|
|
Allan Boesak wen Andrew Murray Prys
Die Andrew Murray Prys vir die Beste Afrikaanse Christelike Boek is pas toegeken aan dr Allan Boesak vir sy boek Die vlug van Gods verbeelding, uitgegee deur African Sun Media. Hierdie prys bekroon skrywers van Christelike publikasies van hoogstaande gehalte in Afrikaans. Die boek het meegeding met 26 boeke wat deur tien verskillende uitgewers voorgelę is. Die prys word vanjaar vir die 26ste keer toegeken en bestaan uit 'n kontantbedrag, 'n goue penning en 'n oorkonde. Die toekenning sal op Vrydag, 5 Mei 2006 (die naaste dag aan dr Murray se geboortedag op 9 Mei 1828) by 'n dinee op Wellington aan dr Boesak oorhandig word. Klik hier om ‘n uittreksel te lees.
Hierdie titel is beskikbaar by:
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |