Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Onwerklik

Johannnes Grusaam


Ek is homesick and blue. Ek sit op die vier en twintigste verdieping van ’n wêreldbekende bankgroep se gebou in 36ste Straat, New York. Dit is 17:30, Vrydag, 28 September 2001. Die vyfde week van ’n ses week lange werksprojek is agter die rug. Ek verlang na die veiligheid van Suid-Afrika. Johannesburg, het ek jou ’n hoërisiko-stad genoem? Jammer ou maat, ek weet nou van beter.

New York se pols is flou. Hy lê op ’n drup in intensief. Vyf weke gelede was dit nog die stad der stede met ’n gewoel en gewerskaf in rus en vrede. Op die kruin van die golf. ’n Stad wat die pas aangee. Die bakermat van wêreldgeld. Die plek om te wees.

Ek het daarna uitgesien om vir ses weke skouer te skuur met die bestes. Transaksies te beklink wat uniek sou wees vir nuwe ontwikkeling aan die suidpunt van Afrika. Die transaksie- en werkdeel van my projek het goed verloop, maar die milieu- en omstandigheidsdeel het ’n helse knou weg. Die ongelooflike en bisarre het gebeur.

Die skok, stres en trauma van 11 September was onbeskryflik. Onder sulke omstandighede tree gelukkig ’n soort geheueverlies en bomenslike krag in. ’n Oorlewingsmeganisme wat jou deur die krisis neem en begelei en anderkant uitbring. Die skok is nog steeds daar, maar dit begin plek maak vir woede.

Die Statue of Liberty is vervang deur ’n Smokescreen of Insanity.

Die wêreld het soveel faksies. Kan die mens nie vir faksheid meer geduld met mekaar hê nie? Die wêreld het nie veglustige stryders nodig nie.

“Omdat ek nie het nie mag jy nie hê nie.”

“Ek knyp jou kind want jy skuld my.”

’n Sotlike ingryping van ’n vergryping het die wêreld op sy kop gekeer. Die onskuldiges betaal die prys. Die skuldiges prys hulself en hul god. “Gaan drink strignien. Sny jou polse. Verwurg jouself met jou tulband. Bid na die ooste en bly daar. Hou jou kamikaze-kak vir jouself.”

Vir amper ’n hele week kon niemand reguit dink nie. Toe die erns van wat nog gedoen moet word weer begin deurskemer, was ’n week verby. My ses weke tydgleuf was in gedrang. Skielik is dit nog meer oortyd werk en nuwe deadlines jaag.

Ek weet ’n laat aand is my voorland. Ek het genoeg om te doen om my vir altyd besig te hou. Gelukkig het die mens ingeboude veiligheidskleppe en alarms. Jy sal jouself nie doodwerk nie. Jy sal slaap. Jy sal jou dors les. Jy sal hongerpyne stil. Jy sal jou drange bevredig.

Drange verander planne.

“Are you working late again Mr de Clerck?” vra ’n verleidelike vrouestem by die kantoordeur.

Ek kom uit my bepeinsing en dink: “Ja, meneer de Klerk werk oortyd, maar met jou hier is dit die moeite werd.”

Ek sê: “Yes, I have no choice,” terwyl ek met my hand oor my kinnebak vryf en probeer lyk asof die werk my onderkry.

Sy staan in die kantoordeur met haar kop skuins teen die kosyn. Haar donker skouerlengte-hare hang half aan die een kant oor haar wang en sy druk dit agter haar oor in. Nie al die hare is gehoorsaam nie. Die ongehoorsames lê steeds verleidelik op haar wang. Die gehoorsames agter haar oor is net so verleidelik.

Catherine. Ek kan nie haar van onthou nie. Sy was aanvanklik aan my voorgestel as ’n Analis af in die gang wat my kon help met inwin en verwerk van inligting. Ek het uitgesien om haar te tap met inligting maar dit het nie gereeld genoeg gebeur nie. Ek het heeltemal te min van haar gesien vir wat goed is vir my. Die paar keer wat ons wel met mekaar te doen gehad het, was welkome afleiding. Elke keer as ek haar sien, kry ek die gevoel wat ek in die weermag gekry het wanneer ek na die bikinimeisies op die agterblad van die weermagtydskrif gestaar het.

“It is Friday evening. Why don’t you take a break?” vra sy.

Haar stem is soos haar lyf vol lewenslus. Ek skat haar so in haar laat twintigs. (Moeilik om te sê. Was dít al ooit maklik?) In my ongetroude vier en dertig jaar was ek nog selde so aangeblaas deur ’n skoonheid soos dié een. Sy het hoë wangbene, groot donkergroen oë, ’n goed-gevormde neus en aantreklike vol mond. Kurwes van belofte skuil onder ’n smaakvolle swart snyerspak en wit bloes. Die romp is net bo die knie en goed-gevormde bruingebrande bene vloei af in stylvolle swart skoene. In my gedagtes verwyder ek haar klere. Sy lyk goed net in skoene. ’n Man se oë, se brein en se byniere gaan deur die klankgrens in die teenwoordigheid van sulke skoonheid.

“I am always ready to take a break,” sê ek glimlaggend terwyl die supersoniese woelinge in my kop of êrens in my murg my wurg.

Sy stap die kantoor binne. My ma het altyd gesê “Hier kom pêre!” as dinge gaan handuit ruk. Ek is nie ’n ou wat met my hand op die hoeter ry nie, maar ek sien pêre.

Sy kom sit op die stoel voor my lessenaar, kruis haar bene en sê: “We’ve been over-exposed to bad news lately. I think we all need to take a break.” Sy rol die woorde met ’n Amerikaanse aksent uit en ek vang hulle so vier agterna.

“I agree. We should take it easy and relax more.”

“This is your last weekend here. Am I right? You are leaving next week, aren’t you?”

“Yes, that’s right. The time went past so quickly.”

“Were you able to see some of Manhattan?” vra sy.

“I’ve been around a bit, but with the attack I’ve watched CNN more than anything else. It really interfered with the fun part of my visit.”

Ek forseer myself om nie te staar na haar bene nie. Die romp (wat ek intussen weer aangetrek het) laat nog baie aan die verbeelding oor, maar die werklikheid alleen sal my lank kan besig hou. Mans besef vroeg in hul lewe (ek kan nie presies plaas wanneer nie) dat vrouens se bene nie net vir loop bedoel is nie.

“What are you doing tonight?” vra ek hoopvol.

“Nothing,” antwoord sy. Ek merk ’n uitdagendheid waarvan ek hou.

“Shall we go for a drink and supper somewhere?” vra ek en voel soos ’n wedder wat al sy geld op die tote-gunsteling verwed het.

“That would be wonderful,” sê sy en ek vang al die woorde gelyk.

Sy ontknoop haar bene en knoop dit andersom. My oog vang swart satyn. Rip van Winkel word wakker. My mond is so droog soos rysbrood. Ek sien sy het gesien ek het gesien. Sy glimlag uitdagend. Sy besef my dilemma en geniet dit. My wese is in beroering. Ek plaas my hande agter my kop en leun agteroor vir meer suurstof.

“You know what I would love to do?” vra ek afgemete uit ’n woestynmond.

“No. What?” vra sy ondeund en ontknoop haar bene.

Ek sien weer. Dié keer meer. Belofte maak skuld. Ek kan nie wag vir die afbetaling nie.

“I would love to kiss you,” antwoord ek. (Ek hoop die bungy-tou is nie te lank nie.)

Sy glimlag en sê niks. (Ek val.)

“When?” vra sy uiteindelik. (Die tou rek.)

“Now,” sê ek. (Die aarde kom gevaarlik vinnig nader.)

“Okay,” sê sy sag. (Die ekstase van die onderstebo omkeer laat my amper gil.)

Ek vlieg op agter die lessenaar, stap verby haar en druk die kantoordeur toe. Ek draai die slot geruisloos gesluit. Ek besef ek gaan nie ’n steek verder vandag werk nie.

Sy sit met haar kop half gedraai, ken omhoog. Ek stap nader en neem haar ken in my hand, buk af en soen haar. Haar oë gaan toe. Ek het nog nie genoeg van haar bene gesien nie en hou my oë oop.

’n Soen is ’n sein. ’n Voorloper van genot. Ek ontgin haar mond. ’n Vogtigheid en samevloei begin. Ek vryf met my hand voor oor haar bloes. Haar bene wil-wil wyer.

Rip van Winkel is helder wakker. Hy staan op. Sy naam verander ineens na Jack the Ripper.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.