|
|
Plezir ZonesVicky ScholtzSuid-Afrikaners weet nie meer hoe om hulself te geniet nie! Die bebaarde man sluk aan sy glas water. Vir my lyk dit meer na suiwer as genot. Ek leun agteroor in my stoel en kyk na die ander wat om die konferensietafel sit. Snaakse klomp. Alles is deesdae so ernstig! Dis asof grappe teen die wet is. Of plesier ek was gister op Tafelberg, en almal het daar by die restaurant gesit en diep sake bespreek. Koppe geknik, gefrons, vorentoe geleun, gedempte handgebare gebruik, indien enige. Ek het gevoel of ek by n roudiens ingeloop het. Die hele land hou begrafnis! Ek sukkel om te glo dat ek hier sit, die duurste hotel in die Kaap, saam met n klomp mense wat ek nog nooit in my lewe gesien het nie. En die man n Amerikaner teen n ander maatstaf gebou (selfs n reus sou teenoor hom klein gelyk het) met die naam wat klink of dit in n Wagner-opera hoort. Was ek van my sinne beroof toe ek besluit het om maar te kom kyk, ná my homeopaat gister tydens my afspraak my terloops laat weet het dat haar tjommie vandag n vergadering hou vir gespanne mense? (Soos ék, het sy klaarblyklik bedoel, en vir my die besonderhede neergeskryf op n stuk papier.) Toe Gerry vandag bel met n helse babelas om ons wynkoopafspraak uit te stel, oorweeg ek die moontlikheid vir die eerste keer. n Halfuur later stap ek die voorportaal binne, en vra by ontvangs na die man op die stuk papier. Die luukse tapyt kom omtrent tot by my knieë, en ek kan nie help om te wonder of daar nie klein hondjies of selfs kinders daarin wegraak nie. Miskien trap ek op iets … Ek tel my voete versigtig op. Selfs die kunsmatige plante is eg. Ek stamp per ongeluk teen n plantpot en n wolk stuifmeel stort op my neer. Die ontvangsdame verduidelik aan my hoe om by die konferensiesaal te kom, en ek bevind my in die skrikwekkendste hyser wat ek nog teëgekom het. Tot heel bo styg dit, terwyl die middestad onder my al hoe kleiner raak deur die deursigtige mure. Kloustrofobie en vertigo smelt saam om my as n senuweewrak te laat uitsteier toe die helrit uiteindelik oor is. Ek plons op die vloer neer en sink weg in die oorweldigende tapyt. Ek skrik toe ek nog stemme hoor aankom opgewonde stemme wat histeries babbel oor die wonderlike hyserrit en ek staan vinnig op en stap in die rigting wat die pyltjie aandui. Die konferensiesaal bied n 360-graad-uitsig op die stad uit, maar ek gaan sit onmiddellik by die groot geelhouttafel sonder om die uitsig te bewonder. Ek dink al klaar aan die terugrit ek moet n noodtrap vind en eerder afstap, al is dit ook hoeveel verdiepings! Toe die man begin praat, is ek skoon verras. Uit daai monsteragtige liggaam het ek n bulderende stem verwag wat aardbewings en stadsmuurinstortings kan veroorsaak. Wat ek wel kry is n teer, rustige stem, soos n windjie wat verligting op n warm stranddag bring, of die stroompie wat die nukke en grille uit die harde klippers uitstreel. Ek merk op hoe die ander sy woorde oor hulle laat vloei, die spanning uit hulle skouers laat masseer. Ek self is nog te gespanne na my hyserervaring; boonop is ek nog skepties oor n Amerikaanse miljoenêr wat Suid-Afrika toe kom om by sy tjommies te kuier en aanbied om sy bekwaamhede te skenk om ons lewens gelukkiger te maak. Skryf maar die tjek, broer, sê my siniese binnestem. Maar, nou sit ek hier. Ek kan maar net sowel luister wat hy sê. Hy vra of daar onder ons iemand is wat voorheen gehipnotiseer is. n Paar steek hande op. Hy vra dat hulle aan ons vertel hoe voel dit, of hulle dit weer sou doen, en dies meer. O ja, beslis, almal is mos converts hier, besef ek. Ek dink mismoedig aan die ongekoopte whisky wat ek eerder kon gedrink het. n Vrou vra hom uit oor hipnose is dit waar dat jy banke kan beroof op opdrag van n hipnotis? Haar bourgeois-vrese laat my glimlag, en ek ontspan so bietjie terwyl hy haar en, kom ek agter, heelwat ander gerusstel. Dan begin hy. Hy praat stadig en sag met ons, vertel dat hy ons nou hipnotiseer, en vra dat ons ons aan sy stem oorgee. Niks van die you are feeling sleeeeee-peeeee goed nie. Niks horlosies aan kettings nie. Net sy stem, wat redelike goed aan ons breine vertel, terwyl ons heeltemal bewus bly van wat aangaan. Hy vertel vir ons dat ons arms nou soos lood voel, ons kan hulle nie oplig nie; en ek voel hoe my hande van die tafel afgly en soos gewigte aan my armpunte afhang. Hy vra ons om ons arms op te lig. Selfs Arnold Schwarzenegger kon myne nie optel nie, bokkie! Maar n paar steek hande op in die lug, en die mense word gevra om agtertoe te skuif en nie vir die res ons! te steur wat wel onder is nie. Ek sit paniekbevange, met die duisendpond-arms wat ek nie kan beweeg nie, en besef ek is onder! Ek is gehipnotiseer! Banke beroof is nou die minste van my vrese ek hoop net nie hy vra ons uit oor iets nie, want geen geheim kan nou agter my lippe skuil nie … Hy stel ons weer gerus, laat toe dat ons arms weer normale gewig behaal, en vra ons om te dink aan n genotvolle ervaring die grootste genot wat ons nog beleef het. n Simpele glimlag verskyn vanself onmiddellik op my gesig. Beelde verskyn vanself in my geheue Tony se liggaam terwyl hy sy klere stadig stuk vir stuk uittrek. Sy rug wat vorentoe buig terwyl hy uit sy broek klim. Die ronding van sy boude. Sy bors, met die grys haartjies wat die lig vang. Sy maag, sag en sappig soos n oorryp peer. Sy bene, sterk en gespierd, met die netjiese voete. n Blos steek my wange aan die brand, en ek voel hoe hy my vat in sy arms, die tekstuur van sy liggaamshare teen my naakte vel, my tepels wat in vuiste slaan teen die genotsrilling. Klamheid verskyn tussen my bene, en ek voel sy mond teen my oor, sy hande wat deur my hare speel, my boude vashou, my nader druk. Ek voel die groeiende styfheid van sy liefdesdele wat teen my buik druk, en my hand strek uit na die hitte van sy brandende balle. Ek hoor hoe sy asem of is dit myne? dieper en vinniger begin trek, die gekreun en gehyg en getjank van seks. Ek voel hoe die brand in my geslagsdele al hoe hoër styg, die vlamme wat rooi, blou, wit tonge uitskiet en alles verorber. n Tsunami ontwaak tussen my bene en met n ontploffing van kleur, klank, tekstuur, reuk en smaak, gly ek van my stoel af en beland onder die konferensietafel. Natgesweet, my hand vasgevang in my nat broek, lê ek daar tussen al die Fairheads-sandale en -stewels. Ek hoor die stem ver weg praat. OK, op n meetskaal van een tot tien, dis nou een. Nou vat ons hom tot twee … tot drie … tot vyf … tien … honderd … |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |