KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Wie de fok weet wat lukraak beteken?

Riana Wiechers

Foto: Liam Lynch

‘n Vriendin het een aand vir my gesê sy dink lukraak is ‘n baie cool woord. En toe dink ek: “Jirre ja, wie de fok weet wat lukraak beteken?” Daai woord het net gestick in my kop. Ek het nog nooit iemand teëgekom wat weet wat dit beteken nie. – Pierre
Partykeer hoor jy ‘n album waarop elke liedjie ‘n oorwurm is. Daai tunes wat in jou kop vassteek, hulleself ongenooid en aanhoudend herhaal – in vervelige vergaderings, rush-hour traffic, daardie half-wakker oomblikke net voor jou wekker skril aan ’t luie gaan. Fop Genade is een van hulle.

Maar dis meer as net catchy-geit wat hierdie liedjies in jou kop laat draai. Daar word vrae gevra en onderwerpe aangeroer wat mens laat stop. En dink. Dieperig, maar sonder pretensie. Ek dink die regte woord daarvoor is eerlik. Daar’s ‘n skoenlapper op hulle cover, ‘n karavaan en Latyn en kiekies aan die binnekant. Pierre bedank “alles en almal wat tydens my adolosencie so mooi my optimisme onderdruk het”, en Alwyn vereer vir “Bewer en Hendrik vir support” asook sy “goeie vriend depressie …”

Dit was ‘n interessante aand. Bo en behalwe ‘n marathon-postmiddernagtelike onderhoud het ek Lukraaketaar vir die eerste keer sien optree, Alwyn as Leonardo in ‘n Afrikaanse produksie van Lorca se Blood Wedding beleef, ‘n lift teruggevang na die gig met ‘n ou genaamd Petrus nadat Pierre soos ‘n groot speld verdwyn het, en ‘n speeding ticket ryker geword drie-uur die oggend op die terugpad Kaap toe. Toeval? Noodlot? Lukrake verloop van gebeure? Wie sal weet of ons ooit sal weet?

Alwyn en Pierre. Foto: Liam Lynch

Hoe’t julle saam musiek begin maak?

Alwyn: Ek en Pierre het ontmoet in Wilgenhof. Ons het saam Sêr gesing. Ek weet nie of jy weet wat Sêr is nie, maar dis groot op kampus …

Wat is Sêr?

Alwyn: Oukei, elke koshuis het soos ‘n klein kamerkoortjie van so tussen tien en twintig mense wat a capella-goeters sing. En dan’s daar ‘n kompetisie elke jaar. Ek was vir drie jaar Sêr-leier gewees; Pierre het by my oorgeneem hierdie jaar. En dis maar waar ons musikaal ontmoet het. Ons is eintlik verskillende pole, you know. Pierre is moerse rou en hy’t half meer die melodies en tempo changes in sy kop. Ek benader musiek baie wiskundig. As dit nie vir my sin maak nie, dan maak dit nie sin nie. Dan wil ek hê dit moet uit.

As gevolg van opleiding?

Alwyn: Ek dink miskien so. Ek het Graad 8-sang …

Pierre: Hy’s heeeeavy opgelei.

Alwyn: Eintlik moet ek seker eerder sê Graad 8-musiek. Teorie en so aan. En ek het moerse baie koor gesing. Ek het seker vir 12 jaar van my lewe koor gesing.

Pierre: Hy het amper ‘n fokken operasanger geword!

Alwyn: Jaaaaaa. Ek hét amper ‘n operasanger geword …

Wat het jou gered?

Alwyn: Sigarette!

Pierre: Rock ‘n roll!

Alwyn: Ek het my stem net te veel opgefok. Opgedons. Jammer. Jy wil seker weet hoe ons bymekaar gekom het as band? Laasjaar Junie was ek Namibië toe saam met my ouers. Saam met my pa. My ouers is geskei. Maar ek’s oukei daarmee. Maar at the time was ek ‘n moerse uitgestreste mens. Ek het nou en dan ‘n liedjie geskryf toe ek op skool was, maar ek het nooit rêrig gedink dis cool nie …

Pierre: Jy’t nie veel daarvan gedink nie.

Alwyn: Ja, ek het nie veel van my eie musiek gedink nie …

Pierre: Jy het geen confidence gehad daarin nie.

Alwyn: Korrek. En Pierre skryf baie cool tunes en hy het my so half begin support. Maar ek wou nie byt nie, en hy het vir my gesê: “Maar hoekom maak jy nie musiek vir ‘n lewe nie? Jy’s goed …” en whadda whadda. En ek … ek het hom nooit rêrig ge … glo nie? Toe het ek hierdie moerse rustige vakansie. En ek het my kitaar saamgevat, dankie tog. En toe het ek een oggend vieruur wakker geword, en ek het net hierdie inspirasie gehad. Toe skryf ek hierdie liedjie …

Pierre: Oor ‘n oulike meisie!

Alwyn: Oor ‘n báie oulike meisie. En toe kom ek terug van die vakansie af met hierdie song, en toe vertel ek vir Pierre daarvan, want ons was toe al goeie vriende gewees en hy het net ‘n paar kamers van my af gebly …

Pierre: Ons het lángs mekaar gebly, man!

Alwyn: Nee man! Ek het gebly waar jy nóú bly. Jy het gebly in my ou hool. Waar ek en Ninja twee jaar terug gebly het.

Ninja?

Alwyn: Ninja was my kamermaat gewees. Hy het die woorde vir “Taranangi Junkie” geskryf. Anyway, na die vakansie toe gaan ek na Pierre toe met hierdie tune …

Pierre: Ek ken toe vir Alwyn al drie jaar! En dit was die eerste keer wat hy ooit na my toe gekom het met ‘n song wat hy geskryf het.

Alwyn: Pierre het my moerse ge … nie ge-“nag” nie, maar hy het altyd vir my gesê: “Jy ken musiek, hoekom probeer jy nie net iets skep nie?”, en ek het altyd gesê: “Ek is iemand wat musiek interpretéér, nie skep nie.”

Akteur-sindroom?

Pierre: Ja!

Alwyn: Ag, ek weet nie. Anyway, toe speel ek vir hom die tune, toe sê hy vir my: “Speel dit weer.” En toe speel ek dit weer. En toe gaan haal hy sy kitaar, en toe begin hy saam te speel. En toe dink ons so bietjie en toe besluit ons … ons albei kan orraait sing, ons albei kan orraait kitaar speel en ons albei skryf orraait songs …

Pierre: … ons kan maar net sowel probeer …

Alwyn: Ek dink daar’s ‘n rede hoekom mense soos ons gewoonlik nie ophook nie. Ouens wat kan doen wat ons kan doen, wil hulle eie bands hê. En toe scheme ons: “Maar wat as ons die driving force van twéé potensiële bands vat, en ons gooi dit bymekaar en ons hou dit net daar?” Maar ek dink die deurslaggewende ding in ons samewerking was “Om te kan” (die openingsnit van Fop Genade). Dit was die eerste liedjie wat ons saam geskryf het.

Dit herinner my – wat beteken fungeer?

Pierre (sing): Fungeer jou are! Fungeer is iets uit Alwyn se woordeskat.

Alwyn: Fungeer is verrot. Soos wanneer iets begin muf? Fungus? Fungi? As jy stil sit op een plek en jy raak blou en jy begin stink? Dan fungeer jy. Anyway, toe’t ek en Pierre gesit en probeer besluit wat ons eintlik wil sê met die song, want dit gaan ons flagship song wees. So ons het gesit en daai song line vir line uitgewerk.

In julle CD sleeve staan daar een van julle speel die “Beer” en een van julle die “Bewer”. Ek het aangeneem dit beteken een van julle is gay en die ander straight?

Alwyn: Rêrig?

Pierre: Jirre.

Alwyn: Kan ek jou vertel hoe ons daarby uitgekom het? Pierre het vir hom hierdie moerse hot Taylor-kitaar gekoop. En ek het hierdie cool klein nylonkitaartjie gehad, ‘n Apex 5. Ons het besluit ons gaan kitare koop voor ons record, want jou kitaar is jou source. Jou source moet perfek wees. As jou source kak is, is jou produk kak. Dis soos as jy aarbeie sou verkoop. Jy moet goeie grond hê. As jy kak grond het, maak nie saak watse aarbeisade jy daar plant nie, die eindproduk gaan nie goed wees nie. Anyway. So Pierre se kitaar het so ‘n lusty, lively, robuuste klank gehad. Dit het geklink soos ‘n beer wat brom. Dus Die Beer. En my ma se bynaam is Die Bewer. Ek en my broer noem haar so omdat sy ‘n baie besige mensie is, verskriklik cute. As sy ‘n dier was, het sy die heeltyd damwalle gebou. Sy sal net aanhou knaag. Sy sal nie ophou nie. My ma het vir my die cash voorgeskiet om die kitaar te koop. Toe vernoem ek die kitaar na haar. Dus Die Beer en Die Bewer.

Waar kom julle naam vandaan?

Pierre: Lukraak: toeval, geluk, random, jy weet?

Maar hoe’t julle daarop besluit?

Pierre: ‘n Vriendin het een aand vir my gesê sy dink lukraak is ‘n baie cool woord. En toe dink ek: “Jirre ja, wie de fok weet wat lukraak beteken?” Daai woord het net gestick in my kop. Ek het nog nooit iemand teëgekom wat weet wat dit beteken nie.

Alwyn: Ja! Dit klink half bekend as jy dit hoor, maar as ek nou vir jou moes gevra het: “Wat beteken lukraak? …

Ek sou nie geweet het voor ek van julle geweet het nie.

Alwyn: Maklikste is om te sê dis Afrikaans vir random.

Pierre: Baie mense dink dis Lukraakitaar. Maar dis glad nie. Dis “-ketaar”.

Alwyn: Daar’s ‘n e!

Pierre: Die hele idee daarvan is dat dit “kommentaar” is. Lukrake kommentaar. En toe raak dit soos ‘n woordspeling. En toe gee ons nie vreeslik om oor die misconception oor die “kitaar”-gedeelte nie.

Wat beteken die Latyn in julle CD sleeve?

Pierre: Dit sê: "So Pierre en Alwyn, wat beteken die naam Lukraaketaar? Dis 'n woordspeling, so figure dit uit ... hoor die musiek in jou kop."

En Fop Genade?

Alwyn: Dis 'n line uit “Om te kan”. Dit beskryf hoe middels hulle weg met ons kry.

Julle speel al ‘n jaar saam, maar het maar eers onlangs begin optree?

Pierre: Ja. Ons het gewerk op die model van Fokofpolisiekar. Ek was saam met almal van hulle op skool en Franie is my neef. So die thinking was om, soos hulle, eers te gaan record, terug te kom en dan shows te begin speel. So ons het die songs bymekaar gekry, preproduction gedoen, opgevlieg, studio time gebook, gerecord. Die produk eers klaargekry.

En toe vir Rhythm Records genader met ‘n studio album?

Pierre: Korrek. Ons het die acoustic EP gedoen en vir Rhythm Records approach. Albert (du Plessis) het daarvan gehou, maar gesê hy sal graag bietjie dromme en bass by van die liedjies wil hoor. Toe gaan ons terug studio toe, sit ‘n paar tracks by, remaster dit, sit dit uit.

So julle eerste run is nou collector’s items?

Pierre: Well, ons het net 1 000 copies van die eerste album gepress. Maar daar’s ‘n track op die eerste CD wat nie op die tweede is nie, en ‘n track op die tweede wat nie op die eerste is nie.

Ek het julle music video op Pitstop gesien. Baie glam.

Pierre: Well, Alwyn swot mos drama hierso. So die HB Thom-teater was ‘n baie cool venue vir wat ons in mind gehad het. Toe daai ding gebou is, was dit soos die beste teater in die land. Revolving stages, trapdoors …

Alwyn: Dis in die 70’s gebou en dit was toe state-of-the-art. Dit het ‘n 40-channel mixing desk. Dit het als. Dis insane. En die look van ons music video het net gegaan saam met die teater, dit was die hele idee daarvan, dat dit ‘n show is. Ons kom ingestap, die bank sak uit die dak uit, die mikrofone kom gelyktydig af … dit gaan oor synch en styl. Maar ons het ‘n art director gehad. En ons het ‘n moerse hot team gehad wat die music video geshoot het.

Pierre: Johan Nel, wat al Fokofpolisiekar se goed gedoen het.

Alwyn: Ons het deur ons tanne betaal daarvoor, maar ek reken dis die moeite werd. Want ons het nog net goeie feedback gehad daaroor.

Julle EP het ‘n interessante omslag …

Pierre: Ons het seker vir vyf maande lank gestruggle om iets te kry waarvan ons hou. En toe eendag sit ek op die trappies voor my ouers se voordeur en rook ‘n sigaret soos ek elke oggend in die vakansie doen. Dit het toe net begin lente raak. En toe gewaar ek ‘n papie so teen die trap se rant. Daar was beweging, mens kon sien iets wou uit. Ek sê toe vir my pa hy moet kom kyk, ek scheme iets cools gaan nou hier gebeur. Toe gaan haal hy sy kamera en sit vir ‘n uur daar buite en neem foto’s van die papie. En daardie skoenlapper wat daar uitgekruip het, is die een op ons cover. As jy mooi kyk kan jy sien, die nageboorte lê nog links van hom …

Alwyn: Hy sit daar en wag om uit te droog sodat hy kan vlieg.

Pierre: My pa se groot liefde was nog altyd fotografie gewees. Maar toe’t hy 20 jaar lank ‘n job gedoen waarvan hy nie rêrig gehou het nie, om vir sy kinders te sorg. Hy’t die honourable ding gedoen en die kos op die tafel gesit …

Alwyn: En jy’s dankbaar.

Pierre: Ja, baie! He busted his balls for his family. En nou’s hy afgetree. Goeie package gevat en alles.

Die skoenlapper is nogals simbolies van julle ding.

Alwyn: Korrek!

Pierre: Ek het die foto gesien en vir my pa gesê: “Weet jy dat jy so pas ons album cover geskiet het?” En Alwyn het saamgestem dit is wat ons moet gebruik. Dit was vir ons belangrik om die regte visual te kry vir ons album. Dis wie jy is. Ons wou nie soos ***** of ****** met ons kitaartjies op die cover staan nie …

Alwyn: Moenie name sê nie!

Pierre: Ag fok, ek voel net ons is ‘n entiteit, ‘n idee. Dis groter as die individu.

Alwyn: As jy dit in politieke terme moet stel, sal jy kan sê dis ‘n beweging in plaas van ‘n party.

Die Afrikaanse musiekbedryf het twee hoofstrome. Waar pas julle in?

Alwyn: Ons probeer al twee klop op ons eie manier. Ons gaan nooit met bactracks sing nie …

Pierre: Nee, ons gaan nie!

Alwyn: Mag die Here my straf met baie seer dinge as dit ooit gebeur … Maar nee, ons probeer half doen wat mense met backtracks doen sonder om backtracks te gebruik.

Pierre: Kunstenaars skep hulle eie werk. Dis hoekom ons nie covers record nie. Ons het aanvanklik ‘n paar covers in ons act ingesluit, maar ons het altyd probeer om dit duidelik te maak dat dit influences op ons as musikante is. Dat dit liedjies is van kunstenaars wat ons rêrig respekteer. Ons het albei altyd probeer om vir die gehoor ‘n storie te vertel oor ‘n liedjie voor ons dit gesing het – op ons eie manier. Ek dink om songs te cover just for the sake of covering a song is ‘n pot kak. Dis rêrig ‘n fokken pot kak.

Alwyn: Soos Idols. Daar’s soveel mense wat my gat gelek het om Idols te doen hierdie jaar. En die jaar voor dit, én die jaar voor dit.

En jy wou nie?

Alwyn: Ek het dit gedoen toe ek jonk was.

Pierre: Jy’s nog steeds jonk.

Alwyn: Ek’s 24 en ek het Idols gedoen toe ek 19 was. Maar ek het baie oor myself geleer uit die ervaring. Ek het nie ‘n probleem met mense wat daaraan deelneem nie. Dis net nie die manier wat ek daar sou wou kom nie. Ek dink as jy goed genoeg is, gaan jy dit in elk geval maak. Jy het nie nodig om ‘n kompetisie te wen daarvoor nie. Vra nog ‘n vraag.

Wat maak jou bly?

Alwyn: Die strand. En tequila!

Pierre: Helder kleure maak my bly. En tunes.

Wat maak jou hartseer?

Pierre: Wat my hartseer sal maak is, sê nou maar om vanaand hier te wees en fine te wees met die hele idee van alles en dan sal ek net skielik fokken verveeld raak. En dan is ek nie hartseer omdat ek verveeld is nie, ek’s net hartseer omdat … ek verveeld kán wees.

Alwyn: Ek dink wat my hartseer maak is … skeiding. Ek dink dis soos wanneer jy op skool was en jy’t die befokste buddies gehad en een gaan swot op Kovsies en een gaan swot op Pukke en jy raak so half gewoond aan die afstand. Nee, nie afstand nie. Skeiding. Daar’s ‘n verskil. Jy kan ‘n verhouding substansieer met afstand, maar met skeiding kan jy nie. Skeiding beteken die persoon gaan weg en daar’s nie eintlik meer deurlopende kommunikasie nie. Ek het al my skoolvriende verloor en dis vir my sad. En wat my verder hartseer maak, is dinge wat ek nooit gedoen het nie.

Pierre: Regret?

Alwyn: Ek was nog nooit rêrig spyt oor iets wat ek gedoen het nie. Want ek kan op ‘n manier alles regverdig wat ek al gedoen het. Maar dinge wat ek nié gedoen het nie, is dinge waarvoor ek net nie die balls gehad het nie. En dit maak my fokken hartseer.

Is dit nie juis die dinge wat jy nou besig is om te doen nie?

Alwyn: Dis hóékom ek dit doen. Dis … so verregaande om te dink dat jy ‘n toekoms het in die kunste in Suid-Afrika deesdae. En nie jou siel hoef te verkoop in die proses nie. So baie mense moet, so baie mense doen dit. Jy weet. Jy kry jy ‘n voet in die deur, en jy hou van ‘n bruin deur, en dan sê iemand vir jou: “Verf die deur wit voordat jy kan inkom.” En jy wil graag by die deur ingaan, so dan verf jy die fokken ding wit. Maar jy háát wit deure. Ek wil nooit dit doen nie. En om te dink dat soveel kunstenaars dit al gedoen het. Dis fokken depressing.

Laaste vraag: Wat is iets wat min mense oor jou weet?

Pierre: Jirre.

Alwyn: Ek gaan dit nou sê. En mense gaan sê dis ‘n teëstelling. En dis juis my hele punt. Iets oor my wat min mense weet … is dat ek nogal bietjie insecure is. Ek glo nie altyd in wat ek doen nie. Ek het ‘n moerse windgat houding … Ek’s opgelei as akteur … maar ek is eintlik baie rustig en baie stil. Ek hou daarvan om baie lank te dink oor dinge voordat ek iets sê, tensy dit vinnig na my toe kom. Ek sou eerder by ‘n paartie agter die gordyn staan en vir mense kyk as wat ek voor op die stage staan en dans. Alhoewel ek dikwels voor op die stage staan en dans! Maar ek dink dit het baie te doen met my opleiding en die vermoëns wat vir my aangeleer is om ander personae aan te neem. Nou moet Pierre antwoord.

Pierre (dink vir ‘n laaaaaaaang ruk): Niemand weet niks nie.

Alwyn: So almal weet iets. Dis wat jy sê.

Pierre: Ja. Niemand … like … Ek weetie. Dis alles vir my dom, in elk geval.

Alwyn: Wat’s alles?

Pierre: Fok alles. Die voëltjies wat elke môre fluit …

Alwyn: Nee, maak nou sin, man!

Pierre: Die voëltjies wat elke môre fluit en die son wat elke oggend opkom en … Nee. Nie eers in die groter spektrum van niks nie. Dis dit. Dis wat min mense nie van my weet nie.

Alwyn: Dit maak nie vir my sin nie.

Pierre: Dit hoef nie.

Is daar nog iets wat julle wil sê?

Pierre: Ja. Ek het nie probeer eksentriek voorkom nie. Dit was ‘n goeie vraag. Dis hoekom jy gekry het wat jy gekry het. A big up to the interviewer on the right in the red jacket with the cool T-shirt!

Alwyn: Ek wil sê … Ag nee, newwermaaind.

Pierre: Sê dit, man!

Alwyn: Ek het net gedink as ek nou iets kon sê vir mense wat my nie ken nie … sou ek wou sê – en ek sê geensins dat ek ‘n wandelende voorbeeld hiervan is nie – glád nie. Maar ek sou graag wou dink dat respek ‘n deurslaggewende faktor in almal se lewe moet wees.

Pierre: Akkoord.






 

Riana Wiechers is 'n vryskut-musiekjoernalis, redakteur van Musica se interne tydskrif, Sussed, en skryf ook vir die Musica-webwerf.




LitNet: 6 Desember 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.