Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Boekemense

Hierdie is ’n dringende en finale oproep, soos hulle by lughawens sê, vir diegene wat steeds die finalisering van die boeke- en skrywersberaad vertraag. Besonderhede volg in die mediavrystelling hieronder. As jy beplan om die beraad en skaapbraai by te woon, antwoord my asb ONMIDDELLIK. Bywoning van die beraad is gratis en oop vir enige belangstellende. Vir die skaapbraai offer PG die skaap, jy bring eie drank en betaal slegs R30 vir bykosse. PG kan ongelukkig net ’n beperkte aantal mense in die lapa en met die skaap akkommodeer. Persone op hierdie lys kry eerste kennis en het dus ook voorkeur.

Daar gaan ’n lewendige bespreking tot so teen 4 die middag wees, dus genoeg kuiertyd by PG op pad na Johannesburg of Pretoria. Bestuurders wat hulle aan nie meer as twee glase wyn sal vergryp nie, moet gereël word. Dinge is reg aan PG en Hans se kant — by voorbaat baie dankie!

Sien julle Saterdag.

Groete

Charles



MEDIAVRYSTELLING

Boekebelange-beraad tydens Aardklop
sal rigting aandui


Navrae vir die media:

Charles Malan Tel: 012-9974269 Sel: 0827138167
E-pos: charlesmalan@freemail.absa.co.za


Die Boekebelange-beraad (BBB) vir skrywers en ander boekemense, waaroor al heelwat bespiegel is, sal nou op Saterdag 28 September met die Aardklop-kunstefees saamval.

Daar was konsensus dat so ’n beraad in die belang van Afrikaans, sy skrywers, lesers en boekprodusente nodig is.

  • Die beraad sal Saterdagmiddag 14.00-16.00 as ’n verkennende gesprek plaasvind om toekomsrigtings aan te dui. Dit word by die ATKV-skryfskool op die universiteitskampus gehou. Bywoning is gratis en almal is welkom; belangstellendes moet bloot laat weet dat hulle kom.

  • Daar sal beplan word vir ’n omvattende en verteenwoordigende beraad oor Afrikaanse boekebelange by ’n meer sentrale plek soos die KKNK in April volgende jaar. Dit kan onder beskerming van ’n instansie soos die Skryfskool gereël word. ’n Slypskool kan ook daarmee saamgaan.

  • Op die agenda is die algemene bevordering van boeke- en skrywersbelange teen die agtergrond van die miskenning van Afrikaans. Die verhouding tussen skrywers en uitgewers en die posisie van aspirantskrywers sal heelwat aandag kry en ’n ope brief aan Breyten Breytenbach sal voorgestel word.

  • Die klem sal nie op ’n omstrede saak soos ’n "nuwe" skrywersorganisasie val nie, hoewel dit bespreek sal word. Daar moet ook eers gekyk word hoe planne vir die nuwe nasionale skrywersvereniging van die Nasionale Kunsteraad ontwikkel.

  • Skrywers, uitgewers ea wat deelgeneem het, woon daarna die skaapbraai by PG du Plessis by, 50 km op pad na Johannesburg.

  • Vir bespreking en meer inligting, stuur verkieslik ’n e-pos-boodskap aan charcom@freemail.absa.co.za. As ’n alternatief, bel Protea Boekehuis by 012-3625683. Besprekings word nie deur Aardklop of Computicket gedoen nie.

    Naas noordelike skrywers en uitgewers het mnre Hannes van Zyl en Kerneels Breytenbach van die NB-stal ook aangedui dat hulle teenwoordig sal wees. Gewone lesers wat bloot wil kom luister of meepraat, sal ook welkom wees.

    Die beraad word gereël deur bekende noordelike skrywers in samewerking met uitgewers — die gevestigde Protea Boekehuis en Lapa, en die nuwe skrywersgebaseerde uitgewery Hermes. Die skrywers is Charles Malan (sameroeper en direkteur van Hermes), Jeanette Ferreira (Protea), Chris Barnard, Hans du Plessis, Zander Strachan, PJ Haasbroek, PH Roodt, Chris Pelser en Johann Lodewyk Marais. Die Kapenaars George Weideman en Riana Scheepers is ook geraadpleeg.

    * * * * *

    Boekebelange (BB) is ’n gespreksforum vir almal wat in skryf en boeke belangstel. Enigiemand kan by die volgende e-adres versoek om sy/haar naam by die adreslys gevoeg te kry, of dit te verwyder: charlesmalan@freemail.absa.co.za Tel & faks: 012-9974269 Sel: 0827138167 Posbus 65162 Erasmusrand 0165

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.