![]() |
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
|
![]() |
![]() Koos Kombuis en Jurie Els sing saam op die Afrikaanse Musiekfees3Uitgereik deur Frans SwartKoos Kombuis en Jurie Els gaan saam sing op 25 September 2004 in die Afrikaanse Musiekfees3 by Carnival City. Sewentien van Suid-Afrika se topkunstenaars sal op een verhoog te sien wees, wat van die Carnival City Afrikaanse Musiekfees een van die grootste musiekfeeste in die land maak.
Besprekings kan gedoen word by Computicket (011) 340 8000 of op die internet by www.computicket.com. Groepbesprekings teen laer pryse by Di Sparks (011) 648 7385 of by 073 208 8483.
En Koos se reaksie: "Ek is moeg dat ons musiek in verskillende kampe plaas. Wie besluit watse musiek is 'cool' en 'nice' en watter nie? Jy hoef natuurlik nie met almal saam te stem nie, maar jy behoort respek te hê vir ander se werk. En alhoewel ek en Jurie dalk tradisioneel in verskillende kampe ten opsigte van musiek was, het ek nog nooit iets teen hom gehad nie. Inteendeel, ons het goeie vriende geword. Ek is moeg vir die bakleiery tussen kunstenaars … Dit maak my net vreeslik moeg en dit raak vervelig! En ek en Jurie gaan sorg vir 'n baie mooi song wat ouens vir lank gaan onthou. Ek haat rock-snobisme baie meer as wat ek kommersiële musiek haat."
WEN KAARTJIES NA DIE AFRIKAANSE MUSIEKFEES3! Lesers staan 'n kans om kaartjies te wen na die Afrikaanse Musiekfees3. Al wat jy hoef te doen, is om die volgende na 35450 te SMS: MUSIEK LITNET of stuur vir ons 'n epos na fransswart@tiscali.co.za en se vir ons hoeveel kunstenaars tree die jaar op in die Afrikaanse Musiekfees3. Wenners sal telefonies in kennis gestel word en die Redakteur se beslissing is finaal.
![]() Vir meer inligting, klik
hier Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |