![]() |
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
|
![]() |
![]()
"A Good Friend of Mine"Huldeblyk aan Piet Botha
In 1984 het Botha die bekende rock band Jack Hammer gestig, en hierdie band het in 2005 sy 21ste bestaansjaar gevier. Jack Hammer het al baie lede sien kom en gaan, maar die legendariese stigter Piet Botha (alias Hammer) rock nog al die pad tot vandag toe. Botha en Jack Hammer se briljante musiek is vasgevang oor die jare op albums soos Jack of All Trades, Ghosts on the Wind, Death of a Gypsy, Anthology, en natuurlik die jongste meesterstuk, The Pilgrim, wat in 2005 vrygestel is. Botha is in 1997 oorreed om sy talente ook te konsentreer op die Afrikaanse musiek-arena en sy eerste Afrikaanse album, Suitcase vol Winter, was net ‘n bewys van sy meesterlike lirieke, en die album is deur SARockDigest beskryf as een van die beste musiekwerke wat nog in Suid-Afrika die lig gesien het. Brian Currin (die redakteur van SARockDigest) het hierdie album ook een van die bestes ooit in wêreldmusiek genoem! Nog fenomenale Afrikaanse albums het hierna gevolg, en saam met Jack Hammer het Botha Jan Skopgraaf, Die Hits en Die Mamba uitgebring. Laasgenoemde is in 2004 erken as een van die beste plaaslike albums van die jaar.
Ten spyte daarvan dat Botha deur die jare in sy loopbaan te doen gehad het met ander legendes, soos Trevor Rabin (Rabbit/Yes), Rupert Mellor (McCully Workshop) Mike Faure, Julian Laxton (Freedom’s Children), Dave Tarr (Silver Creek Mountain Band / Wildebeest), Hugh Masekela, Gito Baloyi, Ray Phiri en baie ander plaaslike bekendes, bly hy ‘n nederige en toeganklike mens met baie empatie vir ander. In 1985 in Burbank, Kalifornië, het Botha vir Billy Bob Thornton ontmoet toe hy ‘n jong aspirant-akteur, dromspeler en sanger was. In daardie jaar het hulle twee dan ook saam in ‘n studio ‘n paar liedjies opgeneem. Botha en Jack Hammer het natuurlik ook al ‘n verhoog gedeel met wêreldbekende bands soos ZZ Top, Deep Purple en Uriah Heep. Dankie, Piet, dat jy jou wonderlike talent en menswees met ons almal deel. Jou musiek raak en verryk die lewens van almal wat dit al gehoor het. Piet Botha, ons salueer jou! Moonshine Lee
Wil jy reageer op hierdie huldeblyk? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |