Konsep 1
O, Verhewene
wie se ons kinders is -
Mag u reputasie ontsag wek.
Mag dit wees soos U bedoel,
tot in die verste uithoek van die heelal.
Voed ons nou al met die brood van dáárdie dag.
En sien tog ons misdade oor
soos ons ook met misdadigers doen.
En moet dit nie vir ons te moeilik maak nie -
op ons eie gaan ons dit nie regkry nie.
Aanvaar nou die heerskappy
en die mag
en die waardigheid.
Asseblief.
|
|
Konsep 2
Jy wat so naby
en tog so ver is,
Laat nou n slag van jou hoor.
Dit is nie soos dit hoort nie;
niks is soos dit hoort nie.
Sê nou maar ons begin by die basics ...
En moet nou nie ons verlede teen ons hou nie
(ons sal ons nie meer so hoogheilig hou nie).
En doen tog nie so moeilik nie,
anders gaan ons ons gat sien.
Ja, hou maar die sakie in jou hande,
en die mag
uit ons sn.
Toe nou.
|