KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Ingrid Jonker-herdenkingsaand: 18 Julie 2005

Persverklaring deur Granny Went Mad

Dis vanjaar presies 40 jaar gelede dat Ingrid Jonker in die see ingeloop het. Op die nag van die 18de Julie, by Drieankerbaai.

Die ironie is dat 18 Julie ook Nelson Mandela se verjaardag is. Die rigting waarin sy geloop het, was ook lynreg op pad na Robbeneiland. Mandela het ook in 1994 die parlement met haar gedig, “Die Kind”, geopen. Vreemde simboliek.

‘n Groep digters hou vanjaar ‘n spesiale geleentheid om hierdie briljante vrou te onthou. Verskeie skrywers het “Die Kind” in moderne konteks herskryf. Dit trek ‘n direkte lyn deur na die hedendaagse dinge wat, ná al die verandering, in ons land heers. Hierdie gedigte sal op Maandag 18 Julie by ‘n spesiale aand te Mesopotamia in Langstraat voorgelees word. Alle eendersdenkendes word uitgenooi om deel te wees van hierdie spesiale huldeblyk!

Hier volg die volledige besonderhede:

Datum: Maandag 18 Julie 2005

Tyd: 19h30 vir 20h00

Plek: Mesopotamia Kurdish Restaurant, hoek van Lang- en Churchstraat, Kaapstad.

Koste: R120 per persoon sluit die show, voorlesing van die gedigte en 'n driegang maal in.

Dress code: Fashionable, en bring 'n trui vir die tog na die see.

Verskeie digters gaan hulle eie weergawes van “Die Kind” voorlees. In moderne konteks. Chris Chameleon gaan ook ‘n eksklusiewe unplugged vertoning hou, met songs van sy nuwe album Ek herhaal jou, opgedra aan Ingrid.

'n TV-span sal ook daar wees, om materiaal vir buitelandse bemarking te doen.

‘n Volledige set menu van Mesopotamia, asook die show, is ingesluit by die koste van die kaartjie.

Van Chris se cd’s sal ook by die restaurant te koop wees.

Laat ons asb so gou moontlik weet, aangesien daar slegs 50 kaartjies beskikbaar is. Hier onder is die rekeningbesonderhede. Die deposito’s sal dien as bevestiging van die bespreking.

Skakel Krisjan by 072 611 0383, of e-pos krisjan@grannywentmad.com vir verdere navrae.

Bankbesonderhede: Dabbedoo Branding. ABSA Transmissierekening. Heerengracht. Takkode: 604005. Rekening: 9142190641. Sit jou naam en kontaknommer as verwysing. BAIE NB.

Na die tyd sal dié wat wil, langs die see by Drieankerbaai vergader. Net na middernag sal dit presies 40 jaar wees dat Ingrid op ‘n baie tragiese manier haar lewe daar beëindig het. Ons sal dit egter as ‘n positiewe baken in die verandering van ons landsgeskiedenis vaspen.

Die swart see. Die koue Suid-Ooster. ‘n Vrou met 'n boodskap.



LitNet: 11 Julie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.