Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ontvlug in vlug

Johannes Grusaam


Vlieg is lekker, maar wanneer jy te veel daarvan gehad het, is dit nie meer lekker nie. Dieselfde geld byvoorbeeld hotelkos. ’n Hotelspyskaart lyk aanvanklik so interessant, maar nadat jy jou voorkeure een keer geproe het, wil jy nie meer nie. So ook baie ander dinge. Dit gaan daaroor dat die mens verveeld raak met te veel van ’n sekere ding. Afwisseling verhoed gelukkig dat iets afgesaag word.

Ek sit vir die soveelste keer in besigheidsklas en sien nie uit na die vyftienuur-vlug van New York na Johannesburg nie. Dit lê soos ’n 30 000 voet-berg voor my. Dit word al sterk donker buite en jy is veronderstel om die grootste deel van die vlug te slaap, wat die angel uit die vyftien uur behoort te neem. Alles so beplan vir jou gerief.

Ons het opgestyg en aandete word bedien. Na ete bly opruim oor en dan regskuif vir slaap. Die voorskrifte vir ’n goeie vlug is geen alkohol en baie water. Ek het besluit om hierdie keer die twee sterk te meng, want ek kan in elk geval nooit op ’n vliegtuig slaap nie.

Die lugwaardinne is deesdae nie meer wat hulle was nie. In die verlede was hulle streng gekeur en moes hulle aan sekere parameters vir lengte en gewig voldoen om enigsins oorweeg te word. (Ek het nogal in die verre verlede heimlik gehoop ek kan eendag betrokke wees by die keuring van lugwaardinne. Ek het gedink dit moet baie opwindend wees om aan die hand van die parameters te besluit “te lank, te kort, te smal, te breed - a! net reg!”) Maar vandat SAL oor die lengte en breedte van die wêreld vlieg, is daardie parameters lyk my tot niet. Ek mis dit. Die talent vanaand hier is nie watwonders nie.

Ek geniet SAL se rooiwyn en wissel dit af met mineraalwater. Dit bring mee dat ek gereeld ’n draai moet loop, maar dit is goed vir die bloedsomloop. Neem vog in en beweeg. Hoewel ek in besigheidsklas sit, vat ek nie ’n kans met ekonomiese-klas-sindroom nie.

Dit is weer tyd vir draailoop. Die besetliggie brand. Ek wag en knyp. ’n Pragtige jong dame met blink oë kom uit en gooi ’n glimlag uit wat my bene erger beïnvloed as die wyn of die wieg van die vliegtuig.

Hier en daar brand ’n leesliggie. ’n Paar mense kyk die film. Ek wil nie lees nie en die film het ek al gesien. Ek is rusteloos en om trombose teen te werk gaan staan ek agter die gordyn in besigheidsklas. Een van die lugwaardinne hou my glas vir my vol. Sy glimlag elke keer vriendelik en begrypend as sy dit vul.

Jong blinkoog kom die afgegordynde area in en vra: “Is hier iets om te drink?”

“Ja, natuurlik,” antwoord ek en voeg by: “Wat verkies jy?”

“Wat het jy daar?” vra sy en beduie na die glas in my hand.

“Rooiwyn,” sê ek met so ’n tikkie verhewendheid wat ek nie weet vanwaar dit kom nie en wys na die bottel op die rak.

“Dit sal lekker wees,” sê sy en ek skink vir haar in ’n proefbuisglasie wat daar ledig rondstaan.

“Ek wou nog altyd ’n vlugkelner wees sonder die komplikasies,” grap ek.

Ek kyk diep in haar blink oë in die dowwe lig en oorhandig die glas. Ons vingers raak aan mekaar en ek voel ’n vonk. Sy is pragtig. Aanloklike mond. Goeie lyf. Mooi hande met slanke vingers.

Ons ruil uit vanwaar en waarheen. Sy is ’n M-student by UOVS. Sy kan ook nooit slaap as sy vlieg nie. Ons staan na aan mekaar om nie te hard te praat nie. Haar parfuum vloei met geurige golwe my neus in en terg my testosteroon. Haar studies tot dusver was beslis nie tevergeefs nie. Sy is slim. Hoe meer ons praat, hoe meer draai ek om haar pinkie. Die waardin kom in en vra of ons nog reg is met die vog.

“Ons is reg,” sê ek.

Die waardin sien seker ons het net mekaar nodig en sê: “Druk die knoppie as julle my nodig het” en sy verdwyn agter die gordyn.

Ek en blinkoog staan nou nog nader aan mekaar, want ons wil nie die volk daarbuite wakker maak nie. Haar mond hipnotiseer my. Elvis sing nog steeds dit is nou of nooit maar as jy my vra is dit nou. Ek leun vorentoe en soen haar en sy soen terug. Ek skep asem en sê half verleë: “Jy’s pragtig,” en haar oë blink nog meer. Sy sê niks en soen my weer en druk my teen haar vas. Sarel Seemonster staan op en ek het ongemak. Ons soen en streel en ek lei af haar studies het baie praktiese werk behels. Genot en ongemak kompeteer. Hier tussen besigheidsklas en ekonomiese klas is ons nou in ’n klas van ons eie. Sy geniet wat ek doen en fluister: “Jy’s ’n stunning man.” My ego swel so groot soos Sarel. Ek soen haar op haar pragtige oë en knibbel aan haar ore.

“Kom ons gaan toilet toe,” prewel sy.

“Hoekom?” vra ek so onskuldig soos Bill oor Monica.

“Om klaar te maak wat ons begin het,” sê sy en ek sien in haar oë ons is by die kuipe verby.

Êrens in die uithoeke van my fakulteite waar die wyn nog nie heeltemal bygekom het nie, wonder ek met die swelling op Sarel of daar genoeg plek vir ons almal in daardie klein beknopte draailoop gaan wees. Ons gaan en die gebrek aan spasie dwing ons styf teen mekaar.

Sy is behendig met haar sagte hande en slanke vingers en ek besef ’n ontploffing aan boord is onvermydelik. Ons weet presies wat ons wil hê. Net een ding is nou paramount in ons gedagtes. Erotic is too weak a word to describe this. Sublime comes close. My Afrikaans slaan skoon weg. Die lekker van haar lippe dryf my teen die panele uit. Ons vind ’n ritme tussen ons en met die klimaks wonder ek of dit êrens op ’n radarskerm registreer. Ek hoop die vlieëniers slaap nie, want ek is seker die vliegtuig is ten minste ’n kwart graad van koers af.

Vlugflouheid het skielik ’n nuwe betekenis.

En ek het gedink vlieg is nie meer lekker nie …

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.