Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Eiland tussen jou Novene

Suster Maria Emmerentia

Die trein het uiteindelik weggetrek uit die stasie, en ek het my boek uitgehaal om te begin lees. Langs die venster het ander gestaan en waai, totsiens aan geliefdes, totsiens; maar ek het alleen stasie toe gekom en daar was niemand op die perron vir wie ek wou waai nie.

My ouers was heeltemal gekant daarteen dat ek ’n non word — my pa het selfs beurse gereël dat ek ingenieurswese by die plaaslike technikon kon studeer, en my ma het my oor en oor herinner aan Jacques, wat binne twee jaar sou kwalifiseer as dokter, en nog altyd met my wou trou. Maar daarin het ek glad niks belang gestel nie — al was ek goed op skool, was ’n toekoms van brûe bou of paaie beplan erger as die dood. So ook die gedagte dat ek eendag met Jacques sou moet trou. Die valerige buurseun het al vanaf kindsbeen agter my aangeloop, soos ’n kat wat die skoot soek van die kathater. Die voorligter op skool het my probeer oorreed om my loopbaan te beplan — verpleegster, onderwyseres, of selfs maatskaplike werkster — maar ek het nog nooit ’n werkende mens gesien wat gelukkig lyk nie. Ook nie ’n getroude mens nie.

Maar dit was nie net uit ’n verwerping van die wêreld dat ek besluit het om ’n non te word nie — vandat ek klein was, het ek geweet ek is ’n uitverkorene. Ek het gehoor hoe God my naam op die windjie roep, hoe die voëltjies se gesang my uitdaag tot bekering, hoe Onse Dame my aanspreek met haar liefde deur die blomme wat in my tuin bloos. Ek is geroep — ek moes gaan.

Ek kyk na die ander drie vroue in die kompartement en wonder waarnatoe gaan hulle. Hulle ken klaarblyklik vir mekaar, en reis waarskynlik êrens saam. Hulle raas en giggel opgewonde, hardloop met die gang af en weer terug, onwaarskynlik heel in hulle hoëhakskoene. Ek los my boek op my skoot en kyk by die venster uit waar my jeug vinnig verby flikker.

Die aand skrik ek wakker om op te merk hoe die een meisie uit die bed glip om die skuifdeur oop te maak. In die donker sien ek een van die dronk weermagmanne instap en saam met haar onder die kombers inglip. Die ruk en pluk van die trein word deur hulle lywe weergegee. Stomgeskok kyk ek verbaas hoe sy haar aan hom oorgee. Die gegiggel ontaard in ’n gekreun, gehyg, geworstel.

Die kombers gly van hulle af, maar hulle los dit net. In die halflig uit die gang kyk ek hoe die twee glansende lywe teen mekaar vryf, haar hande in sy hare, sy mond teen haar bors, haar tepel wat orent spring en haar bene wat oopwip. Sy swaar wit boude wat lig, sy liefdeswaard wat gereed voor hom uitsteek en haar dan binnedring. Sy lig haar knieë op, haak haar enkels oor sy rug vas, roep vir hom dat hy vinniger, dieper, harder moet stoot, terwyl die stank van seks die kompartement vul. Die sweet blink op sy rug, op haar bors, en sy wapen glinster rooi en geswolle waar dit tussen haar bene wip. My hart klop in my keel en ek voel skaam hoe my hand tot tussen my bene gekruip het om die brand te blus.

Ek draai weg en kyk vas in die muur, sluit my ore vir die oerklanke van bevrediging, die skerp geure wat my neus prikkel. Met ’n crescendo maak hulle uiteindelik klaar, en die stilte betree huiwerig weer die vertrek. Hy moes in die nag weer geloop het, want in die oggend toe ek my oë oopmaak, lê sy alleen, kuis beklee met die kombers. Die taaiheid tussen my bene en die krampagtigheid onder in my buik dra ek skaam toilet toe, waar ek beangs die ryk afskeiding in my onderbroek probeer wegbid.

Toe die trein later by die stasie aankom, gryp ek my tas en loop vinnig weg, op soek na die bus wat my klooster toe sal vat. Ek klim dankbaar op, kyk belangstellend na die strate, huise, winkels soos ons verbyry. By die klooster klim ek af, stap by die voordeur in, meld aan by die hoofnon.

My wêreldse goed handig ek gretig oor, vat by die strenggesig-non die donker rok en gebleikte onderklere, en bind my hare in ’n vlegsel agter my kop vas. Ek gaan sit by die ander nuwelinge, almal identies aangetrek, opgewonde en verheug. Ons word geleer oor die swye wat ons moet beoefen, met wie ons kan gaan praat oor goed wat ons hinder, waar alles geleë is, en hoe ons ons nou moet gedra. Ek kyk om vir die ander, en wonder wie onder hulle ook geroep is, en wie oor ander redes hier beland het.

Nog iemand sluit by ons aan, en ek merk verskrik op dat dit die meisie van die trein is. Sy glimlag vriendelik vir almal, maar gee egter geen teken dat sy my herken nie. Ek kyk na my voete en begin bid. Miskien was dit in elk geval alles ’n nare droom, my eie sondige gewete wat my in die versoeking probeer lei.

Ek het gou by die kloosterlewe aangepas — geleer hoedat jy vir nog kos vra deur vir jou buurnon aan te bied dat sy nog kry, sonder woorde; gemaklik gevoel met die stilte en selfs in ons wandeluur in die tuin waar ons met mekaar kon praat, al hoe meer begin swyg; die afwesigheid van wêreldse gemak totaal aanvaar en verwelkom. Koue water het begin voel soos die streling van Onse Heer, en die versoeking om terug te gaan na my vorige lewe het nooit ontstaan nie. Toe ons finaal ingelyf word, met ons wit trourokke en trouringe, het ek amper flougeval uit pure geluk. Ons het toe ons bestemmings gekry, en het met gemengde gevoelens vertrek.

Ek kom by die klooster aan — Klooster van die Gebrekkige Sluier — en word deur suster Innocenta en suster Gratiaplena verwelkom. Ek moet voortaan vir die meisies in die kloosterskool klasgee, in die begin net naaldwerk maar later ander vakke by, totdat ek selfs Bybelkunde aan hulle leer. Die klooster is heeltemal anders as Onse Dame van Verligting, waar ek as nuweling aangekom het, maar almal is vriendelik en ek pas gou in. Met my inlywing is ek sr Maria Emmerentia vernoem, en dit voel nou of ek my hele lewe sy was. Na sr Gertrude se onverwagte dood op ’n bungee-spring-uitstappie is ’n nuwe non gesoek om liggaamlike opvoeding te kom aanbied.

Toe daag sy op. Die meisie van die trein, wat nou as suster Inmaculada bekend staan.

’n Paar dae na haar aankoms kom sy een aand na my toe. Ek was die aand laat bed toe, aangesien my gedagtes sedert sr Inmaculada se aankoms besmet was met beelde van lyflike genot en ek moes lank in die kerk staan en bid vir verlossing. Daarna het ek my deeglik laat slaan met die sweep, met elke slag uitgeroep na Onse Dame om my van my versoeking te verlos. Toe gaan kry ek strooi om op te slaap, dat my liggaam my sal herinner om skoon te droom.

Maar ek kon nie. Sodra ek my oë toemaak, verskyn die beelde weer. Ek word deeglik getoets, en ek sukkel om deur te kom. Toe verskyn sr Inmaculada by my kamertjie. Sy kon nie slaap nie, vertel sy my, omdat sy my in haar drome hoor roep het. Ek voel onmiddellik skaam oor my rusteloosheid, en vra nederig om verskoning. Sr Inmaculada skud net simpatiek haar kop, en vra vir my oor die sweepslae wat vuurrooi op my arms staan. Ek kyk skaam af. Ek vertel vir haar wat gebeur het, en hoe ek nog nie kan wegkom van die versoeking nie. Sy glimlag treurig, en vra dat ek my klere uittrek. Ek maak so en sy kyk lank na my papgeslaande rug. “Wag eers,” fluister sy, en verskyn weer met ’n blikkie salf.

Sr Inmaculada se vingers vryf saggies die salf oor my sweepwonde in. Haar aanraking het my gewete gestreel, my paniek gedemp. Die salf het die brand in my wonde, my gewete, my angs geblus. Dog …

Ek dink meteens aan haar hande wat oor die weermagman se rug gevryf het, en my tepels spring onmiddellik styf. Tussen my bene brand ’n vuur wat my lyf stadig begin verteer. Die strooi begin blink waar druppels genotsafskeiding by my uitlek, en ek kreun saggies met wellus.

Sr Inmaculada se hande vryf oor my skouers, af met my arms, wat al hoendervleis staan. “Kry jy koud?” vra sy besorgd, en trek haar nagrok uit en hang dit oor my skouers. Ek kyk na die ryp jong vrouelyf voor my, die borste wat soos sonryp pere aan ’n boom hang, net buite bereik, die soet smaak amper tasbaar op jou tong. Sy buk vorentoe, en haar linkertepel vryf saggies teen my wang. Ek kan nie help nie, my gesig draai effens en my lippe soen haar saggies op die bors.

Sy kniel langs my, trek my af en druk haar bors in my mond. Die tepel lê hard teen my tong, en ek lek daaraan. Ek kyk hoe sluit haar oë, hoe hang haar kop agtertoe, hoe gaan haar mond oop, haar bene oop. Nes sy vir die weermagman gemaak het, maak sy vir my oop. Ek suig saggies aan haar bors, streel met my hand oor haar nek, haar skouers, af tussen haar borste. Haar maag staan hard en glad, en my hand gly af na haar skaamhare, wild en ongetem. Ek vryf oor haar skaambeen, oor haar lieste, ondertoe tussen haar bene. Die plesierplaas wat my daar afwag, moedig my verkenningsreis aan, en my vingers dwaal heen en weer oor haar private plekkie.

Ewe skielik staan sy op. Sy draai om en sak weer neer, met haar knieë aan weerskante van my kop. Met haar tong en lippe gaan sy te werk aan my maag, my dye, selfs my skaamhare. Haar tong duik af, ontdek my plesierknop en lek liggies daaroor. Ek wriemel op die strooi, dankbaar vir die nagrok wat my rug beskerm.

Ek trek haar boude af na my gesig toe. Ek trek die ryk genotreuk diep in my longe in, ploeg met my gesig diep in die weelde van haar geslagsdele. Ek drink, ruik, lek, eet. Ek dink aan hoe ons geleer is om nog te vra deur self aan te bied, en ek skink vir haar meer en meer plesier in, terwyl sy weer in my genotsbehoeftes voorsien. My liggaam brand van opwinding; tot my tone is geprikkel en ek kan nie stil lê nie. Ek wriemel soos ’n stertlose akkedis, kreun saggies en druk my gesig stywer teen haar vas, dat ek nie hardop skree nie.

Sweet tap van my af, en ek voel of ’n vandergraafkragverwekker aan my gekoppel is. Die bloeddruk bou in my ore op en my hart klop oorverdowend. Ek voel hoe ek nader en nader aan die afgrond gedruk word, en ek klou beangs harder en harder om nie te val nie. Toe hang ek vir ’n oomblik aan ’n fyn takkie en kyk af na die see daar ver onder, nou seker dat ek gaan val. Ek los die takkie en spring … Die dawerende branders van orgasme tel my op en smyt my meedoënloos op die strand neer.

Toe ek later wakker skrik, lê ek alleen op my strooikooi. Die son is nog nie op nie, en die ander slaap nog vas. Ek stap stadig badkamer toe en staan lank onder die koue stort. Ek trek stukkies strooi uit my hare, uit my skaamhare, uit my ore. Tussen my bene voel dit aangenaam seer, en ek onthou verskrik die lippe, vingers en vuiste wat daar te werk gegaan het. Ek vryf saggies oor my gekneusde liggaam, en trek nog nat aan.

Die hele dag lank loop ek rond met ’n glimlag op my lippe, sonder dat ek dit agterkom. In die huishoudkundeklas stap ’n matriekmeisie na my toe en vra of sy ook ’n non kan word. Ek vra vir haar hoekom, en sy glimlag skaam. “Julle lyk altyd so gelukkig,” sê sy verleë, “veral Suster en sr Inmaculada. Sulke vrede en genot wil ek ook leer ken.”

“Kom, kind,” sê ek saggies aan haar, “ek neem jou na sr Innocenta toe. Sy sal alles vir jou reël.”

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.