|
|
Luilekker jazz-ontbyt by Winchester Mansions op SondaeSluit jou naweek af met ‘n luilekker kuiertjie by Winchester Mansions – Kaapstad se voorste seefront boetiek hotel – en bederf jouself met ‘n salige, laat jazz-ontbyt by Winchester Mansions. Die heerlike weeklikse jazz-ontbytbuffet wat in die hotel se gewilde restaurant “Harveys at the Mansions” of met mooiweersdae in die binnehof aangebied word, is ‘n gewilde instelling in Kaapstad en net die regte ontspanning voor Maandag afskop. Die uiteenlopende en uiters smaaklike spyskaart sluit alles in van tradisionele ontbyt, slaai en ‘n heerlike warm carvery tot verleidelike nageregte. Toekomstige jazz-ontbyt datums:
5 Maart – Soi Soi Gqeza en haar zazz-kwartet Winchester Mansions se alombekende jazz-ontbyt begin 11:00 en kos R125 per persoon, insluitende ‘n glas vonkelwyn met aankoms en ‘n Sondagkoerant per tafel.
Om jou tafel te bespreek, skakel Tel: (021) 434 2351 of stuur ‘n e-pos aan harveys@winchester.co.za.
Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |