KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Hugo se nuwe CD: hartland

Persvrystelling

Na 3 jaar van Deur die straights is Hugo se nuwe album Hartland hier!
Hugo het reeds in die harte van die Afrikanervolk ingekruip en hierdie man met sy growwe stem het gehore vermaak regoor die land!

Wanneer ‘n mens na sy nuwe album luister kan jy die groei in sy stem en musiek duidelik hoor.  Dit is altyd ‘n groot bekommernis vir ‘n kunstenaar om nie hulle aanhangers teleur te stel met hulle opvolg albums nie en Hugo stel verseker nie teleur nie!

Hugo is meer as net ‘n sanger!  Hy is ook ‘n baie goeie kitaarspeler en ‘n regte mense-mens!  Sy sukses het nie na sy kop toe gegaan nie en hy is steeds dieselfde as wat hy 3 jaar gelede was.

Daar’s ‘n baie goeie verskeidenheid snitte op die album en hy bly getrou aan homself!  Sy klank is hoofsaaklik kitaargedrewe rock en soos met sy vorige album gaan dit weereens groot aanklank vind by sy aanhangers!

Die album bestaan uit 14 snitte waarvan 12 Afrikaans is.  Met die 13de snit verras Hugo ons met die Engelse hartbreek-liedjie, Sylvia’s Mother. En dan uit die bloute maak die 14de weggesteekte bonussnit, Fort Coepieba, sy verskyning!
Die liedjieskrywers op die album staan ook vir niemand terug nie!  Derick Scholtz, Gert Vlok Nel, Murgpyp, Riku Latti, Richard van der Westhuizen, MD Greyling, Koos Kombuis en selfs Anton Goosen is die groot geeste wat deel uitmaak van hierdie spog-album!

Andrew Roos, Vinnie Henrico, Johan Rautenbach, MD Greyling, Heidi Bouer, en Vincent van Rooyen was die musikante op Hartland.

Hugo het homself reeds bewys met sy vorige album en sy gewildheid gaan verseker nou toeneem!  Hy gaan sy regmatige plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf inneem en hy verdien niks minder nie!

Hou hom dop - hy gaan diep voetspore laat en sy naam gaan op almal se lippe wees!

Hugo stel sy Hartland album bekend op 21 Augustus 2006 by die Performer Teater in Pretoria!

Snitte op die album:
  1. Weer
  2. Hillside Lullaby
  3. Poppe op jou Pelmit
  4. Verspeelde Kanse
  5. Waar is Jy
  6. Beste Henry
  7. Selfde ou Strate
  8. Donker Wolk
  9. Twee Sagte Hande
10. Trane van Verandering
11. Springbokheld
12. Cowboy Kitaar
13. Sylvia's Mother
14. Fort Coepieba

Agent: Marius 083 420 6722.
Webtuiste: www.hugo-hugo.co.za
Platemaatskappy: Leo Musiek – Johan Scott 083 704 2037

Persverklaring uitgereik deur musiek24

LitNet: 15 Augustus 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.