Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2005: Kortlys

Persverklaring

Sanlam en Tafelberg-Uitgewers het so pas die name van die finaliste in die Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2005 bekend gemaak.

Die finaliste in die kategorie vir Afrikaanse jeugromans is François Bloemhof, Annerie Britz, Naomi Meyer (SêNet-webmeester), Derick van der Walt, Engela van Rooyen en Fanie Viljoen.

In die afdeling vir Engelse jeugromans is die finaliste Darrel Bristow-Bovey, John Coetzee, JW Hichens, Heather Lee-Graham, Janie Oosthuysen en Jenny Robson.

In die afdeling vir Nguni-tale is die finaliste Sabatha Sifundza, met ’n jeugverhaal in siSwati, en Dumisani Sibiya, met een in isiZulu, terwyl die finaliste in die afdeling vir Sotho-tale Kabelo Duncan Kgatea is, met ’n manuskrip in Setswana, en KPD Maphalla, met een in Sesotho.

Die name van die wenners in die verskillende kategorieë word binnekort bekend gemaak, en die wenboeke sal in die loop van Augustus, September en Oktober vrygestel word by bekendstellingsgeleenthede in Kaapstad en Johannesburg.

Die “tema” vir 2007 se Sanlam-prys vir Jeuglektuur is ook bekend gemaak: vir hierdie wedstryd soek die organiseerders naamlik ’n jeugverhaal waarin tegnologie ’n rol speel. Die sluitingsdatum sal later bekend gemaak word.



LitNet: 3 Junie 2005

Would you like to comment on this information? Tell us about it. Write to webvoet@litnet.co.za and join our interactive opinion page!
Do you have a short story you'd like to submit for consideration? Send it to sharon@litnet.co.za.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.