Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die laaste Swart Afrikaanse Skrywersimposium – enkele indrukke

Boesman Buitekamer

Beware committees, conferences and leagues of intellectuals. Distrust public statements issued from their serried ranks. Discount their verdicts on political leaders and important events. For intellectuals, far from being highly individualistic and non-conformist people, follow certain regular patterns of behaviour. Taken as a group, they are often ultra-conformist within the circles formed by those whose approval they seek and value.

-Paul Johnson, Intellectuals

Dit is Vrydag – en ek sit langs die moerse Afrikaanse digter(es) in ‘n nie te vol nie biblioteek-ouditorium van UWK.

Daar is nie veel mense nie – ek tel vinnig om en by veertig, waarvan bykans die helfte wit is (met skrywers soos George Weideman en die digter(es) na wie ek so pas verwys het – ek sien geen ander wit skrywers nie) – nog minder studente of jong mense.

Maar ek moet eers net die volgende gebeure bysleep; die leser sal later sien dat dit tog relevant in die konteks van hierdie simposium is.

Ek is nie bygelowig nie, maar ...

Dit is moers om in die laatmiddagverkeer op Johannesburg se lughawe uit te kom. Reeds by die opklim merk ek dat die bestuurder van die minibussie die regtervoorwiel ‘n taamlik harde trap gee – so asof die wiel besig is om los te kom … Later beduie ‘n motoris wild aan die bestuurder dat daar iets fout is met die wiel, maar hy beduie duim in die lug terug dat daar geen probleem is. Goddank bly die wiel vir die res van die reis aan.

Net voor ek by die vertreksaal afklim, lui my selfoon en ‘n assuransieagent wil uit die bloute om aan my “accidental death cover” verkwansel. Ek begin ongemaklik voel – is hierdie ‘n voorbode? Ek het juis die afgelope maande ‘n “fear of flying” ontwikkel.

Dit gebeur toe wel, later as ek van vertrekhek C9 na E9 moet haas. Die toutjie van my leerbaadjie, wat ek in my hand dra, hak aan die roltrap se kant vas en die baadjie ruk uit my hand en tuimel ongeveer twintig meter na onder – net soos daardie toeris wat ‘n tyd gelede na sy dood geval het. Ek kry koue rillings as ek twee vloere onder toe loop en dit gaan optel waar dit oopgesper lę …

Die Vrydagoggend is die eerste ding wat my begroet as ek op die kampus uit die motor klim, ‘n onaangename reuk van iets wat al lank dood is – moontlik ‘n verloopte hond – of is dit die lyk van ‘n Taal wat hier lę en verrot? Al die gebeure van die vorige dag en die subteks van die dood daarin maak skielik sin …

Maar terug by die Derde Swart Afrikaanse Skrywersimposium – of soos ek dit in my titel herbenoem, die Laaste Swart Afrikaanse Skrywersimposium.

Wat my bybly van hierdie byeenkoms, is die tamheid daarvan. By Paternoster was daar nog ten minste die gevoel van, en ek haal aan uit Breyten se “(la neige d’antan)”:

:toe ons nog jonk was wou ons die węreld aanvuur
aan vuur ryg
onthou julle nog
onder die sitvlekke van die suurknolle
dié met die winderige mae en die voete vol roos
en die monde vol roes
in die setels van gesag
die beterweters die beoordelaars die afslaers
die sensors die sedeprekers die afgunstiges

Maar wat ek tien jaar later om my gesien en gehoor het, was eerder die versugtinge van ‘n generasie wat oud en moeg geword het:

ons het die stropdas om die nek begin pas
ons derms het ‘n waterigheid begin afskei
ons beursies aalmoese vir die gewete
ons status pronkpens vernaamheid
ons verantwoordelike pompositeit
en weelderige hand-en-lip gebare
ons jare ‘n meer gewigtige skoenblink stap
ons ambisies en ons vrees
ons verknogtheid en ons vergelyke ‘n verknegte kruiperigheid
of ‘n lojale binnekamerverset
ons skietgee ‘n wysheid
en ons penne langsamerhand
‘n gegeurde witgekeurde hoogsaanvaarbare
stront
sonder noemenswaardige klank of ruimte of rykheid of ruik
die slak van die lewe
het grys strepe oor ons hoofde gekuier
Ek gee dan net kortliks die verskillende aspekte wat na vorige gekom het weer:

Hier’s ons weer, hier’s ons weer met ons manuskripte voor jou (toe) deur (hek)
Daar was weer oor en weer beskuldigings dat daar nie ordentlike toegang tot uitgewers vir Swart Afrikaanse Skrywers is nie. Nčlleke de Jager het Kwela se standpunt gestel en Rudi Venter van die Universiteit van Pretoria het ‘n studie voorgelę waarin hy onder andere daarop gewys het dat (tussen 1990 en 2003) liefdesromans en kortverhale 62,3 persent van die totale produksielandskap van Afrikaanse fiksie uitgemaak het, en poësie 9.1 persent. Hierteenoor het produksie deur swart Afrikaanse skrywers (vir die periode 1990 tot 2005) onderskeidelik een persent (liefdesromans) en 43 persent (poësie) bedra! “Erger as Kongokoors, dink ek soms, is die drang om te dig; en ewe aansteeklik.” So het André P Brink, in die middeltagtigerjare sy resensie oor my debuutbundel in Rapport begin.

Die boodskap was dus duidelik: Make love not war …

Ek verwag dat daar na hierdie beraad ‘n stroom boeke (net soos na die 1995-beraad) sal verskyn en dat die klem op swart Afrikaanse vroueskrywers sal val. Die manlike swart Afrikaanse skrywer mag hom dalkies net ook, altans literęr, in dieselfde skoene bevind as wit middeljarige Afrikaanse mans.

Al slaan jou ma my drie maal op die kop, ek sal nie sę
So tussen vervelende akademiese referate was daar tog af en toe die “spark” wat Robert Pearce gesę het hy mis. Willem Fransman van die ASV het in sy voorlegging genoem dat hy oor name beskik van skrywers wat hulle beginsels sou verkoop het om gepubliseer te word. Elias P Nel en Kirby van der Merwe wou hę dat hy die skrywers by die naam noem, maar niks het daarvan gekom nie. Fransman het my herinner aan ‘n stripper wat uit die kostuum klim, dan tot by die g-string strip, en wanneer die skare “wys-jou-muis!” skreeu, die verhoog verlaat. Soos Roy (Swyger) Williams na bewering sou gevra het: Wie’s bang?

Mamma, ek wil ‘n taal hę. Watter soort taal, my liewe kind?
Peter Snyders kom met ‘n befokte opening statement: “Ek is ‘n kleurling en my taal is Kaaps!” Daarna gaan hy voort en gee aan almal teenwoordig ‘n taalles. In ‘n private gesprek later wys hy my daarop dat Nadine Gordimer al in die sewentigerjare opgemerk het dat Afrikaans sal uitsterf, maar indien dit wel sou oorleef, dit in ‘n vorm soortgelyk aan Kaaps sou wees. Eina …

Hoe kla die Boere sit-sit so
Stellenbosch se “taalstryd” het ook verskeie kere kop uit gesteek. Tog vind ek dit bejammerenswaardig dat niemand die gesprek verby stereotipering kon trek nie en dit byvoorbeeld kon plaas langs Frank Marthinus Arion se sinvolle en pragmatiese benadering in sy stryd teen Nederlands en die vestiging van moedertaalonderig. Daar is grof veralgemeen deur Kirby van der Merwe, wat die gespek wou inklee as bloot ‘n Leopold Scholtz en Hermann Giliomee tweeman-vertoning, en “100 persent Boer” en “Praat Afrikaans of hou jou bek” wou voorhou as die nuwe rallying points. Vryheid van spraak, hoe afwykend ook, is tog gewaarborg in ons grondwet, of hoe?

Mvula Yoyo (Fort Hare) kondig die dood van die universiteit se Afrikaans-departement aan. Niemand vra vir ‘n minuut se stilte nie …

Daar’s ‘n drol in die drinkwater of daar’s bollie tussen die blaaie
Kan ons asseblief ook nou klarigheid kry oor ‘n ander ongemaklikheid wat sedert Paternoster bly spook.

Is daar “gepeuter” of grootskaalse bedrog gepleeg met die tekste van Die Verdwaalde Land en Vatmaar?

Enige vrou met balls wat wil antwoord?

Die Happy Sindani’s – any colour you want
Hein Willemse het in sy referaat “Taal, identiteit in Suid-Afrika: op soek na ‘n ruim belewing van Afrikaans” verwys na “ jonger bruin joernaliste” en “Bruin Nasionalisme”, en Heindrich Wyngaard het hom skerp van die term gedistansieer.

Tog moes dit tot Willemse se erge ontsteltenis gewees het dat daardie ander gewraakte K-woord keer op keer sonder skroom of askies op sy naam genoem is. Anna Oppel (‘n doktorale student aan UWK) het sekerlik vir Willemse die harnas ingejaag toe sy hom ingesluit het in ‘n groep Kleurlinge, met ‘n hoofletter K, wat haar so trots maak om ‘n Kleurling te wees!

Ook Virginia Keppler (Beeld) het sonder doekies omdraai gesę: “Ek is nie Swart nie, ek is ‘n Kleurling”, en later: “Ek is nie ‘n rassis nie … wel soms is ek.”

Ek vind ook uit dat ek eintlik ‘n verloopte kleinneef van Koos Kombuis is en herdoop my na Boesman Buitekamer (op Saterdagoggend groet Antjie Krog my “Hallo Boesman”, dit nadat ek en Jason Lloyd saam met haar op bladsy twee van Die Burger verskyn en my naam in die onderskrif as Boesman Buitekamer aangegee word).

Ek wil huis toe gaan na, na mamma toe, die saal is nie vol en die manne praat tjol
Sommige van die sprekers het futloos en onentoesiasties oorgekom. Hulle het oor hulle woorde gestruikel, min huiswerk gedoen, voorleggings op die laaste nippertjie verander om in te val by die heersende vibe (vir aspirant- en selfs gevestigde skrywers), swak geformuleer en wollerige vooroordele voorgehou as opinies. Daar was hopeloos te min tyd vir vraesessies; daar was genoeg Boere-bashing; en Jakes Gerwel kon na of voor sy pelgrimstog na Orania ook tyd afknyp om te kom inloer.

Speedo Wilson was (soos altyd) begeesterd, humoristies en passievol en EKM Dido het spontaan en eerlik gepraat.

Look at the scoreboard
Op die Sunday Times se jongste Top 10-lys boeke het Dalene Matthee se Die uitgespoeldes vir Dan Brown se The Da Vinci Code van die troon gestoot. Soos Mietie van Koöperasiestories sou sę: wys jou net.

Miskien was die slegte reuk op die kampus toe al die tyd maar net die riool wat iewers oorgeloop het.




LitNet: 25 Oktober 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.