KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Tussen die liefde en die leegte lê ’n hart vol om te sê

“Ek is nie so ernstig as wat mense dink nie,” verduidelik Marica Otto en lag dan spontaan. Hierdie energieke kunstenaar met “die stem” wat jou altyd bybly as jy so bevoorreg was om een van haar vertonings te kon bywoon, wil net sing. Maar terselfdertyd kan sy nie anders as om iets te wil sê met haar musiek nie.

“Elke kunstenaar”, glo sy, “werk uiteindelik vanuit die persoonlike.” Sy kan nie anders as om te skryf nie; haar vertonings word gegrond op die momente waar sy in haar lewe is. Momente wat sy uit moet skryf.

Vanaf 1986 hou sy vertonings - dikwels saam met ander kunstenaars soos Laurinda Hofmeyr en Zorada Temmingh. ’n Deurlopende tema in al haar werke is die kwessies rondom vrouwees. “Maar dit is nie beperk tot vroue nie. Ook mans kom na die tyd en vertel dat hulle geraak is deur die musiek.” Dit is omdat Marica in die eerste plek oor menswees skryf. Almal deel op die ou end dieselfde emosies.

Deur die musiek van onder andere Schumann, Stef Bos en Herman van Veen, in verse van Elisabeth Eybers, sing Marica die verhaal van drome wat verlore kan gaan as gevolg van die beperkinge wat dinge soos die kerk en opvoeding stel. “Ek wil nie op die bandwagon spring van die kerkhervorming nie. Maar vir my gaan dit oor die ideaal wat vir mense gestel word om te streef na die volmaaktheid, en intussen gaan jou droom verlore om te doen wat jy werklik wil.”

Maar dit is nie ’n neerslagtige ding nie. Dit gaan ook oor die manier waarop jy vrede maak met dit wat jy het. En dan besef jy dat elke ding wat jy aanpak, geniet moet word. “Ek werk nie meer na iets toe nie, want dit is die proses wat die hoogtepunt is.”

Tussen die liefde en die leegte word op Saterdag 8 Maart om 15h30 in die Fismer-saal van die US-konservatorium aangebied, met die finansiële ondersteuning van die Rupert Musiekstigting.

Besprekings vir Woordfeesproduksies moet gedoen word by (021) 8083513, (021) 8083573. Of stuur ’n e-pos na fees@sun.ac.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.