|
|
huistoe: Ruik die KarooErns GrundlingResensie: huistoe, deur David Kramer As jy al ooit n goeie rede gesoek het om n cd-speler in jou kar te installeer, en ten spyte van die stygende petrolprys die Route 62 daar verby Montagu en Barrydale aan te durf, is David Kramer se huistoe die antwoord. Want hierdie is musiek vir die langpad. Maar nie slegs deur die landskap van die ongenaakbare Karoo nie, maar ook vir daai langpad deur die hart. Min dinge maak my so rasend van opgewondenheid soos die vooruitsig van n nuwe cd deur David Kramer. Terselfdertyd wonder mens half onrustig: waarmee gaan hy dié keer vorendag kom? En gaan dit nie dalk sleg afsteek teen n merkwaardige oeuvre wat reeds oor twee dekades strek nie? Gelukkig worry ek altyd verniet ... Mens kry altyd opnuut respek vir David Kramer. Hy het destyds in die vroeë tagtigs met songs soos Blokkies Joubert en Royal Hotel die publiek uit sy hand laat eet. Veral met die kenmerkende rooi velskoene, dikwiel bicycle en Volkswagen-advertensies ... Mindere geeste sou hierdie veilige omgewing uitgebuit het vir elke sent wat daar te maak is. Maar nie David Kramer nie. Reeds met Bakgat in 1981 (waarvan die meeste snitte deur die SAUK verbied was) het hy die publiek uitgedaag met satire en vlymskerp sosiale kommentaar. Of dit nou op die verhoog, met n musiekblyspel of waar ook al is, slaag hy altyd daarin om nuwe standaarde aan kunstenaarskap te stel. huistoe is n voortsetting van sy baanbrekerswerk met die musikante van Karoo Kitaar Blues. Hy het vir daardie reeks vertonings die land deurkruis en mense soos Koos Lof, Tokas Lodewyk en Siena Mouers in die hartjie van die Karoo gaan haal (as t ware ontdek) en hulle na die KKNK, Baxter en ander groot verhoë gebring. Die musiek self is ook in die uitbundige styl van sy vorige cd Karoo Kitaar Blues wat hy saam met die Karoo-musikante in die Baxter opgeneem het. Koos Lof (trekklavier), Dawid van Rooi (viool), Jan Willems (blikviool) en die Sonskynsusters (Ruth Marley, Elsbeth Davids, Heidi Grootman) het saam opgeneem, en tree ook op in die vertonings wat die album bekendstel. Stanton Meiring (klawerborde) en Piet de Beer (viool) was ook saam in die ateljee. Kramer het verder kragte saamgespan met sy gereelde staatmakers Gammie Lakay (kitaar), Howard Links (baskitaar) en Danny Petersen (dromme en perkussie). Die Karoo, die langpad en die lot van plaaswerkers lê vir Kramer na aan die hart. Veral omdat heelwat van ons Afrikaanse musiek se wortels by hulle te vinde is. In huistoe word hierdie plaaswerkers se lief en leed tot op die been ondersoek. En Kramer — ’n storieverteller van formaat — doen dit met die grootste deernis denkbaar. Dit word lewensgetrou uitgebeeld, in die dialek van die karakters wie hy vertolk. (Die lirieke se spelling in die CD-omslag stem ook ooreen met die dialek.) Maar moenie n fout maak nie: hierdie is geen swaarmoedige album nie. Dis oorwegend n jolige viering van die Karoo en die besonderse mense wat daar woon. Terselfdertyd kan almal daarmee identifiseer, want die songs gaan oor die basiese menslike versugtings wat in ons almal skuil ... Terloops: As jy huistoe voor jou oë wil sien gebeur, moet jy sekerlik n draai maak by David Kramer se vertonings van 7 tot 9 Julie in die Aula Teater in Pretoria (bespreek hier), of in die Callie Human by die Volksblad-kunstefees, Bloemfontein, op 15 en 16 Julie (bespreek hier). huistoe: die omslag David durf die grondpad aan, stoksielalleen. Met lang swart jas, hoed en kitaar onder die arm. (Geen rooi velskoene of blikkitaar hierdie keer nie.) Hy stap in die rigting van die horison, waar wolke onheilspellend saampak. Links loer n volstruis heel astrant, regs wieg n windpomp (in plaas van CLIMAX is DK vernuftig ingevoeg op die windpomp se stert). In die verte wag die berge hom in ... dalk dié berge waarvan David sing in die snit ek kô huistoe? die berge frommel om my Ek weet nie of dit doelbewus gedoen is nie, maar die omslag toon vir my verskeie ooreenkomste (én verskille) met n vorige Kramer-plaat in die 80s, Hanepootpad (1983). Besluit maar self ...
Lys van snitte op huistoe: weeskind Huis en die pad is in verskeie gedaantes aanwesig in elke snit. Tematies sluit dit aan by die geïsoleerde landskap van die Kamiesberge, die Koue Bokkeveld en Namakwaland. Dit maak van huistoe n uiters geslaagde konsepalbum2. Ek gaan die snitte nou kortliks uitlig: Die cd skop af met weeskind. Koos Lof se trekklavier maak die mooiste geluide denkbaar. Die ontnugtering en hulpeloosheid van weeskind wees word soos volg verwoord: almal het dan iets te sê en dit oor my Maar moenie dat die oënskynlike eenvoud van die lirieke jou flous nie. Kyk waar gaan haal Kramer vergissings oor die wel en wee van die waarheid in die laaste strofe:
n Pad is daar om geloop te word. In kairo is n wyse man aan die woord, wat al baie gesien en beleef het. daar loop n pad, verby my deur kairo bevat twee fassinerende staaltjies (waarvan die een skreeusnaaks is!), wat ek eerder nie hier wil weggee nie. Ten einde laas is daar n weemoedigheid by die verteller te bespeur: skink vir my n bier met n brannewyn daarby onnerwater is n lieflike beskrywing van die oeroue Karoo-landskap. Die opgewekte ritme is aansteeklik. Kramer sing oor die dae toe akkedisse nog visse was, die eerste inwoners (handjies teenie rotse / musiekmaak vir die maan) en die Westerse beskawing se verskyning (hulle kom mettie swart bybel / mettie brandewyn en bier). En die liefde wat alles oorwin: assie son ’aa oor ’ie pramberg kom dans mettie dood is my gunsteling, wat lirieke én melodie betref. n Weemoedige bekfluitjie en sagte kitaarbegeleiding ... dan volg die viool en David wat sing: n vyfrandstuk het ek weggesteek Tydens sy vertoning by die afgelope KKNK het David vertel dat hy dié song se inspirasie gekry het by Tokas Lodewyk, een van die legendariese Karoo-musikante. (Dit is terloops my beskeie mening dat geen mens ten volle geleef het as hy/sy nog nie vir Tokas n wafferse riel op die verhoog gesien kap het nie ...) Kramer se mees hartroerende songs is wanneer hy self pens en pootjies binne die karakters klim, soos in Botteltjie Blou en Dawid Ryk. dans mettie dood is n voortsetting hiervan. Die leë beloftes van politici word ook aan die kaak gestel: hiert n man gekom vannie gowwerment Dan is hierdie strofe sekerlik die mooiste stukkie melankolie waarop ek in n lang tyd afgekom het: ek trek n skuif en ek drink n bier Om van hierdie nie eens te praat nie: innie donkernag hoor ek die teerpad brom In die pad stel Kramer ons bekend aan die karakter Willem Hond. Willem kan n skaap skeer, en hy skrik vir geen koue pampoen nie. Hy stap in sy verweerde klere langs sy vrou op die langpad en is bereid om te betaal vir petrolgeld: ennie pad loop op Die bottom line is dit: dié kant daai kant, opdraand afdraand, ek moet gat waar die pad my vat ... (Probeer gerus by n lewende vertoning van Kramer uitkom waar hy die pad sing ... just do it.) katie is n op en wakker lovesong, vol interessante nabetragtings oor politici, die waarheid, soekers na die hemel, ens. almal bid vir vrede die donnerweer brom is donker, somber en gelaai met onheil. Beslis nie n snit vir sissies nie. Hierdie song sal by mens bly spook. Jy sal ná die luister hiervan twee maal dink voor jy jou man/vrou verneuk ... die kerkklok slaan Ek was aanvanklik nie juis beïndruk met dikwiel bicycle nie. Dit het vir my te kommersieel geklink, met te veel herhaling in die koortjie. Dis nie een van huistoe se hoogtepunte nie, maar dit groei vinnig op mens ... ek ry n bicycle met n dik dik wiel klipspringer is opgewek en vol verlange na die berge en die ooptes. Kyk hoe maak Kramer dié landskap lewendig in mens se geestesoog: tussen die katbos en die boegoebossiegeur bitterswaar handel oor ’n weeskind en sluit goed aan by die openingsnit. Veral die Sonskynsusters beïndruk met hul sang op hierdie snit. Die karakter hou voorraadopname van sy karige besittings, maar is nie gepla met die dag van môre nie:
Wat is die Karoo sonder n treinspoor? Of n stoomtrein? In stoomtrein verlang die karakter na sy beminde, terwyl hy langs n spoorlyn wag. Dit is n opgewekte en nostalgiese versugting (môre assie son skyn / vang ek aai stoomtrein / terug na jou). Die album sluit af en bereik volsirkel met die jolige ek kô huistoe. Eers word Montagu en Barrydale pragtig beskryf, gevolg deur die karakter in die song se ontnugtering met die “liggies innie stad”. Daar bly net een plek oor om na te gaan: huistoe. ek kô huistoe Angola Badprop het in sy Krit-resensie by die afgelope KKNK die volgende oor Kramer gesê: Pas hom op. Hys precious. David Kramer is in n klas van sy eie, en sy bydrae mag nooit onderskat word nie. Laastens, n wenk: Gaan koop die cd onmiddellik (sommer hier by kalahari.net). Luister dit deur van hoek tot kant, verkieslik met oorfone. Maak toe jou oë, ruik die Karoo ... En sien die stofwolke van n ondermaanse riel. Notas 1. Duik hierdie strofe nie op in n vorige teks van Kramer nie? Lank gelede, by die Grahamstad-fees, het n begeesterde (en aanvallige) skilder van Hermanus dit vir my agter op n voubiljet geskryf ... dit was vir jare teen my muur opgeplak. Kan iemand dalk help? Mail gerus. 2. Ek is nie seker of konsepalbum die regte woord is nie, maar dit het te doen met n deurlopende tema wat deur al die songs vloei. Dit verskil dus van kompilasies, best hits, of n aantal snitte wat onwillekeurig gekies word om n CD vol te maak. Ander voorbeelde van uitstekende konsepalbums is Valiant Swart se Deur die donker vallei en Amanda Strydom se Verspreide Donderbuie.
Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte. Have your say! To comment on this piece write to webvoet@litnet.co.za, and become a part of our interactive opinion page. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |