|
|
BrandhoutAurora BorealisNiemand kan verseker onthou wat alles gesê is nie. Of wat alles gebeur het nie. Ons praat in elk geval nie eintlik daaroor nie. Dis bitter koud. Minus twintig (exposed skin will freeze within seconds). Die hut lê weggesteek tussen dennebome langs 'n bevrore meer. Daar is nie lopende water of elektrisiteit nie. Net 'n houtstoof vir hitte en om sneeu te smelt vir drinkwater. Berekende risiko's vereis goeie beplanning, die regte gear en genoeg drank om die belaglike koue en ongenaakbare natuur te trotseer. Na 'n dag van ice-fishing en snowmobile ry begin dinge teen laatmiddag uitrafel. Die kinders is moeg en koud. Die grootmense warm gedrink. Die lodge is twintig kilometer ver aan die anderkant van die meer. Dis sterk skemer en die sneeu lê dik op die bospaadjies. Ek wil voor donker ry. Ek sit die kar aan en skraap die dag se sneeu en ys af. By die gatlatrine loop ek my in Chris vas. Dronkjags. Hy sleep my by die toilet in. Ons steek staan-staan met ons snowsuits se broeke net so effens afgetrek. Chris is lomp en onhandig en ek weet dat enige vrou vir die oomblik sou gedoen het. Dis te koud en die gedagte aan die gevriesde drolle daar onder help ook nie. My gebrek aan entoesiasme en die dag se rum en Coke laat Chris die stryd gewonne gee. Ek stel voor ons gaan maak by die lodge klaar. In die hut lê die kinders voor die stoof en slaap. Die grootmense is buite in die sweatlodge. Dit lyk nie of iemand gaan ry nie. Chris bring ysstalaktiete vir die drankies. Hy het net sy sneeustewels en 'n wit onderbroek aan. Sy voël bult aanloklik en skyn bloupienk deur. Jaco het 'n ou rugbybroekie aan, hoog opgetrek tot in sy middel. Die kort, wye pype laat nie veel aan die verbeelding oor nie. Sy seningrige lyf laat my dink aan 'n rondloperbrak. Net ribbekas en tril. Hy hou die die bak bo-op die koolstofie vol sneeu. Sarel het 'n klein handdoekie om sy onderlyf. Wanneer hy sit, hang alles uit. Hy hou halfhartig toe met die een hand terwyl hy met die ander hand almal se glase vol hou. Hy self drink sommer uit die bottel uit. Ek, Yvette en Karla is in ons onderklere. Aanvanklik. Karla se bra waai eerste. Sy het wonderlike, groot borste. Ek sien hoe Chris se adamsappel op en af beweeg. "My fok, Karla," mompel Sarel en vat nog 'n sluk Jack. Ek tjek op die kinders en gooi nog hout op die vuur. Dan weer terug deur die sneeu en snerpende koue na die inhibisielose, natgeswete, jagse, al hoe kaler gekuier. Chris nooi gul: "Kom sit op my voël." Die meeste van ons ken mekaar van skool af. Die res het op universiteit by gekom. Ons het hard geswot en hard gejol. Saam grootgeword deur die army- en kinders-kry-jare. Daarna het ons in verskillende uithoeke van die wêreld gaan bly - rainbow chickens - almal van ons. En vir die eerste keer in 'n lang tyd is ons weer bymekaar. Met 'n ongekende, amper verbete behoefte aan intimiteit. Asof ons wil kompenseer vir ons skisofreniese bestaan waarin hart en kop nie eers verwant is nie. Ons woon in vreemde lande waar ons geen geskiedenis of verbintenis het nie. Tussen mense wie se verwysingraamwerk so van ons s'n verskil dat meer as oppervlakkige verhoudinge net nie moontlik is nie. Gestroop van ons sense of belonging, is ons uitgehonger vir derms uitryg en polse sny. Vir wys-my-joune-dan-wys-en-gee-ek-jou-sommer-myne. Karla en Jaco ken mekaar die langste. Van laerskool af. Jaco sê hy fantaseer al van standerd vier af oor Karla se tiete. Dat dit nou na al die jare, hier aan die anderkant van die wêreld, volbring moet word. Yvette druk Jaco se kop tussen Karla se nat borste in. Die mans sit almal met sulke halwe horings. Chris merk op dat Sarel waarskynlik om 'n hoek kan naai met sy krom voël. Karien beweer haar g-kol sit net reg vir daai angle. My keisersnit kom onder bespreking. "As dit laer was, het jy 'n t-aansluiting gehad," sê Yvette. Ek paradeer my litteken ooghoogte vir almal. "Goed gedoen, nè? My dokter ken sy naaiwerk." Chris vryf liefderik oor die strepie en glip sy vinger sonder seremonie in my poesie in. "Jy voel goed," kreun hy. Met die uithaal gly hy sy vinger oor my anus. "Maar holnaai," sê hy, "fok, holnaai bly lekker." Sarel kry lewe. "Twee girls, dis my fantasy," sê hy. Vinnige head count. "Of drie. Ek wil eers kyk hoe hulle mekaar vry en dan wil ek hulle opline en om die beurt elkeen net so 'n paar strokes op 'n slag naai. So van agter af." Yvette gee 'n dronk laggie. Sy loop oor na my toe en buk moedswillig stadig vorentoe. Sy gee my 'n lang oopmond soen … We laughed, my friends and I, "You're innocent when you dream ..." Maar wat as drome nagmerries word? Ek vind Chris in die badkamer, half aangetrek. Ek help hom om die nodigste aan te kry. Sarel lê op een van die beddens en sê hy ry saam. Karla sit steeds saam met Yvette en Jaco in die sweatlodge. Sy weier om te beweeg. "Los haar," sê Yvette, "sy kan oorslaap." Ons ry in stilte deur die pikdonker. Die sneeu lê nou nog dieper en die draaie is onverwags skerp. So is die lewe ook. By die afgeleefde lodge is alles verlate. Ons sleutels lê op die toonbank. Sarel neem een en gaan slaap. Ek dra die kinders uit die kar. Chris is reeds in die bed as ek in die kamer kom. Ek klim kaalgat agter sy rug in. Hy draai stadig om. Hy hou my met sy oë gevange. Met elke pomp steek hy sy kleim af. Ferm en sekuur. Ons maak klaar wat ons agt ure vantevore in die kakhuis begin het. En anders as toe, weet ek, nie enige vrou sal doen nie. 'n Rumoer buite die deur maak my wakker. Karla en Jaco staan verkluim in die gang. Hy het haar met die snowmobile oor die meer gebring. Sy wou by haar man kom slaap. Ons sukkel om Sarel op te klop. Hy's half verbaas maar opreg bly om haar te sien. Jaco groet. Yvette wag vir hom. "Ons sien mekaar later vir ontbyt by die truckstop. Dan koop ons sommer drank en hout vir vanaand."
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |