|
|
Resensies deur Piet PompiesCleansing the Doors of Perception: The Religious Significance of Entheogenic Plants and Chemicals
Huston Smith is n éminence grise op die gebied van die religie; sy bekendste boek The Worlds Religions: Our Great Wisdom Traditions, het reeds meer as drie miljoen eksemplare verkoop en is ook in n TV-reeks van vyf episodes omskep. Smith is die gerespekteerde houer van elf eredoktorsgrade. Mens kan nouliks aan n meer toepaslike persoon dink om die kwessie van godsdiens en psigo-aktiewe middels op n nugterder of meer verantwoordelike manier te ondersoek. Smith verkies self die benaming enteogene wat god-onthullende middele beteken, en omskryf hierdie plante en chemikalieë as nieverslawende bewussynsveranderende substanse wat met erns en ontsag benader moet word. Die vraag is of plante en middele n rol te speel het in die moderne mens se religieuse ervaring. Die saak word deeglik deurgrond in hierdie essays wat oor n tydperk van 40 jaar geskryf is. Hy beskryf sy persoonlike ervarings met meskalien tydens n diens van die Native American Church en met psilosibien tydens n erediens by die Universiteit van Boston se March-kapel. Laasgenoemde het hom n persoonlike belewenis van die goddelike gegee en die ware betekenis van die woord ontsag aan hom openbaar. In sy eie woorde: After all, who will choose to feel undiluted awe? The unknowing vulgar abuse the word; we must recapture its full and terrifying sense. Die vername rol van enteogene in verskillende kulture word bespreek, en die outeur herinner ons daaraan dat ons in die moderne Weste gewoond daaraan is om substanse soos meskalien en psilosibien met die kontrakultuur te verbind. Daar word te dikwels vergeet dat plantmiddele van die vroegste tye af betrokke was by die religieuse ervaring. In dié verband is sy bespreking van die Eleusiniese misterieë tydens die Goue Eeu van die Grieke uiters boeiend. Die gevare van die misbruik van enteogene word in besonderhede uiteengesit. Smith kom egter tot die slotsom dat as die omstandighede reg is en die saak met erns benader word, … the basic message of the entheogens that there is another Reality that puts this one in the shade, waar is. Hy is oortuig dat enteogene mens na ekstatiese, mistieke bewussynstoestande neem wat bevorderlik is vir religieuse en sielkundige groei. Die boek bevat n uitgebreide bibliografie, notas en indeks. Soortgelyke titels wat verdere insigte op hierdie saak werp, is Entheogens and the Future of Religion, saamgestel deur Robert Forte, en Persephones Quest: Entheogens and the Origins of Religion, deur R Gordon Wasson.
In die vroeë deel van die 20ste eeu was sir Arthur Conan Doyle, die mediese dokter en beroemde skrywer, die voorste voorstander van spiritualisme. Sy begrip van die beweging het terreine omvat wat ons vandag ken as buitesensoriese persepsie, psigiese ervarings en die breë metafisika. Die idee van die bestaan van n siel en n ewige lewe is daarin opgesluit, sowel as die idee van die individu se verhouding tot n groter wese. Die lewe word as n kontinuum beskou waar voortdurende groei in kennis en begrip alle individuele siele met mekaar verbind. Hierdie boek is in 1918 gepubliseer as die bevindinge van sy persoonlike ondersoek na spiritualisme. Sy idees en oortuiginge word helder en duidelik uiteengesit met verwysing na psigiese ervarings, lewe na die dood, mediums, outomatiese handskrif en verwante verskynsels. Die teks sluit drie afsonderlike essays oor spesifieke onderwerpe in: The Cheriton Dugout, Automatic Writing en The Next Phase Of Life. Die inleiding deur George J Lankevich voorsien n kort biografie van Conan Doyle en n oorsig oor sy literêre werke, terwyl die nawoord lig werp op sir Arthur se vriendskap met die beroemde towenaar Harry Houdini. Die boek bevat n bruikbare indeks, terwyl vele klassieke werke oor spiritualisme in die hoofteks vermeld word, wat dus as n tipe bibliografie dien. Die boek was n plesier om te lees en dit blyk dat Conan Doyle sy tyd ver vooruit was met sy observasies oor tradisionele godsdiens en sy holistiese beskouing van spiritualiteit.
Hierdie boek bestaan uit drie dele. Die eerste deel, Liber Kaos, bespreek die beginsels van magick, eonika en chaos. Dit sluit pous Piet se fassinerende model van die psigogeskiedenis in, waarin die sjamaniese, religieuse, rasionalistiese en pandemoniese eons gemeet word aan die materialistiese, magiese en transendentale paradigmas om die historiese verwisselinge in die spirituele wêreldbeskouing te illustreer. Deel twee, The Psychonomicon, behandel praktiese towerkuns, gemoedsverblindery, en auriese en verskillende tipes kleurmagie, van oktarien tot pers. Dit sluit ook die Thanateros-ritueel in, wat n viering van Chaoistiese beginsels en n momentele invokasie van die krag van chaos self is. My ervaring hiervan was opvoedkundig dog bloedstollend. Die derde deel van die boek bestaan uit aanhangsels soos Liber KKK, n uitgebreide reeks magiese handelinge; die Gnostiese pentagram-ritueel; chaos-monastisisme; en Liber Pactionis, die struktuur, rituele en protokolle van die magiese pakt van die illuminati van Thanateros. Die outeur staan aan die hoof van voorvermelde organisasie, onder die titel Frater Stokastikos, His Pestilence Pope Pete I of Chaos. Die teks word verryk deur diagramme en illustrasies en daar is n kort bibliografie wat Stephen Hawking en Terry Pratchet insluit. Pous Piet voorsien boeiende leesstof, maar ek is nie so seker van al sy premisse nie. Vir my wil dit voorkom asof chaos slegs in n gelokaliseerde konteks voorkom. Sekere patrone in die heelal, soos die platoniese stereometriese vorme (platonic solids) en heilige geometrie (die gulde snede) dui op orde in die groter skema. Noem my maar n ketter of n Gereformeerde Chaoïs, maar ek dink nie pous Piet is onfeilbaar nie!
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |