KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Afrikaanse dansmusiek - die rumours

Jakobus Stephanus Botha

(oftwel Kobie)

Hos hos. Hier tik ek al weer, daai sestig watts is darem oraait. Hehehe.

KobieOns is terug bymekaar vir nog 'n episode van skandaal en kontroversie. Noudat die introductions verby is, kan ons begin fokus op die regte issues ter sprake. Uit mense se terugvoer ná die intro het ek afgelei dat daar 'n dubbelsinnigheid ter sprake hier is. Dit is die vraag van wat bedoel word met Afrikaanse dansmusiek.

Ons het klaar dansmusiek gedefinieer - ek dink ons is almal op dieselfde vlak met daai ene (lees die Intro vir daai definisie as jy nog nie so gemaak het nie, of as jy korttermyngeheue-probleme het ... ;-). As ons nou die woord Afrikaanse vooraan byvoeg, verdubbel die kompleksiteit van die begrip en het ons nie nou net een betekenis nie, maar fokken twee van hulle! Kan jy glo. Kom ons beskou hulle:

Betekenis 1: Dansmusiek gemaak deur Afrikaanses
Weens die universele eienskap van elektroniese musiek is daar baie tjoons wat glad nie taalgebonde is nie; dis net bleeps en synths en bass ens. Daar is heelwat voorbeelde van "producers" in Kaapstad wat wel Afrikaans is, maar wat hierdie tipe universele musiek maak. My opinie oor hierdie "producers"?

Wel, aan die een kant voel ek: "Hulle musiek is goed; wat maak dit fokken saak waarvandaan hulle kom?", en aan my donker kant voel ek: "Kak man, hierdie ouens is Afrikaans! Hoekom is hulle altyd in Engelse kringe, praat Engels met die meeste mense en het Engelse kunsname? Waar is die kultuur in hulle musiek?"

So watter een is dit vir jou?

Hei, ek's self bleddiewel skuldig aan Engels praat soos 'n Engelsman en my Afrikaans heavy te mix. Dit is as gevolg van 'n HOOP omstandighede en sal sommer 'n artikel op sy eie wees: "Afrikaanse dansmusiek: die facade".

Maar nou ja, kom ons bly op punt hier, en check die tweede betekenis uit!

Betekenis 2: Suiwer Afrikaanse dansmusiek
In hierdie groep val al daai lekker nommers wat net Afrikaanses as Afrikaans sal herken, wat die woorde sal verstaan, wat kan relate met die liedjie. Hierdie liedjies is my brood en water en ek hou 'n konstante oog oop vir hierdie tipe shit. Ek het hoeka al nuwe stukkies goud gekry by die CY Cowboys (aka Q en MC Kakpraat) en hulle't gesê dis cool as ek die number met julle deel!

Gryp hom hier!

Rowwe ondergrondse Afrikaanse original Drum&Bass!

Luister daai een en sê nou vir my Afrikaans is dood ... I DARE YOU! Sjoe ...

As jy daai number laaik dan kan jy hierdies ook uitcheck :

  • die O Ryperd Remixes
  • daai Sokkie Treffers 27-cd
  • die CY Cowboys
  • Battery Nege.

Soos iemand op SêNet geSêHet, dit is net 'n beat, en as jy dit smaak en dit maak jou lus om te dans, wat maak dit saak wat die liriek sê? Vergelyk bietjie met Franse Hip Hop, wat jy nou sommer op Radio Vyf hoor, Brazilian Drum&Bass ... soos DJ Patife se "Sambassim" wat die charts in Engeland geklim het, en sekere Rammstein-liedjies met 'n techno-beat. Daar het ons Frans, Spaans en Duits ... en die hele wêreld laaik dit! Ek bedoel, COME ON!?! Waar lê die probleem nou eintlik?

Lê dit dalk in die feit dat daar net vyf miljoen Afrikaners is op 'n aardbol van 6,4 miljard?

Is dit omdat die kinders te veel TV kyk?

Het dit dalk iets te doen met die manier hoe sekere flou mense dink dis "cool" om Engels te wees?

Het dit te doen met die "Lost Afrikaaners van Arkadia"?

Nou ja ... maak 'n twakkie, drink 'n drankie, stuur in jou kommentaar, dan gesels ons weer volgende week hierdie tyd.

Tot dan

Kobie

Ns: Shout outs aan Uno vir sy lekker post op SêNet! Laat hom ruk!



LitNet: 20 September 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.