seer kry. Sy lê plat op die naat van haar rug en bokspring soos ’n lammertjie. Geen klank nie, net die wilde onbeheerste spierbewegings.

Nadat Yvonne haar bobeengreep om my kop laat vaar, draai sy haar om op haar linkersy en begin huil. Hortend, luid. Ek is verstom. Het ek iets verkeerd gedoen? Al waaraan ek kan dink, is om agter haar blad in te kruip, haar met een arm vas te hou, met die ander een haar hare te streel en aanmekaar idioties te fluister: “Dis orraait, dis orraait, huil maar, alles orraait”, soos ’n mantra.

Ek skat dis meer as tien minute voordat Yvonne in so ’n mate tot verhaal kom dat sy kan praat.

“Wat’s verkeerd?” vra ek. “Het ek iets verkeerd gedoen? Dit was onbesonne van my, ek’s jammer.”

“Nee, nee, jy hoef nie jammer te wees nie,” snik Yvonne. “Ek huil omdat ek gedink het jy wil my net pomp, maar jy wou liefde maak.”

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.