KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



illusions of grandeur/hoop vs windmeulens/duiwels

Rolf Pretorius

die ander kant op earphones via my laptop het my sane gehou
toe ek ’n swart-suit management consultant was
wat fortis-bank se posroetes moes herplan
in roetgrys rotterdam
ons gaan uit hierdie stad ontsnap
genadelose strate gaan ons sagter los
niks wat hy gee kan ons meer fassineer
die stad is nie vir dromers nie
en al sy geheime is uitgelap

wat gebeur as idealisme breek en skeur
as wasvlerke smelt
by sy laaste show
het hy moeg gelyk
en ver gelyk
maar ook sterker en soberder en realisties
ek gooi my pêrels voor almal in die grag
maar my hart is nie meer op my mou nie
want die swyne het dit gister vertrap

tog,
gryp ek na kerse
as ek hoor
dis nog net jy
waarin ek glo
alleen net jy
dié gee my hoop
nog net jy
wat my laat droom
dis net jy
jy maak my hoog
dis net jy
dis soos dit hoort

ek verstaan nie hoekom mense nie luister na mekaar nie
ek verstaan nie hoekom enigiemand ooit honger moet wees nie
maar miskien is grootword stadig doodgaan
ek wou nog weet hoe mens rebellious en unarmoured bly
ten spyte van en te midde van
bewolktheid, banke, selfvergenoegde indifference en rampant
apatie

die lewe is nie regverdig nie, sê marike de klerk in ‘n
huisgenoot-interview
maar miskien is sommige mense nie bedoel
om ooit middeljarig en sensible te wees nie
want op 42 het injustice jou steeds boos gemaak

die dae word al langer en warmer in stellenbosch
môre sal jy weer beter voel, belowe ek myself
om op te hou glo is om op te hou lewe
in war-scarred rotterdam staan ’n standbeeld van ’n engel met
’n groot ronde gat in sy maag

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.