KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Iets wat almal aan die hare sal gryp

Ingrid Bremer[*]


Woorde op ’n wynboks, Abel Kraamsaal (Afrimusic)
Vervaardiger: Gian Groen, Abel Kraamsaal, Alex Power.

Ek het vroeg in my lewe al besef ’n mens kry twee tipes Afrikaanse musiek: Dié met met lirieke wat oorwaai (lees Kurt Darren) en dié met woorde wat bly.

Abel Kraamsaal is ’n poet. Die Koos Kombuis-invloed is duidelik hoorbaar, maar pla nie. Op sy eerste CD, Woorde op ’n wynboks, ryg hy sy woorde so in dat dit jou binneste kielie - jy kan nie help om te smile nie. Met frases soos “… gee my liefde soos ’n nuwe vel, gee my die hemel anderkant die hel …” kan hy tot die sadste Bellville-huisvrou inspireer om te lééf.

Hierdie CD drup van lewe, van ervaring, van drome … maar hou ons tog ook vaskop met die realiteit, soos in “Saad van ’n psigopaat”. Ons almal ken daai mal-haas-oomblikke waarvan Kraamsaal sing in “Kaalgat in die reën” en kan assosieer met “Los my net alleen”.

Die musiek speel met die woorde soos twee lovers wat mekaar se lywe ken (en geniet). Vir die kitaarspel is daar net een woord: befok. (Sorry, Ma.) Kraamsaal sing sy rock- en stadiger nommer met ewe veel passie.

Ek beny diegene wat al by ’n live show was! Hierdie kunstenaar klink na iemand wat die betekenis van die woord bosvry ken, wat al wyn gedrink het tot hy kots en wat die liefde-pyn verstaan.

Op aanvraag van my lewer moes ek self vandag ook ’n paar Cruciales drink. (Hoop dit werk.) Vir my wynhoofpyn was daar egter net een troos - snit nommer sewe, “Storm”:

… want jy bly storm
en jy bly kwaad
jy bly liefde
so tussendeur die haat
maar jy bly verlossing in die oggend as ek na jou vra …

Ek besef vandag opnuut weer watter tipe Afrikaanse musiek ek wil hoor: dié wat sy woorde op jou hart tattoeëer.

Woorde op ’n wynboks se agt snitte het iets wat almal aan die hare sal gryp en laat dink, boonop in Afrikaans - en ek bedóél almal: al die byderwetse ou ballies, studente (ook dié wat voor in die klas sit), die jong rockers, ou lovers, die snobs, die critics, en veral dié wat al wyn gedrink het tot hulle kots.

[*] Ingrid Bremer is ’n vyfdejaar mediese student aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy het ’n passie vir woman’s health en ’n obsessie met Paulo Coelho. Sy glo in die voordelige effekte van wyn in matigheid.

27 Januarie 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.