KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Tuisgemaak in Pittsburgh

Johann Kotze

Johann Kotze het per e-pos met Clarabelle van Niekerk in Amerika gesels oor haar onlangse CD-vrystelling, Bollo Mah Kissy. Johann resenseer ook gereeld CD’s vir die tydskrif Insig. Lees meer oor Bollo Mah Kissy in die November uitgawe van die tydskrif. Johann is die eienaar van die Stellenbosch platemaatskappy Afrimusik. Sy webwerf-adres is www.afrimusik.com

JK: Waar is die album opgeneem — in ’n huisstudio, professioneel, by vriende, daar waar jy bly in die Noordweste van Amerika?

    CvN: In ’n studio naby Pittsburgh. Ek woon nou al vir 16 jaar in Amerika. Bly in Meadville, ’n klein dorpie in Pennsylvania tussen die Amish. Ry verby die kapkarretjies wat so klop-klop dorp toe ry en die Amish vroue met hulle groot blou kappies.

JK: Die album het ’n heerlike homemade gevoel.

    CvN: Ek wou probeer om die live energie van ’n vertoning te behou, so die liedjies is almal lewend opgeneem. Die meeste van die harmonieë was daar kant en klaar opgeneem. Party van die liedjies het ons sommer met die tweede slag al neergelê.

JK: Is Bollo ’n opnameprojek, of toer julle ook as ’n groep, speel julle baie gigs, tuis of elders?

    CvN: Ons toer oral — speel baie gigs — probeer om die “bars” te vermy — dit raak te hard en mal vir my — ons verkies om by tuinpartye of by universiteite op te tree.

JK: Jy het self die omslagtekening van die CD gemaak. Verf jy nog baie? Is jy meer van ’n kunstenaar of musikant?

    CvN: Vir my hou die twee kunsvorme hande vas — ek moet elke dag ’n bietjie van elkeen doen.

JK: Sou jy ’n ewe goeie bestaan kon maak as musikant? Sou jy eerder musiek maak?

    CvN: Daar is so baie venues en feeste in Amerika waar musikante kan optree, sodat musikante maklik ’n bestaan kan maak in musiek. Die ding wat tyd neem, is om uit te vind presies waar jou groep inpas; worldbeat werk byvoorbeeld baie beter in stede as in die klein dorpies.

JK: Is musiek en die dig van die liriek vir jou eerder ’n stokperdjie, of is dit deel van wie jy is?

    CvN: Ek sou graag ’n CD in Afrikaans wou doen met my absolute favourite lirieke en liedjies, maar dit is nie altyd finansieel moontlik nie — die liedjies op die album is lig en vrolik want ons is hoofsaaklik ’n “dansgroep” hier in Amerika. Ek is besig om die aanslag van die groep te verander. Ek fokus nou meer op harmonieë, en die band se rol raak minder instrumenteel — nou meer om die sangers te begelei.

JK: Waarom die Engelse liriek ook — nou nie ’n Afrikaans issue nie! — is dit sodat jy iets het wat die Amerikaners maklik kan verstaan?

    CvN: Nou en dan wil hulle iets in Engels hoor. Die lirieke is repetitive en maklik om mee saam te sing. Hulle geniet die sing-along terwyl die boude so swaai! Die album was skisofrenies want die helfte was vir Afrika en die helfte vir hier. Ek vind dit moeilik om die wêrelde bymekaar te bring.

JK: Dink jy aan Afrika wanneer jy verf?

    CvN: Altyd. Die klippe, die oseaan wat NET in Afrika so kan skuim spat. Om ’n storm te ervaar in Afrika is soos nêrens anders nie — dis asof die hemel persoonlik met jou kommunikeer. Hier val die reën net. Niemand praat nie.

JK: Dink jy in Afrikaans?

    CvN: Ja, en as ek opgewonde raak, dink en praat ek sommer in altwee tale tegelyk!

JK: Jou vorige album, Roep van die Engele, het reeds in 1993 verskyn. Gaan die volgende CD eers in 2010 verskyn?

    CvN: Ek hoop met al my gekruisde tone dat dit vroeër sal gebeur.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.