|
|
Levi's® Original Music bied aan: Onse Somertoer met Karen ZoidPersverklaringKlik op plakkaat vir groter foto! Met verskeie toekennings op haar kerfstok vir beste album en liedjieskrywer, is Karen Zoid ongetwyfeld die koningin van Suid Afrikaanse rockmusiek. Sy is deur die Independent-koerantgroep aangwys as een van die top 100 persoonlikhede in Suid Afrika, terwyl Rapport reken dat sy een van die 10 bekendste Suid Afrikaners is. Die toer in Desember gaan moerse wees. Die Wes-Kaap is een van die mooiste streke in die wêreld en in Desember is almal lus om uit te haak en reg vir 'n jol, sê Karen. Ek sien uit om op die 14de saam met Arno in Kaapstad op te tree en vir my gaan die hoogtepunt van die toer die opelug musiekfees by die Hangklip Hotel op Pringlebaai wees. Die Hangklip Musiekfees beloof om 'n skouspel onder die Afrika sterrehemel te wees. Karen gaan hier optree saam met ander bands soos Bed on Bricks, Southern Gypsy Queens, Black Indian en Isolasiehare. Gian Groen bied ook busking-kompetisie aan. Die hekke maak 14:00 oop en die optredes begin om 15:00. Program: 14 Des: Kaapstad by die Mercury Lounge met Arno Carstens Kaartjies is by die venues beskikbaar of deur Computicket. Besoek www.karenzoid.co.za vir meer inligting oor die shows.
Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte. Have your say! To comment on this piece write to webvoet@litnet.co.za, and become a part of our interactive opinion page. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |