Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Annesu de Vos
debuteer in 1980 op 16-jarige ouderdom met die digbundel Gebed van ’n groen perske. Sy studeer aan die Universiteit van die Witwatersrand, maar verlaat die land weens haar man se dienspligweiering voor sy haar studie kon voltooi. Sy werk vryskut in Kanada, waar sy sedertdien woon.
  Annesu de Vos

No flowers no love

Scenario A:

Ek is die blonde tydrenjaer en jy is my boyfriend wat vir my dophou.

Ek wen nie die Molson Indy nie, want vrouens doen dit selde. Ek bestuur egter bekwaam, en kom soos gewoonlik darem met my lewe daarvan af.

Jy kom haal my in die cockpit na die ding verby is. Ek weet hulle noem dit nie ’n cockpit nie, maar dis die plek waar hulle die karre parkeer en versorg. In my gedagtes noem ek dit nog altyd die cockpit, want al my kollegas is mans. Jy het spesiale toestemming — jy mag inkom, al mag lede van die publiek nie gewoonlik inkom nie.

Ek klim uit. Ek ruik na petrol en ek is bevlek met olie. Kolle sweet staan bloot op my blou oorpak se rug. Ek haal die veiligheidshelm af en my lang blonde hare hang in strepe oor my wangbene. Jy druk my vas teen jou skoon vars klere en ek kry ’n soen op elke wangbeen. Nie blomme nie, want ek het nie gewen nie, maar darem ’n klapsoen op elke wangbeen.

Ek laat my kar aan die techies oor en jy neem my huis toe. Ons klim in jou kar, ’n konvensionele sakeman se kar, niks flashy nie. Ons woon in ’n Harbourfront condominium, want ek verdien ’n moerse klomp geld wanneer ek my lewe so waag by geleentheid. Jy parkeer jou kar in die parkeergarage onder die gebou. Ek hou graag jou hande dop wanneer jy parkeer. Jou elegante hande, jou slanke vingers, die bedrewe bewegings wanneer jy die parkeermaneuvers maak.

Ons gaan op in die hysbak. Ons praat nie juis nie, maar ek sien hoe jy vir my kyk, die effense glimlaggie om jou mond, en ek weet dis sulke tyd. Jy wil my alweer naai. Asof ons nie gister die hele dag genoeg genaai het nie, en asof ek nie vir jou vertel het mens behoort dit nie eintlik te doen die dag voor die Molson Indy nie. Ek word week. Ek gaan toegee, ek weet, al het jy nie vir my blomme gebring nie. Want jy wen elke keer.

Jy sluit die condo se voordeur oop. Ek kyk graag vir jou hande wanneer jy ons miljoendollarwoonstel se voordeur oopsluit: jou elegante hande, jou slanke vingers, die bedrewe bewegings waarmee jy die sleutels manipuleer.

Jy mors nie tyd nie. Jy gooi die sleutels neer en ons ontdoen ons van skoene, ek ontknoop die veters van my groot swaar stewels self want jy is nie ’n foot worshipper nie; jy skop jou yuppie sneakers argeloos af en ons stoot ons skoene onder die bed in. Jy neem my dadelik badkamer toe. Jy draai die stort se kraan oop sodat die water begin stoom teen die regte temperatuur terwyl jy my vuil klere uittrek, versigtig. Eers trek jy die ritssluiter van die oorpak wat my kurwes vasdruk oop. Dan stroop jy die oorpak van my af, beginnende by my skouers. Jy ontbloot my sleutelbene met albei hande tegelyk. My tiete staan punt onder my sportbra. Jy stroop die oorpak verder af, trek dit af na my heupe toe. Jy vryf met jou hande oor my middeltjie en my heupe. Jy stroop die oorpak van my bene af. Ek is nat. Die klofie tussen my bene is reeds wyd oop vir jou, maar ek maak asof ek nie weet nie. Ek hou my dom en ek hou my bene toe, klim fyntjies uit my oorpak uit. Jy lag vir my. Jy weet ek jok alweer vir jou. Ek glimlag terug, en kyk reguit in jou blou kykers in. Ons kyk vir mekaar. My lippe vorm vir jou ’n effense soentjie. Jy glimlag arrogant vir my. Ek glimlag terug. Ek kniel gedwee en ek maak jou oop. Ek stroop die elegante Saterdagbroek van jou lang bene af. Jy klim uit en jy is kliphard. Ek staan op en begin jou hemp losknoop. Ons hou mekaar vas, oog aan oog. Jy hou daarvan om my siel te steek met jou skerpkykery in my in. Ek laat dit toe.

Ek stroop die hemp van jou skouers af. Dan haal ek my bra af sodat jy die volle omvang van die handgranate sien. Ek bloos nog steeds, al is ons vir jare lank al minnaars. Ek trek my broekie vir jou af. En jy joune vir my, terwyl jy die heeltyd geamuseerd vir my bly kyk omdat ek nog steeds skaam is na al die jare. Jy kry lekker uit my skaamkry oor jou ereksie. Jy is die CN Toring. World’s tallest free-standing structure.

Jy trek my onder die water in. Strome water kan die liefde nie uitblus nie. Jy trek my liggaam vas teen joune. Jy druk jou skerp tong in my mond. Jy is gewelddadig vandag, om een of ander rede. Was dit omdat ’n ander man ’n reusagtige klomp rooi rose by die administrasie laat inhandig het, en jy uitgevind het daarvan? Die blomme het ek net so daar gelos — jy weet dit tog. Hulle is nie hier by ons nie. Maar jou tong stoot nogtans woedend in my in, jy gaan my seermaak vandag. Ek kry koue rillings onder die blitsige warm stortwater. Jy lig my op, jy steek jou in my in en ek klou aan jou vas met my bene. Is jy nie bang ons val nie? Blykbaar nie. Jy soen my en soen my en ek kom en kom en kom en jy bly hard. Wat de hel gaan aan vandag. Jy is waaragtig jaloers, en ek het vir jou geen rede gegee om dit te wees nie!

Jy het nog nie gekom nie. Jy sit my saggies neer en jy seep my in, jy vryf die loperige blou stortseep oor my skouers, oor my borsies, oor my middeltjie, my boudjies, my bene, my hele lyf. Het jy my lief of nie? Ek twyfel nog steeds, al die jare. Ek is ’n gebore twyfelaar. Het jy my lief of doen jy dit net omdat die seks tussen ons so goed werk? So lekker is? So perfek is? Kan mens absolute perfekte seks bedryf met iemand wat jy nie liefhet nie? Hoe verdomp kan ek nog steeds twyfel of jy my liefhet of nie? Wat is ek? Mal? Waarskynlik wel, ja. Definitief mal. Ek is mal oor jou. Ek kan nie sonder jou lewe nie en jy weet dit. Miskien doen jy dit net om my aan die lewe te hou?

Ek spoel my af en jy stort vinnig. Jy wil bed toe met my. Dit weet ek wel. Dit weet ek darem ten minste wel.

Jy droog my af met ’n groot, swaar, wit handdoek. Vryf my hare droog op die bed. En ek twyfel of jy my liefhet. Dit is tog waansin hierdie. Ek het ’n holte in my wat nie wil toegaan nie en ek is goed bewus daarvan. Die meeste van die tyd hou ek dit toe. Miskien is dit hoekom dit so goed werk tussen ons. Omdat die holte wel daar is, en omdat ek dit so mooi vir jou toe hou.

Jy stoot my agteroor teen die kussing en jy pen my vas. Jou soene is weer so. Bedonderd. Jy het my laas so gesoen toe ons die eerste keer liefde gemaak het. En dit net omdat ’n bewonderaar ’n bos blomme  … nee, dit kan tog nie wees nie. Jy druk my gewrigte teen die helderwit lakens met jou sterk hande vas — jy wil vir my dooddruk vandag. Jou bene is so hard op my, reg bo-oor myne, dat ek nie kan beweeg nie. Jy spalk my oop met jou bene. Ek word bang. Ek is bang vir jou. Ek was nog altyd bang vir jou. Bang dat jy my eendag sal doodsteek.

Jy gaan in by my, stadig penetreer jy my terwyl jou tong in my mond rondspeel, listig en koud soos ’n slang. Geen man mag sulke selfbeheersing manifesteer nie. Dit is gewoon onbehoorlik. Jy wil nog steeds nie kom nie. Miskien het jy een of ander ding gedrink wat jou so maak. Wie weet, jy doen soms sulke goed. Al wat ek weet, is ek wil nou uit hierso onder jou. Ek kan nie meer nie. Jy het my reeds vyf keer hemel toe geneem en nou begin ek dink ek is in die hel. Ek kan nie wegkom onder jou nie. Ek begin spartel, maar jy is sterker as ek. Dit is wat jy vandag wou doen, is dit nie? Jy wou dat ek net een keer moet voel hoe dit voel as jy my steek wanneer ek nie gesteek wil wees nie. Hoedat jy absolute beheer oor hierdie situasie het. Blomme of geen blomme nie.

Ek wil nie meer nie, liefling, roep ek. Ek roep ons haltwoord. Dit help nie. Jy gaan die regulasies herskryf vandag. Nuwe grense oopbreek.

Ure later herwin ek my bewussyn en vind ek myself stukkend op die vloer. Gebroke. Verkrag. Jy staan buite op die balkon en kyk uit oor die meer. Jou rug is rustig. Jy rook ’n sigaret. Alles is weer reg tussen ons.

Ek weet uiteindelik dat jy my wel liefhet.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.