KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Abakaya

Jean Jordaan en Johann Kotze

Vryheidsdag-konsert met Abaqondisi Brothers in Kayamandi, Stellenbosch

Donderdagaand, die begin van die laaste langnaweek van April, die son aan die sak. Die CD-winkel is nog oop en die Bookshop langsaan ook, met ’n klein samedromming op die sypaadjie verstrooi. Groepies mense was besig om deur die rakke te kyk en te gesels, gretig afwagtend vir die vervoer na ’n ander węreld. Ons het kaartjies gekoop vir ’n konsert deur die Abaqondisi Brothers, die Broers van Begrip, al was ons nie presies seker waar die konsert sou plaasvind nie — iewers in Kayamandi, net buite die dorp, en die meeste van ons sou die roete soontoe seker nie geken het nie.

Die verwagte minibustaxi’s daag presies op tyd op en sluk die lot van ons in. Niemand merk Birdstraat eintlik op nie — dis te bekend om raak te sien — maar almal begin nuuskierig uitkyk toe ons Kayamandi binnery. Hier moet die taxi’s rem tot stapspoed op die pasop vir al die straatwandelaars. Oral is daar voordeure wat oopstaan om die blikke van ons “toeriste” binne te laat.

Ons word afgelaai reg buite die Kayamandi-gemeenskapsaal. ’n Jazz-trio was reeds besig om die sementmure warm te speel. Dit was Johan Smit (van Spinnekop) met ’n interessante ’60’s-rock kitaarklank en René Belcher op haar saksofoon, saam met hulle dromspeler Jaqcues Schutte. Hulle was lekker aan die kook, nogal met (as jy mooi luister) liedjies soos “Bobbejaan klim die berg”, omvorm tot rokerige “lounge jazz” wat spelerig knik vir die Afrikaanse volksdeuntjie.

Die kleinerige saal is helder verlig met daardie aaklige neonbuise. Die wit boonste helfte van die mure wat nie “regeringsgrys” geverf is nie, is effe bekrap met die name van die DJ’s wat al daar opgetree het.

Nadat almal hulle lekker tuisgemaak op die houtbanke (die meeste met ’n paar planke kort) en ewe ordentlik hulle sigaretjies buite gerook het (selfs al is die gebou baie goed geventileerd aangesien die meeste van die ruite gebreek is), word die Brothers voorgestel. Elvis, hulle leier, neem die bekendstellery oor, en vertel begeesterd hoe goed dit is dat ons whiteys by die heuwel opgesleep is, selfs al het dit geverg dat iemand kaartjies aan ons moes verkoop om ons gatte in die bussies gestop te kon kry.

Eintlik was dit nie wat hy regtig gesę het nie, hy was veels te gaaf daarvoor. Maar dit was mens se gedagte terwyl jy daar gesit het en gewonder het hoe die aand nou eintlik sal uitdraai, en hoe vreemd dit is om hier te wees in hierdie “ander węreld” skaars vyf kilometer van ons eie huise af.

In elk geval, hy vra ons toe om op te staan, en die twaalftal in voorspelbare Madiba-tipe hemde agter die mikrofone open met die volkslied in Xhosa, Afrikaans en Engels. Almal word stil, betower deur die rykheid van hulle stemme, en dit voel of hulle skaars begin het toe die pap en wors opdaag vir die halftyd-breek.

In die kronkelende tou verby die groot potte het dit gevoel soos ’n tipe sopkombuis, seker net veel vroliker. Na ’n twintig minute of so weet meer van ons ook waarom hierdie mense poetoepap eet — benewens dat dit vreklekker is saam met die chakalak-sousie, laat dit mens se maag sommer bult met genoegdoening.

Gou-gou en almal sit weer vir nog. Die saal raak al hoe voller.

Die mamas wat die kos gemaak het, kom sit en luister. Tieners en swerwers genooi van die strate buite leun teen die mure en sit die agterbanke vol, staan in die gangetjie. Met die intrapslag is dit duidelik dat die erns waarmee die sangers die eerste helfte aangepak het, gebreek was. Soos met ’n goeie rugbywedstryd of stram geselskap neem dit soms ’n tydjie voor dinge daardie regte loskom oorkom.

En wanneer hierdie klomp sangers en vriende loskom kom daar dinge bymekaar wat selde gesien of gehoor word. Skielik word die mbube-jive (a capella met Afrika-harmonieë) afgerat na iets in Engels wat amper soos Amazing Grace klink. ’n Asembenemende oomblik wat ander voetjeuk-oomblikke met minute van rugrillngs afwissel. Gospel wat selfs heidene vir ’n wyle kan laat glo, wat ten minste vir die res van die konsert węrelde kon skep wat węrelde oorbrug.

Die Brothers sing met ’n genot wat hulle nie toelaat om op een plek te bly staan nie. Hulle stamp met die voete en dans, en skop hoog bo hulle koppe, en staan terug op die verhoog om mense uit die gehoor te nooi om saam te dans. Die gehoor klap spontaan die ritme uit. Hierdie tipe ding werk eenvoudig nie in meer formele en gekunstelde situasies nie. Die sangers reik uit met soveel warmte en spontaneďteit, daar is nie eens sprake van pretensie of ongemaklikheid nie. Niemand is skaam nie, en almal het hulle beurte afgewag — wit en swart, jonk en oud — en met luidkeelse geklap aangemoedig.

Hulle het gewys waar die skatte wat Paul Simon op Graceland verkoop het, se ware wortles begrawe is. Dit was natuurlik sy album wat so baie bygedra het om die deure oop te maak het vir groepe soos Ladysmith Black Mambazo, en die Abaqondisi Brothers om Suid-Afrika later hierdie maand in Londen te gaan verteenwoordig. Ek kan nie dink aan ’n beter klomp ambassadeurs nie. Beste van alles is natuurlik ook dat hierdie laaste periode van internasionale erkenning van ons kultuurskat op eie bodem ons ook help om ons eie profete plaaslik te erken.

Sou meer van ons ons doelstellings ewe begeesterd aangepak het, soos die Abaqondisi Brothers, sou Suid-Afrika sommer gou-gou die węreld op horings gehad het.

Lees meer oor Abaqondisi op www.afrimusik.com, die webwerf beskryf deur Johann Kotze, inisieerder van die konsert.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.