KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Aweregse klanke op die Woordfees

Wie nog nooit die musiek van Kobus! gehoor het nie, weet nie hoe jong Afrikaners deesdae plesierig kan raak nie, en nog minder oor waarheen die nuwe generasie op pad is.

Kobus! met Francois Blom en Theo Crous kry dit reg om komposisies te skryf wat soet en donker, vreugdevol en donker is. Oor hulle eie musiek sê hulle: “Ons klap ons hande en dan sny ons ons polse. Ons jubel en dan huil ons.” Kobus! tree Dinsdag 4 Maart op in die nuwe uithangplek in Stellenbosch, die Mystic Boer (Victoriastraat 3).

Maar dit is nie net Kobus! wat voor in die koor sing of skreeu nie. Daar is ’n hele paar bands wat ’n nuwe betekenis aan Afrikaans gee. Die Brixton Moord en Roof Orkes se musiek handel oor alledaagse onderwerpe soos drank, dwelms, padwoede en oorlog, en hulle “het selfs ’n love song”. Die band-lede wat dié aweregse musiek maak se name is net so vreemd soos die titel. Brixton (Dirkus) Barnard speel die baskitaar, Moord (Ockert) Greeff is op tromme, Roof (Andries) Bezuidenhout is die hoofsanger en Kapelaan Pat Plank speel kitaar. Beleef hierdie band op Saterdag 8 Maart in die Mystic Boer.

Presies twee jaar nadat die gewilde reeks Geblikte Afrikaans op die Woordfees bekend gestel is, maak disselblom weer hulle verskyning op dié fees. Hierdie Bloemfonteinse band, wat bestaan uit die drie lede Johrné, Jaco en Lienka, weet hoe om lirieke te skryf. Op Vrydagaand 7 Maart is ddisselblom te sien in Dorpstraat-teater en word hulle splinternuwe CD ook bekendgestel. Hulle optrede word geborg deur Distell.

Dit is onvermydelik dat Vlam se naam opduik as ’n mens dink aan die nuwe klanke in Afrikaans. Emile Minnie en Johan Slabbert wys op Maandag 3 Maart hoe die huidige ontploffing in Afrikaans klink en wat “Afrikaanse elektropop” nou eintlik beteken. Dié program word ook deur Distell geborg. Vlam tree ook op in die skrywersprogram Soete Groete wat in Bergkelder aangebied word op Donderdag 6 Maart. In dié program ontmoet Afrikaanse skrywers Daniel Hugo, Marzanne le Roux van der Boon en Marius Titus hulle Vlaamse en Nederlandse skryfgenote Tom Lanoye, Jef Versmissen en Serge van Duijnhoven.

Dan is daar nog ’n hele Saterdag van bands gratis aangebied deur Absa. Die musiekfees sluit bands in soos DNA Strings, Em, Shanga en Nederlandse en Vlaamse performers soos Jef Versmissen en Serge van Duijnhoven.

Die Woordfees word van 3-9 Maart aangebied en op die spyskaart is skrywersprogramme en drama- en musiekproduksies wat aan almal se verwagtinge voldoen. Skakel die Woordfeeskantoor by (021) 8082901, of stuur ’n e-pos na: fees@sun.ac.za. Besoek gerus ook die webblad: www.sun.ac.za/woordfees. Besprekings open op 3 Februarie en moet by die Woordfeeskantoor gedoen word.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.