|
|
n Nuwe hervorming?Sakkie SpangenbergWanneer Afrikaanssprekende lidmate van Protestantse kerke die woord hervorming hoor, dink hulle byna onwillekeurig aan die Hervorming van die sestiende eeu. Dis daarom ook nie vreemd dat teoloë, predikante, pastore en ander godsdiensleiers uit hierdie tradisie onmiddellik by die aanhoor van die woorde Nuwe Hervorming onraad vermoed en begin wal gooi nie. As van hulle nog op die wêreldwye rekenaarweb na die stellings van Robert Funk gaan loer het, is die gort gaar. Ons het hier nie met n hervorming te doen nie, maar met n misvorming is menige pastoor, predikant en lidmaat se mening. Drie ander woorde wat pastore, predikante en lidmate onrustig stem, is die woorde The Jesus Seminar. Tot so kort gelede as die jaar 2000 sou weinig, indien enige, lidmate twee betekenisvolle sinne oor hierdie seminaar kon sê. Tans rol hierdie woorde oor hulle lippe asof almal presies weet wie of wat dit is. Konfronteer n mens hulle met vrae soos: Wie behoort tot die Jesus Seminar? Of: Wat beoog die navorsers wat deel vorm van die Jesus Seminar? dan kry n mens soms met stiltes te doen. Ander kere kom die antwoord: Dis geleerdes in die VSA wat stem oor watter uitsprake in die evangelies werklik van Jesus afkomstig is. Weinig lidmate weet dat daar ook ander navorsers in ander lande is wat hulle besig hou met navorsing oor Jesus van Nasaret. Dis nie net die Jesus Seminar wat hulle hiermee besig hou nie. Dit is wel waar dat Robert Funk die stelling gemaak het dat daar n nuwe hervorming op hande is. Dit is daarom nie vreemd dat mense die uitdrukking Nuwe Hervorming met hom en die Jesus Seminar verbind nie. Funk is een van die stigterslede van die navorsingsgroep wat hulleself The Jesus Seminar noem en hy grond sy stelling nie net op die navorsingsresultate van hierdie groep nie, maar ook op die navorsingsresultate van verskeie ander geleerdes. Die stellings wat hy op die wêreldwye web gemaak het, is nogal skokkend - veral vir mense wat nog nooit gehoor het dat teoloë deesdae n onderskeid tref tussen die historiese Jesus en die Christus van die kerk nie. Hier is enkele voorbeelde: Dan is daar ook nuwe teorieë oor die ontstaan van die Pentateug (die eerste vyf boeke van die Bybel), die boek Jesaja, die boek Daniël en Openbaring, die samehang van die Sinoptiese evangelies (Markus, Matteus en Lukas), watter briewe as die oorspronklike briewe van Paulus beskou kan word en of Petrus wel die briewe 1 en 2 Petrus kon geskryf het. Hierdie ontdekkings en teorieë het navorsers se sienings van die ontstaan van die Bybel, die leefwêreld van die Israeliete, die vroeë Jode en die vroeë Christene ingrypend verander. Maar dit is nie net hierdie ontdekkings en die nuwe teorieë op die terrein van Siro-Palestynse argeologie en die Bybelwetenskappe wat navorsers laat nadink het nie. Daar was ook allerlei ander ontdekkings en teorieë op ander terreine van die lewe wat n ewe groot invloed op die tradisionele standpunte van Christene begin uitoefen het. Dink maar aan die volgende: Afgesien van hierdie ontdekkings en teorieë het daar ook reeds verskuiwinge binne sommige Christelike kerke plaasgevind wat as aardskuddend beskryf kan word. Neem as voorbeeld die toelating van vroue tot die ampte van predikant, priester, pastoor en ouderling. Kerke wat dit doen, is besig om n eeue-oue tradisie omver te werp. Vroue kon immers nie vroeër hierdie ampte beklee nie. Dit is dan ook nie vreemd nie dat kerke wat vroue tot hierdie ampte toelaat, deur ander kerke as liberaal bestempel word nie. Die Christelike tradisie het vir byna twee millennia kerklike ampte uitsluitlik vir mans gereserveer, want, so is geredeneer, Jesus het geen vroulike dissipel gehad nie, en Paulus het vroue beveel om te swyg wanneer Christene vergader. Voorts lees ons nie van vroulike priesters en Leviete in die Ou Testament nie. Daar word wel melding gemaak van vroulike rigters en vroulike profete, maar rigters en profete het nie deel uitgemaak van die Israelitiese tempeldiens nie. Die toelating van vroue tot ampte in die kerk ís dus n radikale hervorming en hierdie hervorming was slegs moontlik vanweë n verandering in Westerlinge se siening van die vrou en ook vanweë n verandering in Westerlinge se siening van die Bybel. Dit bring n mens dan onmiddellik te staan voor die vraag: Wat van Paulus se uitsprake oor ander godsdienstige sake? Moet daardie uitsprake nie ook verstaan word teen die agtergrond van die destydse Mediterreense wêreld nie? |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |