|
|
Tonge trippel op Nooitgedacht tydens beraad oor skrywer- en boekesakeErns Grundling
Eish. Dis n mondvol. Gelukkig het die ATKV-skryfskool by PUK, wat as fasiliteerder opgetree het, besluit om die dreunende (en dikwels droewige) lesingkamers te verruil vir die atmosferiese Nooitgedacht, sowat 30 km buite Potchefstroom. Hier in die natuur, neffens die rivierwalle en rondawels, kan mos behoorlik gepráát word. Weg van die tente en doef-doef van n Aardklop-fees se finale voorbereidings. Hoewel n halfuur of wat laat, het die beraad net na 09:30 afgeskop. Terwyl ek sit en wonder oor Nelson Mandela se onlangse uittrapsessie oor stiptelikheid, loer ek na die slagspreuk op my splinternuwe ATKV-balpuntpen: Afrikaans. Trippel op Tonge! Die sowat vyftig beraadgangers lek hul lippe af, sommige natuurlik heeltemal tong-in-die-kies. Wat is n beraad sonder n nar of twee om die noodwendige stigtelikheid bietjie te tart? Wat hier volg, is n verslag van die beraad. LitNet sal binnekort van die toesprake (waar moontlik en van toepassing) in hul volledige vorm op BoekIndaba plaas. Frits Kok, besturende direkteur van die ATKV, het die verrigtinge op n gepaste manier begin deur die beertjie Winnie the Pooh aan te haal: Ek is n klein beertjie, maar groot woorde maak my bang. Vir n demokrasie om te floreer, mag die stem van die skrywer nie stil gemaak word nie, het Kok gesê. Hy het die Afrikaanse skrywers aangemoedig om betrokke te raak by die oopskryf van die nuwe bedeling. Kan jy n kreatiewe gees vasvat in n vereniging? wou Kok weet. (Hierdie vraag het telkens tydens die beraad na vore gekom. Dis geen geheim dat n skrywer by uitstek n individuele dier is nie.)
Min het verander, en dit in n land waar die meerderheid Afrikaanse sprekers nie wit is nie. Is daar enige pogings om hierdie ongelykhede reg te stel? As Afrikaans en die Afrikaanse boek werklik ons erns is, wat gaan ons doen om die situasie te verander? het Nel gevra. Hy het n kort oorsig van die Afrikaanse Skrywersvereniging gegee, en genoem dat dit baie moeilik is om n vereniging te bedryf vir gevestigde skrywers as dáárdie skrywers nie lidmaatskap wil hê nie. Dit is vir Nel belangrik dat skrywers uit een mond praat, en hy waarsku teen n hernude beleid van afsonderlike ontwikkeling. Ons soek nie enige afsnyding, of n Orania van skrywers nie, het hy bepleit. Afrikaans is in wese n reënboogtaal, en as ons saamwerk, kan die taal meer toeganklik en toegeeflik wees. Eers dan kan ons ten volle Afrikaans in Suid-Afrika wees.
Malan het die volgende punte as voorbeelde van moontlike verset uitgestippel: Malan het gesê dat voortgesette rassisme (én omgekeerde rassisme) met hand en tand beveg moet word.
Volgens Oliphant moet die verskillende sektore binne die samelewing (polities, ekonomies, binne gesinsverband) saam georganiseer word, want dit maak goeie demokratiese sin. Oliphant het meer vertel oor hoe SAWA (South African Writers Association) werk, n organisasie wat hy vroeër vanjaar in die lewe geroep het. SAWA is geskep om n struktuur daar te stel om skrywers van alle tale bymekaar te laat kom. Dit is die eerste poging om n organisasie te skep wat aansluit by die nuwe politieke bestel, het hy gesê.
Daniels het die gevestigde skrywers geroskam, en veral verwys na die geleentheid toe die ASV vir Alan Boesak in 2001 uitgenooi het en baie van dié skrywers skynbaar hul rug op die vereniging gedraai het. Dalk was die Boesak-episode soos manna uit die hemel vir die gevestigde skrywers, n manier om die ASV in hordes te verlaat, het Daniels gesê. Hy het die gevestigde skrywers daaraan herinner dat hulle ook eens op n tyd beginnerskrywers was en leiding moes ontvang. Hy het genoem dat die ASV baie hard poog om n nasionale vereniging te word. In reaksie op hierdie sessie het Hein Willemse gesê dat die geskiedenis van die ASV deel van die probleem uitmaak. Hoe besweer ons daai stuk geskiedenis? Baie gevestigde skrywers voel hulle nie betrokke by hierdie vereniging nie, het Willemse gesê. Volgens Willemse moet die ASV organiseer rondom ontwikkelingsaksies en die kwessies so aanspreek. Ons het heelwat uitdagings wat in die volgende tien tot vyftien jaar voorlê vir Afrikaans as taal binne die skrywersomgewing, het Willemse gesê. Ewigdurende oorlog tussen skrywer en uitgewer Kerneels Breytenbach van NB-uitgewers het meer lig gewerp op die ewigdurende oorlog tussen skrywer en uitgewer. Daar heers n massiewe onbegrip oor die werkinge van die uitgewers, sowel as die behoeftes van die skrywers, het Breytenbach gesê. Hy het ander internasionale publikasies, televisie, DVDs en die internet genoem as voorbeelde van direkte kompetisie met die Afrikaanse boekebedryf. Wat die skrywers se behoeftes betref, kom kwessies soos n simpatieke redakteur, verspreiding en bemarking van die boek, soewel as outeursgelde ter sprake. Volgens Breytenbach berus die publikasie van boeke op vraag en aanbod. Met gesofistikeerde bemarking word n boekekultuur gevestig. Die uitdaging is om mense wat boeke reeds ken, in hul euforiese toestand te hou, het hy gesê. n Verdere uitdaging is om nuwe lesers te werf. Breytenbach het die volgende werklikhede genoem wat Afrikaanse liefhebbers van die boek in die gesig staar: Breytenbach het laastens gevra dat die skrywers nie die onmoontlike moet verwag van uitgewers nie. Daar is net een plek vir die Afrikaanse boek: in die hande van lesers, het hy gesê.
Vandag het die situasie egter ingrypend verander, en hy het vir Joan Hambidge en Daniel Hugo aangehaal wat hul kommer uitspreek oor die huidige stand van die boekebedryf. Volgens Stassen is dit n probleem dat skrywers, en veral digters, (van alle ouderdomme) hopeloos te min lees. Dit het n beduidende invloed op die peil van hul skryfwerk. Die meeste digters begin vir hulself uit te gee, dis dikwels die laaste uitweg vir digters, het hy gesê. Volgens Stassen hang daar dikwels n paar vrae oor die kwaliteit van hierdie publikasies wat self uitgegee word. Protea het verlede jaar 14 digbundels uitgegee, teenoor die ses van al die ander groot uitgewershuise saam. Ons begeef onsself in nuwe, ongekarteerde wêrelde, met vele uitdagings, het hy gesê. Skrywersbegeleiding is belangrik Die tye het beslis verander sedert Wilma Stockenström se stelling dat mens doodeenvoudig n gedig moet poep om dit gepubliseer te kry, het hy gesê. Bloemhof het die belangrikheid van skrywersbegeleiding beklemtoon. Die tekste word op meriete beoordeel, en soms word daar lank aan n teks geskaaf voor dit verskyn. Soms word n boek gepubliseer wat mens weet nie regtig sal verkoop nie, maar die gehalte maak dit die moeite werd. Tog moet mens waak teen sogenaamde vanity publishing, het Bloemhof gesê. Hy is egter nie te depressief oor die toekoms van die Afrikaanse boek nie, en het Jackie Nagtegaal en Manie de Waal as verfrissende stemme in die letterkunde beskryf.
Hy het ook behoorlik ingeklim onder die groter uitgewershuise, en hulle His Masters Voice genoem. Ons gemeenskapsuitgewers het nie die infrastruktuur van die hoofstroom nie, maar ons leer baie gou die tricks of the trade, het hy gesê. Hy het die groot uitgewershuise aangemoedig tot onderlinge samewerking met gemeenskapsuitgewers, veral wat gedeeltelike befondsing en die verskaffing van kundigheid betref.
Daar is n werkkomitee in die lewe geroep wat sal verseker dat die skrywers se belange regoor die land aandag kry. Die komitee se lede is Charles Malan, Elias Nel, Hans du Plessis en Frits Kok. Na n lang en vermoeiende dag was dit hopelik vir die meeste van die ongeveer 50 beraadgangers n verligting dat daar wel oor n paar sake tot n besluit gekom is. Dit bly egter onrusbarend dat daar bittermin werklik gevestigde skrywers by die beraad was. Waar was André Brink, Chris Barnard, Antjie Krog, Jeanne Goosen … om maar net n paar te noem? Veral aangesien die ASV nou n hernude verbintenis gemaak het tot almal se skrywersbelange. Berade kom en gaan … net die tyd sal leer in watter mate Nooitgedacht se trippelende tonge die Afrikaanse boek én skrywersbelange in die breë sin gaan beïnvloed.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |