KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Meer mascara in dié Media?

Lida-Marié Louw

is 'n finalejaar dramastudent en ook aanbieder by die Stellenbosse radiostasie MFM92.6

Die gewag vir Karen Zoid se derde CD was 'n laaang een. Twee weke voor die uitreiking van Media het ek reeds ongeduldig by die New Releases-rak in musiekwinkels rondgetrippel. En helaas, nou's dit hier. Karen, vat vyf. Maar in dieselfde asem sou ek graag ook - en vat dit van 'n fan - kritiek wou lewer.

Zoid spog met 'n nuwe band en 'n man aan haar sy. (Terloops, wat het van die soetseunbeeld van haar Don (Juan) geword? Sy hare skrei deesdae alte parmantig letterlik ten hemele. Maar dit daar gelaat.) Dié twee se troue was op sigself opspraakwekkend. Die nie-amptelike basie van die nie-amptelike Zoid-generasie is toe nie so untouchable soos ek gedink het nie … Die dae toe sy Anneli van Rooyen se "Ek lewe" se tweede reël tydens konserte omskep het in "my seksualiteit is omstrede" is klaarblyklik iets van die verlede. Nou pronk dié einste snit in al sy tradisionele glorie op haar nuwe album.

Media bevat - slim, Karen, slim - sewe Afrikaanse en sewe Engelse songs. As 'n doodgewone deursnee-fan is ek nie 'n groot voorstander van haar Engelse skeppings nie. Behalwe nou vir die meesterlike "Guy from the beer commercial" (wat alte veel herinner aan die akteur Neels van Jaarsveld se trademark "Met ys, ja, met ys" - is dit vir hom geskryf?) laat die ander Engelse songs my onbeïndruk. "Homo sapien" is een so 'n voorbeeld wat baie ooreenkom met haar vorige album se "Dinosaur". Nou nie heeltemal wat ek 'n treffer sou noem nie…

Zoid het egter 'n koel kop op haar skouers. Sy weet hoe om haar albums goed te laat verkoop, veral onder die Afrikaanse mark. Vat nou maar my weldeurdagte veronderstelling: ek sou verkies dat Karen meer of selfs slégs oorspronklike Afrikaanse songs op haar albums moet hê. Maar sy sing ook in Engels en in plaas daarvan om 'n suiwer Engelse album uit te gee - wat sekerlik minder goed sou verkoop - gee sy 'n tweetalige album uit en verseker so dat die Afrikaanse fans genoeg rede het om die album te koop. Baie slim …

Dit is ook interessant dat sy die snit "Small room" uitgekies het om 'n musiekvideo van te maak. Deksels oulik gedoen - ek was bevoorreg genoeg om dit op die nuwe Afrikaanse Raaskanaal MK89 te sien - maar wat van 'n musiekvideo van een van die ooglopende treffers soos "Mascara" of "Kaapstad"? Ek is seker dis in die pyplyn, of hoe, Karen …? Vir dié einste "Mascara" kan ek nie genoeg lof toeswaai nie. Dis een van daardie songs, cliché, ek weet, wat 'n mens net eenvoudig op "repeat" moet sit om die volle stunningness daarvan te besef. Kyk net so 'n sêding:

Ons almal weef ons planne
In 'n pragtige tapyt
Iewers op die rante rafel alles uit.
Gelukkig het Zoid nie 'n groot ouetehuis fan-base nie, want 'n song soos "Scumbag is 'n loser" sou die koppe baie vinniger laat knik het. Veral die teenwoordigheid van 'n sekere eksplisiete uitlating oor die uitdrukking van horisontale begeerte sou 'n paar floutes tot gevolg gehad het. Karen se kenmerkende uit-die-maag-lag maak ook sy verskyning in dié song. Net dit regverdig al klaar die aanskaf van dié album!

Zoid slaag altyd daarin om almal te verstom. Die voorbeelde is legio. Wie sou nou ooit verwag het dat sy die soetsappige "Reason" op die album sou insluit? Om die waarheid te sê, ek sou nooit in my wildste drome kon dink dat sy die woorde "You're my man" sou uiter nie. Ek sal ook nooit kan kleinkry hoekom sy haar so wrintiewaar in die huwelik laat begewe het nie. Maar as dit haar gelukkig maak …

Alles ten spyt, en vat dit weer van 'n fan, is Zoid één sanger wie se CD ek nooit as te nimmer sal copy nie. En vat dit sommer van 'n platsakstudent.



LitNet: 02 Augustus 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.