Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kombuis se God-boek op pad na die VSA

Erns Grundling

Koos Kombuis se Secret Diary of God is binnekort nie meer ’n geheim in die Verenigde State nie. Kombuis het die afgelope naweek tydens ’n boekpraatjie op Stellenbosch vertel dat sy boek deur ’n Amerikaanse boekwinkel opgeraap is en binnekort daar te koop sal wees.

Die inligting is nog baie vars en redelik skraps; volgens Kombuis se vrou Esné word hulle via SMS-boodskappe op datum gehou van die boek se oorsese bewegings. Op ’n vraag oor die naam van die spesifieke boekwinkel het Kombuis grappenderwys gesê: “Geen idee nie ... maar ek dink nie dis McDonalds nie.”

Die boek is glo op ’n internasionale boekeskou raakgesien, en 3 500 kopieë is bestel vir verspreiding in die VSA. “Ek dink die Bitterkomix-voorblad het hulle aandag getrek,” meen Kombuis. En hoe voel Kombuis oor die feit dat sy boek nou in Amerika gelees gaan word? “Ek is nog nie ’n supporter van George W Bush nie, maar as ek kan geld maak uit free enterprise, sal ek voel soos die kat se stert.”

Enigiets is natuurlik moontlik as die Amerikaners eers hul aandag op iets begin vestig. Wat sal Kombuis doen as Oprah Winfrey hom sou vra oor waar sy naam vandaan kom? “Ek sal verduidelik dat dit die naam is van ’n vergete shakra wat slegs in Afrika bestaan. As sy my nie glo nie, sal ek haar 'n knock-knock-grappie vertel. ‘Knock-knock.’ ‘Who’s there?’ ‘Oprah.’ ‘Oprah who?’ ‘O, praat maar soveel kak soos jy wil, ek ken jou soort!’”

Kombuis se omstrede boek het reeds ’n maand voor publikasie vir ’n groot herrie gesorg toe daar uiteenlopende reaksie was nadat ’n hoofstuk op LitNet verskyn het. By die Klein Karoo Nasionale Kunstefees was sy boekebekendstelling verreweg die beste bygewoon.

In The Secret Diary of God beskryf Kombuis die ontstaan van die heelal en die mensdom se geskiedenis vanuit God se perspektief. Die geheime dagboek word glo gevind en ontsyfer wanneer ’n rekenaarprogram Potchefstroom se telefoonboek van 1964 ontleed, soos Michael Drosnin se The Bible Code.

Die boek word plaaslik uitgegee en versprei deur Zebra Press.

Lees die agste hoofstuk van The Secret Diary of God.
Lees Dawid de Villiers se resensie van The Secret Diary of God.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.