Die bod het gesluit om 20h15 op 14/04/05 op R11 215!
Bie op die Vroueskrywers!
Ons Vroueskrywers is lewende legendes. Jy kan nou 'n stuk geskiedenis
joune maak deur te bie op handgeskrewe tekste neergepen deur van dié Vroueskrywers.
Antjie Krog, Marlene van Niekerk, Marita van der Vyver, EKM Dido, Annelie Botes en Riana Scheepers is elk gevra om op duursame papier uittreksels
van hul werk te skrywe - hul geliefkoosde paragrawe. Hierdie werk
word dan spesiaal gemonteer, sodat die koper dit kan raam.
Die opbrengs van hierdie veiling vorm
deel van 'n LitNet-fondsinsamelingsveldtog - sodat ons 'n nog beter
diens aan ons lesers kan bied.
Ondersteun LitNet, huldig ons lewende legendes en stuur jou bod
nou. |
Almal
wat 'n bod instuur kom in aanmerking daarvoor om hierdie Montblanc-pen
ter waarde van R1 800 te wen.
Klik op die prentjie om te sien watter skrywers al hierdie pen
gebruik het om hul bydraes mee te skryf. |
Die bod sluit om 19:00 op Donderdag 14 April 2005. Daarna is daar 'n spervuur-bodfase deur ernstige bieërs,
totdat die hoogste bod bereik word. In die finale spervuurfase sal die
hoogste bieërs per telefoon/e-pos kontak moet maak met die bodmeester,
Ronel Terblanche. In die spervuurfase sal bieërs teen mekaar afgespeel
word totdat, na die oordeel van die bodmeester, die hoogste bod bereik
is. Sy sal dan die bod toeslaan.
Hoe gemaak?
Elke skrywer lewer twee afsonderlike en verskillende tekste.
Een teks word individueel opgeveil en jy kan dus daardie teks alleen koop.
Niks verhoed jou egter om op al ses individueel te bie nie! Dieselfde
skrywer se tweede teks word net as deel van die reeks van ses opgeveil.
Hier moet jy dus ses tekste saam koop, en daarmee word jy 'n stel van
ses ryker.
Van elke skrywer bestaan daar dus net twee handgeskrewe, oorspronklike
tekste, wat jou stukkie geskiedenis des te meer waardevol en uniek sal
maak!
Wanneer die veiling afgehandel is, sal 'n baie beperkte aantal afdrukke
aan die publiek beskikbaar gestel word. Maar jy kan die eienaar van die
outentieke, oorspronklike handskrif word.
Dus:
A. Een veiling waar bydraes individueel verkoop en op gebie kan word.
B. Een veiling waar die reeks van die ses skrywers se (ander) tekste as
eenheid verkoop word en waarop gebie kan word.
Daar is dus 7 opsies om op te bie.
Opsie
A:
Klik op so 'n blokkie om die stukke
in die reeks te besigtig.
|
Opsie
B:
Klik op so 'n blokkie om die individuele
stukke te besigtig.
|
E-pos
om te bie:
Klik op so 'n blokkie om jou bod
te stuur.
|
|
Om te bie, klik op die groen-en-rooi blokkies op die bladsye met
die voorbeelde van skrywers se paragrawe. Gee jou e-pos-adres, telefoonnommer
en posadres, en die bedrag wat jy bereid is om te betaal. Die suksesvolle
bieër sal per e-pos ingelig word.
|