|
|
Toespraak van TT Cloete by die bekendstelling van Dit kom van ver af n storieverskeidenheid[1]Aardklop, Potchefstroom Dames en Here, ek wil iets sê van n paar lesers wat ek onder vreemde omstandighede van naderby leer ken het, meestal mense wat akademies nie ver ontwikkel was nie, en juis dit is vir my belangrik. Die eerste leser was n hospitaalsuster. Ek was in my jong dae n hele jaar lank bedlêend, en n gedeelte van daardie jaar het ek in die destydse baie klein hospitaaltjie op Ventersdorp gelê. Wat doen jy as jy baie siek is en baie lank bedlêeend en afgesonder is? Jy lees. Twee mense het vir my boeke aangedra. Eerstens Anna, wat nou my vrou is, maar wat toe nog my hoërskoolvriendin was. Haar liefde vir boeke het n groot invloed op my gehad. Dit het gekom van n knap onderwyser wat hulle Jan Tandjies genoem het, en Jan Tandjies het gedweep met die destydse jong digters, die Louws, CM van den Heever, Ernst van Heerden, SJ Pretorius, Opperman. Hy het gewys wat n onderwyser vir die literatuur kan doen. Daar was een man wat altyd baie stadiger as al ons ander geloop het, aan die binnekant van die stroom, want hy het geloop en lees. Toe, een dag, het ek met hom gaan gesels en hom gevra wat lees hy? Shakespeare se sonnette, sê hy. Ek het veronderstel hy is iemand wat tot die literati behoort. Maar nee, vertel hy my, hy is n gewone ambagsman n skrynwerker, of so iets, herinner ek my wat na Suid-Afrika emigreer, maar hy lees elke dag iets van die Engelse digters. Dit het my beïndruk. Die hospitaalsuster, die Engelse ambagsman en die Hollandse polisieman was mense wat, sover dit die letterkunde betref, nie verdere opleiding as hulle skooleinde gehad het nie, maar hulle was leesgierig. Vir n leeskultuur moet daar drie soorte mense wees: skrywers, uitgewers wat die skrywers se werk uitgee en bemark, en lesers. Hulle vorm n onafskeidbare drieling, of hulle daarvan hou om dit te weet of nie. As een van die drie ontbreek, het jy niks. Niks. Theresa, die uitgewer van Dit kom van ver af, is soort nommer twee van die trio wat ek so pas genoem het. Hierdie uitgewer, Theresa van Litera, is nie n uitgewer met n groot gebou en n groot personeel nie; sy is Vrou-Alleen met n gewone huis, n selfoon, baie ervaring in die uitgewersbedryf (wat sy voorheen elders opgedoen het), en iemand met baie-baie ondernemingsgees en geesdrif, iemand wat jou uitasem maak as jy met haar saamwerk. Nou soort een van die trio, die skrywers: Theresa het die verhale vir hierdie boek gaan haal. Sy het die skrywers as t ware uitgesnuffel, oueres, jongeres, meer bekendes, minder gekendes; party is skrywers van beroep (as ek hulle so mag noem), ander van hulle is politici, joernaliste, huisvrouens (mag ek die woord nog gebruik?), en sy het hierdie versameling stories uit hulle uitgehaal gekry party lank, party kort, party ernstig, party in ligter trant, party met n sterk verhaal, ander byna poëties en liries, met n hele bonte versameling karakters: mans, vroue, kinders, wit, bruin, swart, Afrikaners, Engelse, Jode, mense van allerlei slag en al hierdie verhale en karakters is toeganklik, n ryk verskeidenheid, nie alleen menslik nie, maar ook stilisties. Daar is konvensionele verhale en party meer eksperimenteel. Hulle kom ook uit verskillende streke van ons land ek wil amper sê die hele land is gekaart in hierdie bundel. Dit is verbasend hoe eenvoudig, maar boeiend, die gegewens van party stories is. Theresa het ook probeer om n bundel uit te gee met verhale wat nie almal hoofletter-Literatuur is nie. Nou soort drie van die trio: die mense wat hier in die strate is en wat ons hoop die boek gaan koop en gaan lees. Die boek is vir julle geskryf en vir julle uitgegee. As ons land nog mense het soos suster Conradie, as ons mense het soos daardie Engelse ambagsman wat elke oggend iets lees, as ons polisie het wat soos daardie Amsterdamse polisieman lees, dan is die trio voltooi en dan is hy gesond: die eenheid van skrywer, uitgewer, leser n drieling, wat in al drie sy ledemate sterf as net een van die drie doodgaan. Hiermee stel ek Theresa van Litera se Dit kom van ver af dan bekend en vry. Die skrywers is daar, die uitgewer is daar, en nou wag ons op lid nommer drie, die leser. Koop die boek asseblief en kyk of ek jok as ek sê dis n pragtige boek wat vol rykdomme lê.
Lede van Leserskring sal dit in die jongste katalogus kry. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |