KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.




~ Vir R.R. van engemi — 12 November 2002 ~

Die hart se eensame jagter is dood

Engemi Ferreira

Hy sal nie meer sing nie
Nooit weer nuwe woorde soos bedekrale inryg
en dit aan my gee in ’n treurende kadans nie

Hy’s nou deel van die vyfuur-nuus, die laataand-nuus, alle nuus van die dag,
Vir sewe dae en sewe nagte sal dit só wees
En almal sal hom intiem geken het, veel oor hom te vertel hê
Want hy, wat skugter en sku en in homself geslote was,
is nie meer hier om te ontken of te beaam nie
- daarna sal hulle vergeet

Die eensame hart se jagter is dood
vanoggend, waarskynlik in dieselfde oomblik toe ek in my tuin die blinde mol se lyk ontdek het
en in verwondering staan en kyk het hoe die maaiers hulle besigheid bedryf
in ’n immergroeiende wond reg onder die mol se kaak; sy lippe weggeskuif oor die skerp tandjies
afgeëts in ’n wit en swart negatief wat my nooit weer sal verlaat nie:
ek het die grynslag herken wat dood op die mol besoek het
en gewonder wát hom só laat sterf het

Waarskynlik in dieselfde oomblik het jy besluit
om hierdie keer finaal te sorg dat daar geen kans sal wees vir terugkeer nie;
nie meer getraak het oor die merke wat die snye teen jou arms gaan laat nie,
nie meer bekommer het oor die slagaarbloed wat alles ... oor alles ...
ag here ...
Maar net om seker te maak dat jy nooit weer dié wanhoop moet doog nie
nooit weer die leë, altyd die leë hart hoef te verduur nie
het jy, nes hy tien jaar gelede, die duisternis ingewurg in jou mooi, droef gesig
en die hart was daarmee stil

Stil nou
In ’n donkerte
Waar geen siele luister,
En die alleenheid wat jy nóú moet face dubbel dié is wat jy geken het,
toe jy nog die eensame jagter na die hart se vrede was.

Ons was nie rêrig vriende hierdie keer nie, net reisigers in her-kenning
wat diep en sonder small talk, soms, die brug in een-saam-heid gespan het.
Ek onthou ’n After Dark-gesprek:
Musiek maak lewe vir my moontlik, het jy gesê ...
En al is ek kwaad en verslae omdat jy die nag oopgebreek het en ek van nou af in al jou songs sal ween
— selfs in somer en in sit dit af — weet ek my verslaentheid en woede is ontoereikend
vir die woede en wanhoop en angs en verslaentheid wat jou gedryf het tot die doof van alle musiek
Vir oulaas voer ek nou met jou dié naggesprek en brand vir jou ’n kers
En ék sing vir jóú ’n kaddish:
Guten Abend, gut Nacht,
Von Englein bewacht …


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.