KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



In Julie 1990 skryf Koos Kombuis die meegaande brief aan Dagga-Dirk Uys. LitNet plaas die brief met Dagga-Dirk Uys (wat die brief aan ons voorgelê het) en Koos Kombuis se verlof. Vandeesweek merk Koos Kombuis oor die brief teenoor LitNet op: “Ek dink dis skreeusnaaks! Plaas dit maar; dis ’n tydsdokument.”






Die Bakoven
Stellenbosch
circa Julie 1990

beste dagga-dirk
ek het die afgelope maand amper onophoudelik aan jou gedink, maar skryf nou eers. ek het al ’n paar weke terug by ’n coloured meisie wat jou ken jou adrs gekry en nou weet ek nie of die adres nog reg is nie.
ek wil nie ’n brief aan jou stuur via shifty nie want hulle sal dit in ’n laai laat lê tussen hulle sweedse korrespondensie of onbeantwoorde rekeninge.
bowendien het ek nie veel te sê nie, nie wat ’n mens kan verduidelik in ’n brief nie. ek kan vir jou sê ek wil hê jy moet kaap toe kom en ons help, maar dis ook nie die volle waarheid nie. eintlik is ek net lus om ’n aand met jou gesuip te raak en girls op te tel of iets. daar’s mos niks daarmee verkeerd nie of is dit nou uit die mode?
jy het alles begin en geëindig uit jou eie vrye wil. op die oomblik het ons ’n manager wat uitstekend is met die soort trivial jobs wat jy so haat — tapes verkoop, boekhou en rondhardloop.
hy kort miskien jou conceptualising vermoeë en jou hand met mediamanipulasie. ek kan nie help om aanhoudend te dink watter goeie team jy en Brood (dis sy naam) sou kon wees nie. Die Swart Kombuis Toer is basies gekelder as ons nie ’n borg kan kry nie. en die Valiant Swart Band is die eerste band in Afrikaans wat regtig post-alternative is in die sin dat die darkies hulle musiek like. maar die politiek!
Universiteit Wes-Kaap weier eenvoudig om belang te stel om ons daar te laat speel. Shifty maak my tiete lam — al is ek baie lief vir al die mense daar — plate bemark behels meer as sop vreet. die frustrasie wat ek voel is eindeloos.
ek wou nie famous word nie — ek wou ’n fokken revolusie begin.
op die regte oomblik het jy en ralph asof van nêrens opgeduik. ek dink ek het jou dalk weer nodig, nie soseer ek nie, net die hele situasie. liberals sal altyd bedreig en confused voel oor mense soos ek en jy. en netso is die ANC besig om my gaandeweg van hulle te vervreem, te irriteer en op die ou end vyandig te stem. ek wil nie ’n swart PW Botha hê nie, nee dankie.
so wat het jy geleer in Taipei? hoe lewe mense in ander lande buiten Amerika? is daar orals in die wêreld girls wat teddiebere versamel en whaffle oor “commitment”, “involved raak”? waarvan praat hulle? is nai nie meer lekker nie of wat? toe skryf ek ’n boek oor feminisme en oornag is ek verswelg deur vet engelse meisies met husky stemme — en nog meer teddiebere, weliswaar dié keer linksgesinde teddiebere (volgens hulle), maar God. Jissus. ’n Teddiebeer is ’n teddiebeer. Een teddiebeer in ’n meisie se flat is genoeg om vir jou te sê: fokkof hier.
so gou soos jou bene jou kan dra. dis soos Huisgenoot en You. wat laat oosterlinge tiek? zen of yen? of albei?
wat moet ons nou volgende doen? net die lewe enjoy of wat? dis waarskynlik die beste opsie, maar jy ken my — ek is sielsongelukkig as ek nie kan kak maak nie. Grahamstown dié jaar was befok nice. ons het cult heroes geword daar oornag. baie dinge verander wanneer ’n mens spiritual leaps maak — jy vervreem ou vriende en maak onverwags nuwes.
vandag is ek vir die eerste keer in ’n maand depressed, omdat ek nie die fondse of die organisasie het om al die kak te maak wat ek lus is om te fokken maak nie.
ek het Ralph baie gemis ook en dit was nice om hom weer te sien. maar ek scheme hy is nou ’n cabaret ster, en dis al. wat van sy hele rave oor die cast van “Piekniek” wat nie wou rock ’n roll nie? dis konfoes my. dis ’n fokken voltydse job om ongetroud te bly — om soos Danie Gerber deur die gaps te vleg al vat die jare aan jou knieë. POES! POES! POES! POES! POES! ek is GATVOL!
Shifty Records Incorporated het nooit vir een oomblik werklik verstaan wat ons fokken plak in die Black Sun was of hoekom ons die Voëlvry Toer wou doen nie. Jolly good show, old chap, let’s help these Afrikaans boykies. JISSIS DIS IRRITEREND. en hoe nice Lloyd ook al mag wees — hulle sal nooit verstaan nie. as hulle verstaan het sou hulle nie hierdie Mandela Technopop stront uitchurn net om die Sweedse geldbase happy te hou en hulle eie magies vol Mama’s Pizzas nie.
moffies, moffies, hulle is almal moffies.
Dirk, almal wil so graag heavy wees, almal wil so graag street creed hê, swart jackets dra en vloek. hulle mis die punt. daar is actually nie ’n punt om te mis nie. die punt is, hulle mis die jol.
hulle ry verby ’n padteken wat 50 meter hoog is en sê DIE JOL IS HIER en vra: “waar’s die jol? waar’s die, kug, verskoon my, jawl? laat my binne — ek kan vloek — poes koek tos!!” MAAR DIS NIE DIE JOL NIE!!
die jol is nêrens nie, en die jol is orals. en mense mis dit omdat dit so maklik is om te kry. of hulle sê: “ek sou baie graag wou join, maar ek het R 10 000 studieskuld — sien jou oor so 50 jaar, belowe.” Alternatiewe Afrikaners — ho hum. Jippie! Bakgat! Boknai!
Nee — dan liewers drugs in Amsterdam. Ek kan jou nie ’n job of geld offer nie. Maar as jy nie binne ’n maand van jou laat hoor nie gaan ek ’n ticket koop oorsee en dan sien hierdie Hipermark my nie weer nie.
Sonder jou is als verlore.
Groete vir jou Broer
Koos Kombuis.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.