Tweede oproep vir referate:
ALV- / SAVN-kongres 22-25 September 2004
Die tweejaarlikse kongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging word in 2004 saam met die kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek aangebied by die Noordwes Universiteit (Potchefstroom).
(OUTO)BIOGRAFIESE WERK
Biografieë en outobiografieë is tans die topverkopers. Daar word ook toenemend op teoretiese gebied aan hierdie genres en die die talle hibride vorms daarvan gegee. Referate word ingewag oor onder meer die volgende subtemas:
- Biografie
- Outobiografie
- Egodokumente
- Biografiese fiksie
- Fiksionele (outo)biografie
- Dagboeke, Memoires, reisverhale
- Skrywersbiografieë in verband met hulle oeuvres
- Teoretiese (literêr, filosofies, psigologies) perspektiewe op die (outo)biografie
ERFENISDAG is BREYTENDACH!: Skrywersfokus op Breyten Breytenbach
Dit het 'n ALV-gebruik geword om tydens elke kongres ook 'n fokus op 'n persoon se werk te laat val (2000 - Karel Schoeman; 2002 - Antjie Krog). Hierdie keer word gefokus op die werk van Breyten Breytenbach. Bydraes oor alle aspekte van sy werk (drama, poësie, prosa en visuele kuns) word ingewag. Daar word beplan om (soos met die geval van Schoeman in 2000) 'n boek saam te stel oor Breyten met 'n seleksie van hierdie referate as kern.
Vrydag 24 September 2004 is Erfenisdag en die hele program op hierdie dag sal aan Breyten Breytenbach gewy word. Benewens die referate word ook 'n uitstalling en 'n program oor Breyten se werk in die vooruitsig gestel.
UITGEWERSESSIE
Soos gebruiklik by ALV-kongrese word ook 'n sessie (of sessies) aan uitgewers gewy. (Verlede jaar was Protea en NB-Boeke verteenwoordig.) Ons wil die fokus laat val op die werk van Kwela. Enige bydraes oor Kwela-boeke sal ook verwelkom word.
Taalkunde
Voorsiening sal in die program gemaak word vir SAVN-lede wat bydraes oor die taalkunde wil maak.
Aardklop
Die Aardklop-kunstefees vind in Potchefstroom plaas van 28 September tot 2 Oktober 2004. Kongresgangers kan dus hulle sake so reël dat hulle ook daarvoor kan aanbly in Potchefstroom.
KOSTE
Die kongresfooi is R525, wat alle etes en verversings insluit.
Vervoer van en na die Johannesburgse lughawe is beskikbaar teen R200 (retoer).
SPERDATUM VIR VOORSTELLE
Voorstelle vir referate (ongeveer 250 woorde) moet voor die einde van
Mei 2004 gestuur word aan enige van die volgende adresse: Heilna du Plooy:
afnhjgdp@puknet.puk.ac.za,
Willie Burger: wdb@rau.ac.za, Jacques
van der Elst: INTJVDE@puknet.puk.ac.za
LitNet: 25 April 2004
Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na
webvoet@litnet.co.za om die
gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
boontoe / to the top
|