KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



A virgin's guide to Oppikoppi

Zani Botes

Daar is nog net 'n paar dae oor voor die 10de Oppikoppi. Nog net sewe slapies voor ek op die ystervoël spring om die beste "line-up" van die jaar met my eie ogies te gaan aanskou ...

Vinnig hop ek dus op die Oppikoppie-webwerf en lees die alfabetiese lys met genoegdoening! Arno Carstens se New Porn, Battery 9, Bed on Bricks, die Blues Broers, BOO!, Brixton Moord en Roof Orkes, Buckfever Underground. Ek raak so opgewonde dat ek die venstertjie moet toekap voordat ek C tref.

Ek en vriendin Taryn land eerskomende Donderdag in Johannesburg en spring die volgende oggend douvoordag in 'n motor saam met Jaco en Christine. Jaco, 'n joernalis by Beeld, het ek hierdie jaar ontmoet en sonder brieke begin lag van daardie oomblik af. Tussenin is daar wel stiltes - hy woon in Johannesburg en ek in Stellenbosch - maar die gegiggel begin maar weer, sodra ek hom weer sien. Christine het ek nog nooit in my lewe ontmoet nie. Al wat ek weet, is dat sy al lankal haar "shotgun"-posisie in die kar gedeps het en dat sy al by miljoene Oppikoppi's was. In my oë is sy dus 'n formidabele Oppi-pro en iemand wat beslis oor die wysheid beskik om Oppi-maagde soos ek en Taryn van onnodige beslommernis of vernedering te red. Ek vra haar tersluiks per e-pos 'n paar vrae en is verbaas oor hoeveel agter-die-skerms-kennis mens eintlik oor moet beskik om hierdie ekskursie te oorleef!

Ek deel dus hierdie insiggewende lugpos met al die maagde - en dié wat nie veel van die vorige Oppikoppi's kan onthou nie - en namens al die stommerikke wat in wit hofskoentjies, sykouse, frille, kant en kapsels sou opgedaag het, bedank ek Christine vir die wyshede wat sy deel.

-----Original Message-----
From: Christine Van Deemter
Sent: Thursday, July 29, 2004 9:55 AM
To: 'Zani '
Subject: RE: Oppikoppi

Ek hoor by Jaco dat dit julle eerste koppi is? Ek het met baie trial and error geleer dat die volgende indispensable is: naelborseltjie, liters sunscreen en genoeg rekkies (as jy lang hare het). 'n Flits is ook hiper belangrik - ek het al by die einste koppie afgemoer en 'n skoen verloor oor ek in die donker wou terugsukkel tent toe ...

-----Original Message-----
From: Zani [mailto:zani@litnet.co.za]
Sent: 29 July 2004 10:02 AM
To: Christine Van Deemter
Subject: RE: Oppikoppi

HAHAHAHA! Dis flippen snaaks!

Dankie vir die tips! Laat hulle maar inrol ... ek vermoed ons gaan dit nodig kry. Is dit koud daar?

-----Original Message-----
From: Zani [mailto:zani@litnet.co.za]
Sent: 29 July 2004 10:02 AM
To: Christine Van Deemter
Subject: RE: Oppikoppi

Ja sure, dis nou snaaks ...

Dis donners koud in die aand, en moer warm in die dag - so 'n radical wardrobe change is nodig. Pak maar 'n decent baadjie in en moontlik 'n paar handskoene vir die aand, although as mens eers gekuier raak voel jy anyway nie meer jou neus/ore/vingers nie. Wit klere is 'n no-no (al piekel ek nog elke jaar 'n wit hemp saam ...)

[Zani ] Ag dêmmit, so my wit, satyn uitrusting is nie welkom nie? Spesiaal gaan koop vir die aangeleentheid ;)

en mens leef maar in jeans en tekkies. Dis regte egte bosveld (ek het illusies gehad van groene weivelde en baie krane - not so), met klippe onder jou gat as jy wil slaap, en stof die hele goddelike wêreld vol. Bring 'n hoed ook en 'n goedkoop sonbril - hy gaan óf breek óf verloor.

[Zani ] Klink soos chaos! Wonderlik!

Dan ook:

- genoeg ciggies (ek het snaaks genoeg nog nooit 'n stalletjie gesien wat smokes verkoop nie)

[Zani ] IS JY ERNSTIG??? HECTIC ... Daar's definitief 'n gap in die mark, as jy my vra!

[Christine] Ek dink ons moet besigheid praat ...

- baie juice/Coke vir die oggend

[Zani ] HAHAHAHA ... ek verstaan! Hoe vroeg maak die stalletjies daar oop. As die juice min word teen dag 2 wil ek darem weet wanneer ek in die ry kan gaan staan vir nog!

[Christine] Die stalletjie mense is gewoonlik vroeg op hulle poste. Daar was een jaar 'n ou wat vars uitgedrukte lemoensap verkoop het, dit was 'n treffer. Maar Northam is 20 min se ry ver, so mens kan nog gaan kry. Daar's altyd 'n sucker wat ry om ys/hout/kondome te gaan koop. Northam het ook die beste Chicken Licken in die land, en omtrent 4 drankwinkels. En die Checkers is 'n baie interessante plek, vol Marlene van Niekerk karakters. Maar nie so interessant soos die mense wat in '99 'n Christelike stalletjie gehad het nie ... Traktaaktjies en al, ek sweer. Plaas dat hulle pannekoeke verkoop het soos dit goeie Christene/Afrikaners betaam.

- loo paper !!!!

[Zani ] Got it! Is daar darem genoeg loo's of doen mens daar ook die Bosveld ding?

[Christine] Ek het gewonder wanneer jy gaan vra oor die loo situasie ... Daar's 'n paar permanente loo's, maar die loo paper is gewoonlik so teen 8 uur die oggend al op. Meisies piepie mos vir 'n eerste plek. Bo by die bar is daar ook 2 loo's. Dan's daar port-a-potties die hele veld vol. DISGUSTING, to say the least. Hulle word darem elke dag skoongemaak, so dis beste om in die oggend te gaan. Moet onder geen omstandighede in 'n port-a-pottie uitpass nie want niemand gaan jou ooit weer kry nie. Of WIL kry nie, for that matter

[Zani ] Klink rof! Ok, so daar is darem genoeg toilette vir almal.

[Christine] Hang af wat jou definisie van 'n toilet is ...

- 'n lekker groot handdoek - soms is die storte nie heeltemal toe nie, dan moet mens maar jou handdoek gebruik om jou skaamtes weg te steek

[Zani ] SERIAS??? Hoeveel storte is daar? Genoeg? Skonerig?

[Christine] Daar is nie naastenby genoeg storte nie! Dis altyd my grootste teef-sessie. Mens moet moooeeer vroeg in die oggend gaan, dan's dit stil en jy kry nog warm water. Dis nie disgustingly vuil nie, maar dis nou ook nie die Sheraton nie. Baie klein, though, so los maar die rug loofah by die huis. En dis reg oorkant die mans storte - ek het al 'n groot harige hand oor die muur sien kom wat vra vir shampoo ... Ek was so bly dat ek Die Een Man By Oppikoppi Wat Sy Hare Was gekry het, dat ek nie rêrig omgegee het nie.

[Zani ] Dankie vir die waarskuwing! So dis maar beter om 'n maatjie saam te sleep om wag te hou, tensy jy bereid is om jou naaktheid met 'n vreemdeling te deel. Warm water?

[Christine] Net vroeg oggend. So die keuse is: hungover en stort met warm water, of nugterder en stort met koue water. Ek voel 'n tent is so ver roughing it as wat ek sal gaan, so ek staan vroeg op.

- daar's oorgenoeg kosstalletjies, so mens hoef nie 'n cooler vol tjops saam te sleep nie.

[Zani ] Julle beplan nie iets soos 'n saambraai of iets nie, nè? Ons wil nou nie leep-oog daar rondstaan nie, jy weet!

[Christine] Uhh ... Ek en Jaco? Beplan? Jy't ons nog nie gesien nie. Hy't 'n checklist, I kid you not. Maar nee wat, dis te groot mission om te braai. Ek skrop fokol roosters skoon. Die naaste wat ons gaan kom aan kos maak is koffie in die oggend - Angola is gewax daarmee so moenie worry nie. Bring 'n blik koffie/cremora/suiker saam. My ouma bak lekker beskuit.

[Zani ] Fantasties! So, dis koppies ook. Ek sal self 'n bakseltjie saamneem vir die oggend maaggrom.

[Christine] Ek sweer ek sou 'n koppie vergeet het. Papierbekertjies is die beste, dan hoef jy nie myle te stap om 'n mitiese kraan te soek nie.

- dan ook net veiligheid: as jy iets soos pepper spray het, bring dit ook maar saam. Mens weet nooit met 'n spul dronk Afrikaners nie, en ek was al in 'n paar ongemaklike situasies as ek alleen in die aand rondgeloop het. Maar in die algemeen is dit baie veilig en relaxed.

[Zani ] ERNSTIG????? Wel, daar gaan 'n paar manne met blou areas wees as dit die geval is. Ek dink ons sal in elk geval die meeste van die tyd by mense wees wat ons ken ...

[Christine] Ja wat. Ek wil julle nie die skrik op die lyf jaag nie - ek vertrou net nie dronk vreemde mans so ver as wat ek hulle kan gooi nie! Scaly jagse bliksems.

 

[Zani ] Was daar nog iets wat jy gemis het? Iets waarna jy gesmag het, soos versuikerde pere of iets dergliks? ;) Ons kan dalk 'n stalletjie oopmaak met 'n paar leë bokse wat rondlê. Ek dink ons kan dalk ook geld maak uit witgoud (of toiletpapier, soos dit bekend staan voor dit skaars word op 'n naweek soos dié!)

[Christine] Dinge waarna ek smag by Oppikoppi:

1. Iemand om my by die bult op te dra. Ons kan dalk invest in 'n scooter service, waar ons mense opry? Maar ek sal seker weer al die dik, dronk tieners kry.

2. 'n Tent wat nie stink teen dag 2 nie. Ek slaap alleen en ek is 'n skoon, sagte meisiekind wat elke dag stort en nuwe sokkies aantrek, maar die jirre weet daai ding pong nog steeds.

3. 'n Gebruikersvriendelike cooler. Geen mens kan daai groot plastic Hyperama specials saamsleep nie, en die kleintjies hou net te min drank.

4. Ek smag ook so teen 4-uur die oggend na my goeie naam.

[Zani ] Jis, dankie. Wow, jy is soos 'n orakel van die bos ... dank vader ek het eers met jou gesels, anders was ek grootliks geschnaai!!!


Jaco Nel het ook 'n Oppikoppi bydra gemaak. Klik hier en lees meer.



LitNet: 31 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.