Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wil ons ’n beter bedeling skep?

Deon Meyer

Braam de Vries het onlangs ’n artikel deur Geert Mak ("Persoonlijk verslag van een kleine schrijversactie — Mémoires van een geldwolf", NRC van 24 Mei) aangestuur wat heerlike insae bied in die Nederlandse skrywers se proses om ’n beter bedeling by uitgewers te beding.

Die ooreenkomste tussen dié suksesvolle poging en ons eie stryd en strewe is insiggewend — maar daar is ook aansienlike en opvallende verskille.

Die feit van die saak is: Hulle het eindelik (en soms met sterk teenkanting uit eienaardige oorde) daarin geslaag om alle Nederlandse skrywers se lot te verbeter.

Ons het die geleentheid om dieselfde te vermag. Maar ons sal die een of ander tyd moet begin, want die uitdagings in ’n veeltalige, veelrassige, verpolitiseerde land is aansienlik groter as dié van ons Nederlandse kollegas.

Soos ek ons gemeenskaplike doelstellings verstaan, wil ons:

  • ’n meer regverdige standaardkontrak met uitgewers onderhandel
  • groter rakspasie en minder groothandelkorting in die kleinhandel beding
  • bemarking van (Suid-) Afrikaanse boeke help verbeter
  • ’n bedeling tot stand bring waar ernstige letterkundige werk op die een of ander manier gesubsidieer word om vernuwing te verseker.

    Hierdie is uiteraard nie die enigste doelstellings wat ons as skrywers gemeen het nie, maar dit blyk dié te wees wat op die oomblik die meeste energie ontketen.

    Die kritieke suksesfaktor vir dié doelstellings is, myns insiens, solidariteit. Ons sal almal moet saamstem en saamstaan, minstens tot die doelwitte bereik is. En nie noodwendig net as Afrikaanse skrywers nie. Die hardebaarde van die kleinhandel, mense wat al vuurwarm vakbond-onderhandelings deurgemaak het, sal gou vra waarom ons net een taal verteenwoordig — en hoe dit aan ons legitimiteit verskaf.

    Waar begin ons? Wanneer begin ons? Hoe lank kan ons nog wag?

    Hierdie is ’n pleidooi dat ons vir die afsienbare toekoms die kleinlikhede, persoonlike aanvalle, verskille en versplintering sal vergeet. Daar’s ’n groot taak wat lê en wag.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.