KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Gito Baloi is dood op  ...

Johan Pienaar

Doodsberigte op die radio eindig omtrent altyd met bostaande opskrif. Dit onderstreep die finaliteit van wat gebeur het, maar daar is niks wat finaal voel aan Gito se dood nie. Veral nie die manier waarop hy die dood gevind het nie — hy is Saterdagaand in Johannesburg in sy kar doodgeskiet, blykbaar na hy van sy beursie beroof is. Daar is definitief niks finaal aan die leemte wat hy in mense se harte laat nie. Die manier van sy dood laat vir nou net vrae en verwarring wat my lank gaan bybly.

Gito Baloi

Hierdie is nie ’n huldeblyk nie. Dit sou oppervlakkig voel om sy lewe in terme van sy musikale bydrae te probeer opsom. Nie oppervlakkig omdat sy musikale bydrae liggewig was nie, maar oppervlakkig omdat Gito veel meer as net ’n musikant was. Sy lewe is nie deur sy musiek gedefinieer nie, maar deur sy musiek ingekleur.

Musikaal het hy sekerlik die meeste van sy roem verwerf as bekroonde baskitaarspeler van Tananas. In sy lewe het hy saam met mense soos Syd Kitchen, Greg Gregordiades en Steve Newman gespeel. Hy het twee jaar lank in die Bushrockband gespeel en was nog onlangs ’n gas op die Anton en Vrinne-vertonings. Van Gito vertel ’n hartseer Anton dat hy hom bekend gestel het aan die kultuurmusiek van Suid-Afrika en dat hy ’n groot invloed was op die rigting wat sy loopbaan die laaste dekade ingeneem het.

Piet Botha, wat Gito al meer as ’n dekade lank ken, beskryf hom as ’n spirituele mens. Almal met wie jy praat, praat oor Gito die mens. Anton beskryf hom as ’n man van vrede, ’n voorbeeld van wat ’n burger van die Nuwe Suid-Afrika moet wees. Dis ook hoe ek Gito onthou.

Ek het hom net ’n paar keer in my lewe gesien, en hy het ’n reuse-indruk op my gemaak. Gito was altyd die mens wat ek sou wou wees. Kalm, beredeneerd, met ’n aura van vrede om hom. As hy in ’n kamer ingeloop het, het hy vrede saam met hom die kamer ingebring.

Hy moes nie so gesterf het nie. Gito moes gesterf het met die musiek van die voorvaders in sy ore, iewers in sy bed. Tog sou hy nie wraak wou hê nie. Hy sou wou hê dat sy moordenaars die pad van ware vrede wou vind.

Dis die nalatenskap van Gito wat ek altyd sal onthou, hoe hy my altyd hoop vir die wêreld gegee het. Hoop omdat daar op die planeet nog mense soos hy was. Ek is kwaad vir die mense wat hom vermoor het, nie net omdat hulle ’n beursie by Gito geroof het nie, maar omdat hulle die wêreld een van sy profete van hoop ontneem het.

Ek is hartseer oor Gito nooit bekend gestel is aan ’n wyer wit gehoor nie en ek hoop dat sy dood dalk sin sal vind as rigtingwyser van die dringende kulturele verkenningstog wat nog vir ons almal — wit en swart — voorlê.

Vanaand as ek ’n bier drink, sal ek vir die voorvaders bier op die grond uitgooi soos die tradisie my lei. Die bier is vir jou, Bra Gito  ...



LitNet: 5 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

 

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.