Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Resensies deur Piet Pompies

UNIVERSALITY: The Underlying Theory Behind Life, the Universe and Everything

deur Mark Ward

MacMillan
ISBN: 033039312X

Die wetenskap se koue agnostiese lig is besig om die duisternis van dogma te verdryf en ondermyn die rol van godsdiens in die samelewing. Universaliteit, daarenteen, toon aan dat die mens intiem verweef is met die kosmos deur die verbintenisse tussen die onderdele van stelsels te beklemtoon, of dit nou die neurologiese stelsel of waterdruppeltjies in ’n wolk is.

Universaliteit bevestig opnuut die wet van oorsaak en gevolg en bewys dat korrelasies oor uiters lang ruimtelike of chronologiese afstande kan bestaan. Die opkoms van dié dissipline is ’n gevolg van die intellektuele revolusie wat deur chaos-wiskunde aan die gang gesit is.

Universaliteit het dus te doen met die onsigbare krag in die heelal wat alomteenwoordig maar naamloos is, ’n ordeskeppende krag wat, hoewel onbegryplik magtig, in die meeste gevalle sagkens en subtiel te werk gaan.

Ward ondersoek die verskillende teorieë van Universaliteit en waar dit inpas in die fuksionering van die kosmos. Hy bespreek die beperkinge van die huidige teorieë en bespiegel oor wat ons met dié nuwe kennis kan doen, deur na die werk van wetenskaplikes soos Leo Kadanoff, Kenneth Wilson, Benoit Mandelbrot, Gene Stanley en Per Bak te kyk.

Vir my is die mees aangrypende gedeeltes dié wat handel oor die rol van fraktale patrone in ons begrip van skoonheid, fraktale in die musiek van Bach en Beethoven en in Phil Thompson se werk Organised Chaos van 1998 (gebaseer op die Mandelbrot-stelsel), sowel as die determineerbare ritmes in die wêreldekonomie en op die aandelebeurse.

Hoewel die moderne fisika al hoe meer onthul oor subatomiese partikels (die kleinste) en sterrestelsels (die grootste), is dit nie juis daarop gefokus om die alledaagse lewe meer sinvol te maak nie. Universaliteit vind die patrone in die groter geheel en slaag daarin om aan te dui hoe ons liggame en ons optrede intiem verweef is met die natuur. Al die voorvermelde stelsels deel ’n gemeenskalike beginsel en ’n kosmiese verwantskap.

Die teks bly toeganklik genoeg, aangesien die outeur nie te diep teoretiseer nie en fisika-terminologie in gewone taal verduidelik. Daar is foto’s van die vermelde wetenskaplikes en van fraktale patrone in blare, die menslike long, die werk van Jackson Pollock en selfs in kuddes migrerende bokke op die Serengeti.

Hierdie boek word sterk aanbeveel vir almal wat in kosmologie, chaos-teorie en die goue snit (sacred geometry) belangstel.

* * *


Small World: Uncovering Nature’s Hidden Networks

deur Mark Buchanan

Phoenix
ISBN: 075381689X

Buchanan bespreek die verborge netwerke wat die fisiese wêreld sowel as die terrein van ons bewussyn deurweef. Hy bewys dat onder meer die Internet, elektriese verspreidingsnetwerke, die brein en die globale ekonomie almal stelsels is wat oor ’n onderliggende patroon beskik wat die natuur se ontwerp weerspieël.

Die fisika, biologie en ander wetenskappe het ’n magdom konneksies ontdek tussen die alledaagse lewe en die funksionering van skynbaar onverwante stelsels. Baie netwerke wat op die oog af lukraak is, blyk nou deel uit te maak van ’n inherente orde soos onthul deur Kompleksiteitsteorie.

Die interessantste gedeeltes in Buchanan se werk handel oor die Internet, die verspreiding van VIGS en ekonomiese stelsels. Die outeur se slotsom is dat baie aspekte van die wêreld inderdaad eenvoudiger is as wat dit op die oppervlak mag voorkom en dat daar ’n onsigbare dog kragtige patroon is wat alles saambind.

Dié boek bevestig vele bevindinge in Ward se boek Universality en Capra se boek Hidden Connections, maar dra ook nuwe perspektiewe by. Small World sluit af met ’n stel verduidelikende notas en ’n deeglike indeks. Dis beslis ’n boek wat mens anders laat dink oor ons bestaan en die wêreld.

* * *

Plants Of The Gods

deur Albert Hofmann, Richard Evans Schultes en Christian Ratsch

Healing Art Press
ISBN: 0892819790

Plants Of The Gods is ’n omvattende naslaangids tot psigoaktiewe plante. Dit bied ’n omskrywing van plantgebaseerde hallusinogene en informasie oor die fitochemiese samestelling van plante wat deur ’n verskeidenheid kulture as betekenisvol beskou word, plus geografiese en botaniese inligting, die chemiese struktuur asook die medisinale gebruik van hierdie middele.

Onder hierdie lys tel die Amanita-sampioen, Atropa, Geel en Swart Dolkruid, Alruin, Dagga, Iboga, Yopo-bone, Ayahuasca, Yage, Brugmansia, Peyote, die San Pedro-kaktus, die Doukelkie (Morning Glory) sowel as die Psilocybe-sampioen, wat deur die outeurs die “klein blommetjies van die gode” genoem word. (Net terloops, Ibogaine, wat uit Iboga verkry word, is ’n doeltreffende kuur vir die meeste tipes fisiese verslawing.)

Die teks word verryk deur uitstekende kleur- en wit-en-swart foto’s, illustrasies en indrukwekkende skilderye met psigedeliese kuns. Daar is ook tabelle onder die hoof “Overview Of Plant Use”, waarin elke plant se gewone naam, botaniese naam, historiese etnografie, voorbereiding, gebruiksdoeleindes, chemiese samestelling en uitwerking gelys word.

Die boek voorsien gedetailleerde inligting oor ’n magdom enteogeniese plante van regoor die aardbol. Ek is trots dat Suid-Afrika ’n skaflike bydrae lewer in hierdie verband, met ’n goeie oes van spesies! Hierdie waardevolle naslaanwerk sluit ’n bibliografie en indeks in.

* * *

Sacred Sounds: Transformation Through Music and Word

deur Ted Andrews

Llewellyn
ISBN: 0875420184

Klank word nog altyd beskou word as die direkte skakel tussen die mens en die gode. In Deel Een, “The Secret Power of The Word”, bespreek die outeur die wetenskaplike beginsels van gewyde klank met verwysing na die beginsel van resonansie (simpatieke vibrasie) en van ritme, melodie en harmonie, plus eienskappe soos toonhoogte en -kleure.

Die toonskale en helende elemente van musiek word ondersoek, met verwysing na onder meer die chakras of energievortekse in die liggaam. Ander boeiende gedeeltes handel oor die okkulte betekenis van spraak en oor mistieke woorde waarin Hebreeuse godsname en Sanskrit-mantras bespreek word.

Deel Twee, “The Renaissance of the Bardic Traditions”, behandel die geskiedenis van die mistieke musikante en hul kuns van magiese oorlewering. Dit sluit ’n gedeelte in oor instrumente soos die lier, harp, kitaar, fluit, orrel en Tibetaanse singbakke. Daar is ook ’n insiggewende stuk oor magiese poësie wat alliterasie, repetisie, anagramme, assonansie, metrum, ritme en rym behandel. Die hoofstuk “Bardic Healing” verskaf natuurlike tegnieke vir die instemming en genesing van die menslike liggaam.

Andrews slaag daarin om die verlore tradisie van die Woord te laat herleef in hierdie leersame publikasie wat die deur open tot ’n beter begrip vir die aanwending van klank, musiek en woorde om regenerering, genesing en kreatiwiteit aan te moedig.

Sacred Sound is ideaal vir alternatiewe praktisyns en vir mense wat in alternatiewe genesing of die metafisiese aspekte van klank belangstel, of wat lief is vir gewyde musiek in enige tradisie.

* * *


Moksha: Aldous Huxley’s classic writings on psychedelics and the visionary experience

deur Aldous Huxley; saamgestel deur Michael Horowitz en Cynthia Palmer

Park Street Press
ISBN: 0892817585

Bestel hier
Volgens Anthony Burgess was Huxley ’n beter essayis as romanskrywer, omdat hy meer begaan was oor idees as oor die verhaal of die karakters. Ek stem nie saam waar dit Brave New World aangaan nie, maar Moksha, wat “bevryding” beteken, is ’n versameling fassinerende uittreksels uit daardie klassieke werk en uit Doors Of Perception, Heaven And Hell en Island, aangevul deur artikels, briewe, lesings en wetenskaplike verslae.

Daar is ook bydraes deur Timothy Leary, Laura Huxley en dr Humphry Osmond. Leary se boeiende verslag van sy eerste ontmoeting met Huxley op Cambridge in 1960 het die titel “Mushrooms For Lunch”, en die hoofstuk “Harvard Sessions” is die verslag van ’n psylocybin-sessie waar Huxley deel was van ’n groepseksperiment.

Die beste van Huxley se eie bydraes is “Disregarded In The Darkness”, “Doors”, “Mescalin” en “Brave New World Revisited”, terwyl dr Humphry Osmond se “May Morning In Hollywood” ook lekker leesstof bied.

Die oorheersende tema van al Huxley se skrywes ná sy eksperiment met meskalien in 1953 is die openbaring dat psigoaktiewe middele aan ons ’n sin vir die mistieke kan teruggee in ons vaal tegnologiese wêreld wat so ontdaan is van die spirituele. Die hoogtepunt van die boek is Laura Huxley se bydrae “O Nobly Born”, haar roerende verslag van Huxley se siekte en dood in 1963.

Moksha is ’n waardevolle bydrae tot die literatuur oor en deur Huxley en ’n prikkelende ondersoek na die gebruik van enteogeniese middele vir bewussyn-ekspansie. Die boek sluit af met ’n bylaag, “Instruments For Use During A Psychedelic Experience” en ’n deeglike indeks.

* * *


Liberation: The Perfect Holistic Antidote To Stress, Depression and Other Unhealthy States Of Mind

deur Barefoot Doctor

Element Books
ISBN: 0007165102

This remarkable book is divided into easy reference sections for the treatment of particular problems. The problems and the solutions are highly relevant to our modern lifestyle and are discussed with lots of quirky humour and insight by the Barefoot Doctor (Stephen Russell).

His writing style is addictive and engaging, similar to that of another Taoist-inspired author, Stuart Wilde. But the Doctor is more specific and practical than Wilde. Although written from a Taoist perspective, the text incorporates insights from other Western and Eastern spiritual philosophies, underpinned by common sense.

His prescriptions are designed to liberate the flow of the life force for every organ and for the mind in order to attune them to health and to re-establish right thinking. They include affirmations, visualisation, breathing exercises, stimulation of pressure points, massage, a sensible diet and exercise. In this way he provides the perfect antidotes for a host of problems like depression, fear, loneliness and worry, showing the reader the way to find freedom within.

He writes with wit and elegance and his words convey a love and sincerity that is rare nowadays. I highly recommend this book to those who wish to transform their lives into something more meaningful and worthwhile by getting rid of the small stuff that sometimes makes life a misery. Liberation is a truly liberating book.

* * *

In the beginning: A New Interpretation of Genesis

by Karen Armstrong

Ballantine Books
ISBN: 0345406044

The author shines a revealing new light on the foundation narratives of the Judeo-Christian tradition. Analysing the complex web of human relationships in Genesis, she emphasises the multifaceted personalities of the fathers of the faith.

Armstrong claims that Genesis is not a moral text, that it deals with separation rather than sin, and that its main theme is that the individual must come to terms with her/his own nature in order to be whole.

Amongst other insights, this book offers an answer to why psychoanalysis began as a predominantly Jewish discipline. Long before modern psychology, the authors of ancient Israel had already started to probe the unmapped territories of the human heart and mind. They considered the struggle with the emotions and with the past as the theatre of the religious quest.

By seeking reconciliation with the past and by attempting to resolve inner conflicts, people would attain the harmony and peace that characterises the sacred. Because the authors of Genesis were dealing with such difficult matters, they provided very few exact teachings or simple messages and no clear dogma or shared consensus.

Even though Genesis has played such an important role in shaping the Judeo-Christian tradition, this first book of the Bible often challenges our religious preconceptions. And like all reflections on the divine, it cannot adequately express the often confusing reality to which it directs our focus, as the author explains so well.

Armstrong’s work is always thought-provoking and this book is no exception. In The Beginning concludes with a helpful bibliography and index.

26 November 2003

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.