KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Afrikaanse Dansmusiek, die Intro

Jakobus Stephanus Botha

oftewel Kobie

Dagsê aan al julle Litn-eters!! Dis my eerste keer hier by julle, so ek voel effens skaam ... so verskoon my maar as my eerste skrif bietjie droog is, ek moet eers myself voorstel en al daai kak. Ek sal try om dit kort te maak.

Jakobus Stephanus BothaBasically ek is 'n Gautenger, gebore Pretoria in 1980, wat al ses jaar in die Kaap bly. Stellenbosch kan 'n mens nou maar vasgryp op 'n ander vlak. Deur my hele lewe was ek mal oor musiek, en ek glo dit raak aan die siel soos geen porno mags ooit sal nie. My musiek collection het begin toe ek my eerste Salt 'n Peppa-seedee gekry het op die ouderdom van tien. Ek was hooked. So ja - my eerste love was Rap Music. Ek het op laerskool deur 'n heavy Beasty Boys phase gegaan, en daar was ook nogals 'n wille Death Metal phase op hoërskool. Op die oomblik is ek 'n Drum & Bass DJ, oftewel platejoggie, wat so nou en dan in Kaapstad 'n paar plate speel by verskeie nagklubs.

OK, genoeg van my - hoe gaan ek julle entertain? (Dit is tog die hoofvraag in vandag se egosentriese samelewing.) Wel, as enige van die woorde House Music, Summer of Love, Techno, Electro, Andy C, Future Sound of London, Carl Cox, Frankie Knuckles, Dieselboy, Ninja Tunes, Dj Food, Dj Shadow, Kid Koala, Jungle Music, Drum&Bass, BPM, Rave Culture, Ecstacy, Roni Size, Fatboy Slim, The Prodigy ... of Breakbeat ... enigiets vir jou beteken, en jy is Afrikaans, dan wil jy hoor wat ek het om te sê.

Nou as jy mooi lees, sal jy al klaar een van my hooftemas raaksien, en dit is die vraag: "Waar die fok is al die Afrikaanse Dansmusiek??"

Kom ons definieer gou dansmusiek:

Dansmusiek, n: elektroniese musiek geskep, gespeel, of albei, spesifiek vir sosiale dansery.

Dis nogals 'n wye definisie en sluit onder andere in Disco, House, Trance, Breakbeat, Techno, Jungle en Drum & Bass.

Noudat die teorie verby is, vra ek julle: Waar die fok is al die Afrikaanse Dansmusiek?

Ek het my eie idees hieroor, en ek het al bietjie van hierdie legendariese musiek ontdek, kan jy glo!? So dink 'n bietjie daaroor ... en ek deel volgende week hierdie tyd met julle my eie opinies oor die saak.

Lekker man, kom ons stry bietjie ... waar's daai Klippies nou heen??

Tot later

Kobie



LitNet: 10 September 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.