Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

“Music and magic differ by two letters”

Anton Goosen

My onmiddellike eerste reaksie op die geagte Liter A Tor se debat-aanknoping was om seker te maak of hy/sy ernstig is en of hy/sy bloot ’n gesprek ter wille van ’n gesprek aan die gang probeer kry, al is dit dus net tong-innie-kies. Luister hy/sy byvoorbeeld na progressiewe moderne Afrikaanse en Engelse musiek en liriek? Maar ter wille van die debat, kom ons veronderstel dat hy (kom ons veronderstel ook hy is manlik) dit wel doen en wel ernstig is.

Dit skyn dat hy sy mes teen die moderne popliriek as genre het, maar dis ook nie duidelik of dit net teen Afrikaans is of ook teen Engels nie.

Uit die opening skyn dit ’n “bekommernis” te wees oor die verhouding tussen ’n “hoë” en “lae” literatuur en waar Afrikaans boonop nog ideologies gelaai is. Laasgenoemde word nie gedefinieer nie en sover dit die Afrikaanse rock-genre aangaan, bestaan dit in elk geval nie en is ek nie van ’n ideologie (en allermins ’n huidige voortgesette voorapartheidsideologie) bewus nie.

Daar word verwys na die feit dat ’n handjievol Afrikaanse songwriters al liriekboeke gepubliseer het en dat dit (asook resepteboeke, ens) oënskynlik kompeteer met die hoge kuns. Handjievol, want ek weet net van Koos du Plessis se Kinders van die Wind, Short Back and Sides van David Kramer (hoewel dit nie ’n liriekboek was nie), Koos Kombuis se songboek, Valiant se songboek en Liedjieboer. Steve Hofmeyr s’n is as digbundel gepubliseer. Ek kan nie glo dat hierdie paar publikasies op die werf van die letterkunde enigsins kompetisie is of kan wees nie. En nie een van hulle het regtig die verkoopstatus van ’n Groot Verseboek bereik nie. Of ’n wenresepboek nie.

Ek deel Liter A Tor se skroom betreffende die term “Luisterliedjie”, maar moet hom daarop wys dat die oorspronklike beweging Musiek en Liriek genoem is. Die benaming Luisterliedjie het later tydens die beweging gekom toe ’n paar elitiste dit Stôtsteater toe gekaap het. En Musiek en Liriek was presies wat dit was. Niks meer of minder nie. So ook die latere sogenaamde Alternatiewe musiek. Waar die Alternatiewe beweging grootliks polities van aard was, was Musiek en Liriek se oogmerke om ’n hoër standaard liriek aan te moedig. Vandaar ook die groot hoeveelheid toonsettings van oa verskeie gedigte van Ingrid Jonker, Stephan Bouwer en Boerneef, asook Hennie Aucamp se kabaretwerk. Dit was ook die doelstellings agter “om te breyten”. Die woord kon skielik in musiekvorm bokspring. En leef!

Ek wil my nie te veel uitlaat oor wat ek dink is poëtiese Afrikaanse liriek en wat nie is nie. Laasgenoemde is tog soveel makliker om te definieer en klakkelose bydraes is nie hier ter sprake nie. Jy vra: “Kan ons oorleef, selfs na Bles, Worsie, Tolla, Gé, party Briels, Orrel  ...” Ja, ons doen dit. En goed ook. (Ek voel egter dat Kerkorrel se naam nie regtig by die lysie hoort nie.)

Die verskuiwing wat in Afrikaanse musiek plaasgevind het sedert 1979 was weliswaar ’n waterskeiding. Dat die toonsettings van die Musiek en Liriek-beweging ’n liefde by mense aangewakker het om “regte poësie” te gaan lees, is ook waar.

Ek het liriek nog nooit self gesien as enigiets behalwe juis dit nie. Digterlik kan dit wel wees, maar dit is en bly gevange binne die genre en grense van liriek. En liriek is musiekgebonde. En aan die lyf. Want jy luister en lees met jou maag ook. En jou guts. En hart.

Die koms van rock het poësie binne jukeboxes beskikbaar gestel. En rock poetry (ook in Afrikaans) bestuif juis die ore wat voorheen nie gehoor het nie. Daar het wel ’n verskuiwing die afgelope dertig jaar plaasgevind.

Dowwe liedjie-uitrygers? Nee wat, gaan luister weer. Daar is oa Koos Dup, Koos Kombuis, Kramer, Piet Botha, Gert Vlok Nel, Valiant Swart, Roof Bezuidenhout en Gian Groen wat miskien nie die populêre status het wat jy so graag aan hulle toedig nie, maar wat Afrikaans wel deeglik laat leef met uiters poëtiese en sinvolle liriek.

Jy maak die stelling/vraag: “Wie skryf luisterpoësie en hoe kry hulle dit sonder skrif reg, as dit net luister is wat tel?” Met die oorskakeling van vinielplate na CD’s het die liriekboekie musikale poetry verder geneem en wyer beskikbaar gestel. Soos die kuber, het die liriekboekie ’n magtige wapen geword om geskrewe boodskappe mee uit te dra.

Jy skryf: “Niemand minder nie as ’n senior lektor in Engels aan ’n plaaslike universiteit het al beweer dat Bob Dylan die grootste lewende Engelse digter is.”

Jy kan dalk heeltemal reg wees. En jy kon inderdaad ook Leonard Cohan, Patti Smith, Lou Reed, Paul Simon, Michael Stipe van REM, Adam Duritz van Counting Crows en ’n horde ander name bygevoeg het.

Ek gaan my nie oor my Afrikaanse kollegas uitlaat nie, maar kom ons kyk wel bietjie na die kuns van Bob Dylan — die man wat liriek eiehandig omgekeer het en poetry na die massas geneem het, wat clichés geneem het en nuwe clichés daarvan gemaak het. Soos hy gesê het: “I am going to pump art from jukeboxes.”

Daar is meer boeke oor Dylan geskryf as oor enige ander rockster. En onder andere oor sy liriekkuns. Hy het eredoktorsgrade ontvang. Om binne die bestek van ’n paar paragrawe sy liriek te bespreek is onmoontlik. Maar sy werk kan buite konteks aangehaal word, so sterk is die trefkrag.

Sy openingslyne, sy settings vir sy songs, is so kragtig dat hy die grense van die liedjieskrywer binne die konteks van ’n woord-/musiekhuwelik verskuif:

Hot chili peppers in the blistering sun

of

Ain’t it just like the night to play tricks when you’re tryin’ to be so quiet?
We sit here stranded, though we’re all doin’ our best to deny it

of

They’re selling postcards of the hanging
They’re painting the passports brown
The beauty parlor is filled with sailors
The circus is in town

of

The guilty undertaker sighs,
The lonesome organ grinder cries,
The silver saxophones say I should refuse you.

Wanneer hy wel filosofies raak, is dit in binnestrukture:
Inside the museums,
Infinity goes up on trial
Voices echo this is what salvation must be like after a while

of

And the riot squad they’re restless
They need somewhere to go

of

That he not busy being born
Is busy dying

of

While others say don’t hate nothing at all
To flesh-colored Christs that glow in the dark

of

If God is on our side
he’ll stop the next war

en

I was born here and I’ll die here against my will
I know it looks like I’m moving, but I’m standing still
Every nerve in my body is so vacant and numb
I can’t even remember what it was I came here to get away from
Don’t even hear a murmur of a prayer
It’s not dark yet, but it’s getting there.

En dan ten slotte een van die sterkste poplirieke ooit:

“There must be some way out of here,” said the joker to the thief,
“There’s too much confusion, I can’t get no relief.
Businessmen, they drink my wine, plowmen dig my earth,
None of them along the line know what any of it is worth.”

“No reason to get excited,” the thief, he kindly spoke,
“There are many here among us who feel that life is but a joke.
But you and I, we’ve been through that, and this is not our fate,
So let us not talk falsely now, the hour is getting late.”

All along the watchtower, princes kept the view
While all the women came and went, barefoot servants, too.

Outside in the distance a wildcat did growl,
Two riders were approaching, the wind began to howl.

Jy skryf: “Verskoon die skuilnaam, maar ek weet maar te goed dat my professionele reputasie ernstig moer toe is as ek in die openbaar ’n standpunt teen die patetiese, populêre prulproduksies inneem.”

Foei! Luister hier: “Moenie my asseblief per trein verlaat nie my Lief dis die diepste weggaan vir my noudat almal in die ganse www al hul websites begin bou het buiten ek&jy@somewhere.co.za” — uit: “For those in peril at sea”, Gert Vlok Nel.

So geagte Liter A Tor, ek hoop dié paar voorbeelde bring jou nader aan oortuiging. Liriek is nie ’n teenvoeter of kompetisie vir poetry nie. Ook nie in Afrikaans nie. Ek dink dit leef as ’n aparte en baie geldige genre. En die kruisbestuiwing kan net goed wees. ’n Trojaanse perd in die akademiese vesting? Aikona! En definitief ook nie andersom nie. Maar daar is wel ’n skeiding tussen kaf en koring.

(En terloops, vir watter bands speel Culler, Hall en Bennett, Derrida en Eco? Hê hê!)


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.