Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Verkleinde beraad en skaapbraai

Boekevriende

Die reaksie om die beraad en slypskool by te woon was tot dusver bedroewend, bes moontlik omdat ons oor die naweek met die fees moes “kompeteer”. Ons weet boonop nog van geen Kaapse skrywer wat in sig sal wees nie; daar is dus geen sprake van ’n verteenwoordigende beraad nie. Boonop het sommige mense probleme om die Sondag ook nog na Aardklop in te pas. Die komitee stel dus voor:

  • Die beraad sal Saterdagmiddag 14.00-16.00 as ’n verkennende gesprek plaasvind om toekomsrigtings aan te dui.
  • Skrywers, uitgewers ea wat deelgeneem het, woon daarna die skaapbraai by PG du Plessis by, 50 km op pad na Johannesburg. Dit gee ’n hele paar uur se kuier voor die verdere tog huis toe.
  • Ons beplan dan ’n deeglike en verteenwoordigende beraad oor Afrikaanse boekebelange by ’n meer sentrale plek soos die KKNK in April volgende jaar. Dit kan onder beskerming van ’n “neutrale” instansie soos Hans du Plessis se Skryfskool gereël word. ’n Slypskool kan ook daarmee saamgaan.
  • Die klem hoef nie op ’n omstrede saak soos ’n “nuwe” skrywersorganisasie te val nie. Dit maak in elk geval sin om eers te kyk hoe planne vir die nuwe nasionale skrywersvereniging, gekoördineer deur Andries Oliphant, ontwikkel.

    As jy beplan om die beraad en skaapbraai by te woon, antwoord my asb VOOR OF OP 31 AUGUSTUS. Bywoning van die beraad is gratis en oop vir enige belangstellende. Vir die skaapbraai offer PG die skaap; jy bring jou eie drank en betaal slegs R30 vir bykosse. PG kan ongelukkig net ’n beperkte aantal mense in die lapa en met die skaap akkommodeer. Persone op hierdie lys kry eerste kennis en het dus ook voorkeur.

    Help asb sorg dat alle belanghebbendes by Aardklop die beraad bywoon. Laat weet asb ook hoe julle oor die voorstelle voel, en hou die gesprek oor kernsake aan die gang. Ons werk aan die beplanning van ’n eie webwerf vir Boekebelange.

    Groetnis

    Charles


    * Boekebelange (BB) is ’n gespreksforum vir almal wat in skryf en boeke belangstel. Enigiemand kan by die volgende e-adres versoek om sy/haar naam by die adreslys gevoeg te kry, of dit te verwyder: charlesmalan@freemail.absa.co.za
    Tel & faks: 012-9974269
    Sel: 0827138167
    Posbus 65162
    Erasmusrand
    0165


    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.