![]() |
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
|
![]() |
![]() Wenners van Via Afrika en M-Net se literêre pryse bekendPersverklaringDie wenners van Via Afrika en M-Net se literêre pryse vir werke wat in 2004 gepubliseer is, is gisteraand (Dinsdag, 14 Junie) by ’n glansgeleentheid in Kaapstad bekend gemaak. Prysgeld ter waarde van R300 000 is tydens die geleentheid aan die wenners oorhandig. Bobaasstorieverteller Gcina Mhlope en liedjieskrywer en vermaaklikheidster Nataniël was die seremoniemeesters.
Die totale waarde van Via Afrika se ses pryse, waarvan een, die Jan Rabie-prys, in oorleg met die Sondagkoerant Rapport aangebied word, is R140 000. Die totale waarde van die M-Net-Literêre Pryse is R160 000. Via Afrika: Vyf van die pryse word toegeken aan werke wat in die vorige kalenderjaar by uitgewerye in die Via Afrika-groep verskyn het, terwyl werke van enige uitgewer vir die sesde, die Jan Rabie-prys vir vernuwende Afrikaanse prosa, in aanmerking kom. Die pryse vereer almal leidende figure in die vestiging van ’n Suid-Afrikaanse boekkultuur en -bedryf. Klik op die wenboeke se omslae om te bestel by kalahari.net!
Die WA Hofmeyr-prys word reeds sedert die vyftigerjare toegeken. Onder vorige wenners tel NP van Wyk Louw en DJ Opperman.
Via Afrika se uitvoerende hoof, dr Musa Shezi, het by die dinee hulde gebring aan al die skrywers wie se werke die kortlyste vir die verskillende pryse gehaal het. “Deur die vennootskap van Via Afrika en M-Net wil ons steun bied aan al die skrywers van ons land en so help om ’n Suid-Afrikaanse letterkunde op te bou wat as ’n ryke kultuurerfenis vir ons nageslagte kan dien. Die gehalte van die werk wat vir vanjaar se kortlyste gekeur is, was uitsonderlik hoog en dit was vir die beoordelaarspanne geen maklike taak om die finale keuse te maak nie.”
Die drie beoordelaars, onder voorsitterskap van dr Wilmot James, erehoogleraar in menslike genetika aan die Universiteit van Kaapstad, het besluit om nie n prys toe te ken in die nuut geskepte studentekategorie nie, maar om die prysgeld van R5 000 aan die naaswenner in die hoofkategorie, Bettie Kemp van RSG, te laat toekom. James het Loots se inskrywing as “vars, toeganklik, pretensieloos en passievol” beskryf.. Hy noem haar een van Suid-Afrika se min essayiste en prys haar werk wat deur Rapport gepubliseer word vir die “intellektuele gesag, belesenheid en insigte wat daaruit spreek." Kemp is as naaswenner aangewys weens haar vermoë om die unieke wyse waarop skrywers die wêreld sien en verstaan, in almal se sitkamers te herskep. “Sy slaag daarin om skrywers uit hul sogenaamde ivoortorings te haal en na n breë en uiteenlopende gehoor te neem.” Terwyl hy Rapport, RSG, die Sunday Times en Sunday Independent daarvoor geluk gewens het dat hulle boekjoernaliste voldoende redaksionele ruimte bied om boeke en skrywers in diepte te bespreek, het James gesê die boekbedryf en die media moet meer daarin belê om n leeskultuur en waardering vir boeke by alle sektore van die Suid-Afrikaanse gemeenskap te bevorder. Hy en sy medebeoordelaars, die skryfster Diane Awerbuck en CapeTalk-aanbieder John Maytham, was teleurgesteld dat so min inskrywings van swart joernaliste ontvang is. Hulle het ook bevind dat die kaliber van Afrikaanse inskrywings hoër was as dié wat deur Engelstalige joernaliste voorgelê is en het gevra om groter oorspronklikheid van menings en denke. M-Net: Die M-Net-Literêre Pryse, n uitbreiding van die ou M-Net-Boekprys, gee erkenning aan werke van plaaslike skrywers in dié land se inheemse tale. Die prys is 14 jaar gelede die eerste keer toegeken. M-Net en Via Afrika se uitvoerende hoofde, mnr Glen Marques en dr Musa Shezi, het by die dinee net die hoogste lof gehad vir die land se skrywers. Die pryse het n rekordgetal van 164 inskrywings gelok. Daar was 67 inskrywings in die Nguni-kategorie, wat isiZulu, isiXhosa, isiNdebele en siSwati insluit, en 28 in die Sotho-kategorie, wat SeSotho, SeSotho saLeboa en Setswana omvat. Die Tshivenda- en Xitsonga-kategorieë het elk 21 inskrywings gelok en die Afrikaans-kategorie 48. Die paneel van beoordelaars onder leiding van prof Cynthia Marivate, uitvoerende hoof van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, en mnr Mothobi Mutloatse, skrywer en onafhanklike uitgewer, het na lang beraadslaging die wenners in die onderskeie kategorieë aangekondig. Die wenners is: Langformaat: SeSotho: Mpheng Toka deur NA Mphanya Kortformaat: SeSotho: geen wenner Poësie: SeSotho: Binang Mmoho deur Maphalla, Monyooe en Ngcancga Lewenstoekenning: Prof Mazisi Kunene Dat die jongste pryskompetisie veel meer inskrywings as vorige jare ontvang het, word toegeskryf aan M-Net se oproep-vir-inskrywings-veldtog in al die provinsies en die besluit om die omvang van die kompetisie aansienlik uit te brei deur voorsiening te maak vir romans, biografieë, dramatekste, kinderboeke, kortverhale en digkuns. Elk van die pryse dek drie kategorieë – een vir werke van lang formaat met n prysgeld van R20 000; een vir werke van kort formaat, met n prysgeld van R5 000; en een vir poësie, ook R5 000. n Spesiale toekenning van R10 000 is gemaak aan n persoon wat besonderse bydrae gelewer het tot die bevordering van die Suid-Afrikaanse letterkunde. Die doel daarmee is om jong skrywers aan te moedig en te motiveer. “Ek is baie opgewonde oor die getal inskrywings wat ons vanjaar ontvang het – n toename van 24 tot 164 is merkwaardig. Dit plaas ook die kollig op ons diverse kreatiwiteit oor die taalgroepe heen. Ons beskik oor n ryk en kreatiewe skryfkultuur, en M-Net se steun daarvoor kan dit net laat groei en voortleef,” het prof Marivate gesê. “Hoewel die standaard van skryfwerk verhoog het met n gepaardgaande uitbreiding van style en temas, kan hierdie nuwe skrywers nog nie kers vashou by die klassieke skrywers nie. Vanjaar was daar ook vier jong, energieke vroue wat met die louere weggeloop het, en bewys dat wie ook al n storie het om te vertel, kan skryf," het sy gesê. Mev Hettie Scholtz, uitgewer en hoofbestuurder van HAUM Literêr, het aan die hoof gestaan van die keuring van Afrikaanse inskrywings. “Afrikaans lok altyd ‘n beduidende getal inskrywings in al die genres en vanjaar was geen uitsondering nie,” het sy gesê. Inskrywings vir die M-Net Literêre Pryse word beoordeel op grond van literêre verdienste, n sterk verhaalinhoud en die toeganklikheid daarvan vir die breë Suid-Afrikaanse publiek. "M-Net het vanjaar hoër standaarde gestel as in die verlede sodat skrywers deurlopend hul skryfwerk moet verbeter," het Glen Marques gesê. "Dit stel hulle in staat om die voortou te neem in hierdie mededingende omgewing en om hulself voortdurend te verbeter. Ons het vanjaar ook daarvoor voorsiening gemaak dat skrywers nie in n enkele skryfvorm uitdrukking aan hul talente gee nie. Vandaar die besluit om alle skrywers te nooi om deel te neem. En ons het weer eens besluit om erkenning te gee aan een persoon vir sy of haar belangrike bydrae oor die jare. “Ter erkenning van die sleutelrol van die letterkunde in die ontwikkeling van n leeskultuur beloon M-Net graag gepubliseerde roman- en ander skrywers vir hul bydrae en is ons trots op ons verbintenis met die kompetisie,” het hy gesê.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |