|
|
Kuberpetisie teen Koos Kombuis se boek oor GodErns Grundlingn Petisie teen Koos Kombuis se Secret Diary of God het die kuberruimte in rep en roer. Dié brief, geskryf deur ene Michael Vorster van Johannesburg, herinner aan die petisies teen oorlog wat onlangs so gereeld in mense se Inbokse aangemeld het. Hier volg n uittreksel uit die petisie:
I am writing this mail due to something I read in the Sunday press, namely Rapport of 22nd June 2003. Koos Kombuis, a well-known singer in South Africa, wrote a book called The Secret Diary of God. Meer as veertig mense het reeds die petisie onderteken, veertien van Pretoria, sewe van Potchefstroom. Potchefstroom is volgens Koos se boek die plek waar hy op hierdie geheime dagboek van God afgekom het. Potchefstroom se telefoongids van 1964 het klaarblyklik in kombinasie met komplekse rekenaarverwerkings vir hierdie openbaring gesorg. n Boekwinkel het onlangs 3 000 eksemplare van die boek vir verspreiding in Amerika gekoop. Lesers word uitgenooi om hul mening oor die petisie en Koos se boek te stuur na katvis22@yahoo.com.
Lees hoofstuk 8 van The Secret Diary of God Lees die LitNet-resensie van The Secret Diary of God |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |