Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die mishope van afstigting

Elias P Nel

In reaksie op die berig van Stephanie Niewoudt oor die Afrikaanse skrywers in Die Burger van 4 Junie 2002 reageer die Uitvoerende Bestuur van die Afrikaanse Skrywersvereniging (ASV) as volg:

Dit is nou al ’n bekende feit dat die Afrikaanse skrywersgemeenskap gekenmerk word deur onderlinge gevegte. Gevegte wat noodwendig uitloop op wegbreekaksies. Nou gebeur dit weer. Sekere skrywers reken dat die ASV het geen bestaanreg nie.

Charles Malan, wat die organiseerder vir die stigting van die nuwe verbeterde skrywersorganisasie is, maak ’n hele aantal foutiewe aannames.

Daar is nooit besluit dat die ASV die rol van die Skrywersgilde moet oorneem nie. Inteendeel, tydens die verkennende gesprekke op Paternoster, waar Malan teenwoordig was, en later by die UWK, is juis besluit dat die ASV ’n gans ander rol as sy voorganger móét speel. Die Skrywersgilde was onder meer bekend daarvoor dat hulle teen sensuur geveg het. (Nogal ’n kontradiksie as mens sien hoe sommige oud-Gilde-lede deesdae mense die mond snoer.)

Juis hierom kan die ASV en Gilde nie vergelyk word nie. By die ASV gaan dit om bemagtiging. Ons doen belangrike ontwikkelingswerk, stedelik sowel as op die platteland. Van die projekte is ons jaarlikse plattelandse uitreik-aksie, waar ons plekke soos Brandvlei, Cradock, Vredendal en Atlantis besoek het; die skenking van boeke aan skole; en die hou van voorlesings in gemeenskappe om lesersmarkte te skep. In al die aksies word daar ook verseker dat die orale tradisie bevorder en bewaar word.

Dit is steurend dat Malan oor ons en nie met ons praat nie. Het ons hier weer te make met die paternalistiese houding waar ander beter weet wat vir ons goed is? Hy reken ook dat ons onsself as ’n Wes-Kaapse skrywersvereniging sien. Ons is dit lankal nie meer nie. Ons het lede in bykans elke provinsie. Uitnodigings aan skrywers om betrokke te raak by die werksaamhede van die ASV word gereeld gedoen. Maar helaas, die reaksie is power - veral van die gevestigde skrywers se kant. Dit was juis wyle Klaas Steytler wat in 1995 by UWK gepleit het vir die kruisbestuiwing tussen voornemende en gevestigde skrywers. Nou skitter hulle in hul afwesigheid.

Skuil daar dalk ’n ander rede agter die gier om ’n nuwe skrywersorganisasie te stig? As dit die geval is, moet Malan dit onomwonde sê.

Namens Uitvoerende Bestuur van die ASV
E-pos: jassie5@mweb.co.za
Tel: (021) 988-9233 huis
(021) 951-1266 werk
Sel: 0833476068.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.