|
|
Jou meditasiemat of my feng shui-bed?Wilhelm JordaanOns eksperiment met alternatiewe vorme van spiritualiteit Die Burger-lesingsreeks, KKNK, April 2002 Toe ek vanmôre weer die titel registreer van ons gesprek, toe wonder ek waar moet ek nou my sit of lêplek kry tussen die meditasiemat en die Feng shui-bed: Dalk op n baie harde, ongemaklike NG Kerk-bankie terwyl jy luister na die dominee se kategismuspreek. Of is dit dalk n geval dat ek n smal kampbedjie verkies wat jy snags onder die sterre opslaan? Om in die môre dit weer af te slaan en in die nag wat kom, weer elders onder die sterre op te slaan. Miskien juis dit: die reisende bedjie. Gegewe die tema is ek gevra om spesifiek te praat oor die vraag of die tradisionele Afrikaanse kerke kan aanpas by n veranderende wêreld. En ek bepaal my daarby. Laat ek sommer dadelik sê die lewer van dié lesing het my baie angs en onsekerheid besorg. Ek is nie n teoloog nie en kan nie eens nagenoeg probeer om teologiese kwessies aan te spreek nie. Om die waarheid te sê: Ek wil nou sê soos n angstige ou op n keer gesê het: If I could drop dead right now, I would be the happiest man alive. Soos akademici graag probeer doen, wou ek as objektiewe waarnemer die saak van buite bekyk en tot n paar gevolgtrekkings kom. Maar knaend in my gemoed was daar dié duidelike indruk: Jy is nie n buitestaander in dié saak nie. Ondanks alles, wat insluit die verloopte verlope van jou eie lewe, is jy met bloeiende hart en kritiese niere verbonde aan n tradisionele Afrikaanse kerk en die Afrikaanse gemeenskap. Jy is onverwoesbaar binnestaander. Daarom kan ek nie anders nie as om die saak plek-plek ook vanuit n persoonlike ervaringshoek te bekyk. Maar vooraf eers n paar kort notas oor die aard van spiritualiteit. Heel eerste dat elke mens diep binne-in n spirituele, of goddelikheidsbewussyn het. Dit behoort tot jou kern, jou wesenlike aard. En jy kan daaraan gestalte gee in hoe jy omgaan met God, jouself, met alle ander mense en groepe mense, met die natuur met alles wat is. Selfs wanneer jy reken jy het dit verloor, is dit nog dáár soos die skrywer Anna M Louw dit vertel in haar roman Vos, van die boer Vos wat sy siel aan die duiwel verkoop het sodat dit tydens n droogte net op sy plaas reën: Hy voel God in hom skop soos die ongebore lam in n skaapooi se pens. Om in kontak te wees met hierdie kern hetsy godsdienstig of buitegodsdienstig ingeklee en om van daaruit te leef, het enorme lewensvormende en bevrydende, helende krag. Wanneer hierdie kern leef, is dit soos n kristal wat elke keer met die optel daarvan nuwe konfigurasies van lig en kleur deurlaat. Daarom praat mense wat iets van dié kern ervaar, dikwels van buitengewone belewenisse: van gevoelens van verligting, ekstase, verwondering, blydskap, n oorgegewe liefde en deernis, n mistieke ervaring van eenheid met alles en n omhelsing van die kosmos. Dit is dán wanneer, soos die skrywer James Joyce sê, die siel van die allergewoonste dinge helder skitter. Om ontrou te wees aan hierdie kern soos dit verweef raak met jou besondere menslike eienskappe, talente, vermoëns, lewensondervindinge is om nie die mens te word wat jy kan wees nie. Of soos rabbi Heschel dit gestel het: Die eintlike en enigste sonde van die mens is om van die merk af te wees wat betref jou spirituele kern en die uitdrukking daarvan in jou lewe. En sonder veroordeling of verwyt wil ek sê die deursnee-Afrikaner het histories nie dié soort spiritualiteit bereik nie. Minstens vier historiese faktore waarin die tradisionele Afrikaanse kerke n sleutelrol gespeel het, het hiertoe aanleiding gegee. Ek praat nou van faktore wat strek van ongeveer die 1880s tot die 1980s: Eers in die 1970s het die hermeneutiese wetenskap weer in beperkte kring herleef en is dit in ere herstel as n belangrike manier om tot begrip van die bybel te kom. Saam gelees, het hierdie faktore die deursnee-Afrikanermens in n spirituele kapsule geplaas, en word sy godsdienssin histories gekenmerk deur onder andere vrees en bewing vir dit wat vreemd, anders, nuut en bedreigend is. Saam daarmee het n godsdienstige resepmatigheid, wettiesheid en moralisering gekom wat sonder indringende gesprek in kerklike geledere en die gemeenskapslewe voorgeskryf het hoe mens moet maak om goed en soet en nie boos te wees nie. Die digter Louis Eksteen het dié toedrag verwoord in 1967 in sy gedig Kasplant. Hy sê byvoorbeeld: Ek weet goed, baie goed En dan gaan hy voort om al die bangtes en benoudtes te beskryf. Sommige van u onthou mos seker nog al die gevare die swart gevaar, die rooi gevaar, die geel gevaar, die Roomse gevaar (so n effens romerige kleurtjie), enso(gevaarsoekend)voorts. Vir sommige is daar vandag ook nog die Reënboog-gevaar, om maar by die kleure te hou. Vanselfsprekend was hierdie dinge ook in die kerklike prediking aanwesig. Die teoloog Willie Jonker tipeer dit in 1976 só in sy boek Die Woord as Opdrag: Alles (in die prediking) was maar soos dit vooraf voorspel kon word: dieselfde gedagtes, dieselfde woorde, dieselfde algemeenhede wat oor mens heengaan sonder dat dit werklik tot iets verplig; dieselfde atmosfeer van lewensvreemdheid en groot woorde wat ons konkrete aardse bestaan so weinig raak. Veral by die jeug en jong volwassenes het daar veral sedert die 1960s algaande n gestadige proses van innerlike leegheid, ontgogeling en verset teen die kerk aangebreek wat mens met die volgende gedig, Dogma, wil saamvat: Toe ek n kind was het ek gedog Maar daar was ook pynlike losmaking van die kerk en sy leringe tot in die hart van die gesin op die huisaltaar: pappa wie is jy Hierdie soort reaksies is versnel deur die politieke gebeure en omwentelinge sedert 1990 waardeur die bondgenootskap tussen die Afrikaanse kerke en n regerende owerheid verbreek is. Juis die baie belangrike en baie nodige Boetman-debat het die opgedamde woede, ontgogeling, verwildering en ontreddering gedemonstreer van n geslag van middelarige Afrikaners wat voel dat hulle deur die ooms en die patriargie (dit is die vaders, die kerk en die staat) mislei, verneuk en dom gehou is onder andere deur n teologie van vrees en bewing. Vir baie van hulle, en baie ander jongeres, het die Afrikaanse kerke geen aantrekkingskrag nie; net te veel bagasie. En vele ouer mense voel verward, half verdwaas oor al dié dinge. Maar daar is ook ander tekens: die hoop op nuwe maniere van wees ook in kerklike verband; dat die Afrikaanse kerke nou die geleentheid het om waarlik kerk en spirituele tuiste te wees. Dit bring my by die vraag watter soort aanpassing die Afrikaanse kerke kan maak. Die gedagtes wat ek hier aanroer, is nie teologiese perspektiewe nie, maar perspektiewe oor gewone mense se belewenisse rondom God en hul hunkering na n diepgesetelde spiritualiteit. Ek bepaal my net daarby. Vir sover die Afrikaanse kerke nie daarin slaag om in die prediking en pastoraat die historiese spirituele erfenis wat ek vroeër beskryf het, vaarwel toe te roep nie, flikker gevaarligte vir die kerk. Daar is inderdaad tekens dat die erfenis nog met ons is soos blyk uit briewe van gewone lidmate aan koerante oor godsdienskwessies. Dit is asof daar n vyandige fundamentalistiese teenreaksie is om dit wat lyk na verdunde Evangelie te verwerp. Voeg hierby die enigsins onthutsende bevindinge van n predikant, dr Johan Cilliers, in 1996 in sy boek Die uitwissing van God op die kansel. Hy ontleed 54 radiopreke in die konteks van die samelewingsveranderinge wat sedert 1990 plaasvind, en kom, soos Willie Jonker twintig jaar tevore, tot wesenlik dieselfde gevolgtrekking: dat die prediking oorheersend wetties/moralisties is; dat daar n verlies aan aktualiteit is; en dat gemeentelede die diepste troos van die Evangelie ontneem word. Ek weet nie hoe verteenwoordigend sy steekproef was nie, maar indien dit algemeen sou geld, is dit inderdaad ontstellend. Maar daar is n ander prentjie miskien klein, maar dit is daar: waar die prediking en pastoraat in sommige gemeentes en in kleiner gespreksgroepe in gemeentes (soos by bybelstudies) eintlik al lankal met aanpassings besig is, en dat dié aan t groei is. Wesenlik kom dit daarop neer dat die prediking en pastoraat nie meer die outoritêre afkondiging van onbetwisbare waarhede behels nie, maar dat daar soekend en uitnodigend te werk gegaan word, met n bereidwilligheid om in gesprek te tree, juis oor leerstellige dinge waaroor baie mense struikel maar nog steeds verbonde voel aan God en Christus. Daar is n nuwe respekterende houding wat sê: Dit bekoor my dat jy so maklik en kinderlik glo, en ek waardeer dit dat jy my verlange om te kan glo nie minder ag as jou sekerhede nie. En daaruit kom n soort kreatiewe spanning tussen vaste en twyfelende geloof; en die baie soorte stemme en stemminge in mense se soeke na iets om aan vas te hou. Hierby kan ook gevoeg word n kreatiewe spanning tussen geloof in eie godsdienskring en geloof in ander godsdienste, en met soekers na spiritualiteit in buitegodsdienstige kaders. Ek wil graag die verandering, die aanpassing, só beskryf: Die histories-gegewe teologie van ontwyfelbare, en haas onkorrigeerbare sekerheid word aangevul/vervang met n teologie van verwondering en ontvouende misterie. Dit op sigself is nie nuut nie, maar kom sterker op die voorgrond as n antwoord op die honger na spiritualiteit. Ek bied die grondtrekke van hierdie aanpassing wat op beide die predikant se prediking/pastoraat en lidmate se meelewing betrekking het aan in die vorm van nege stellings wat ek meen spiritualiteit kan bevorder in dié sin dat dit jou in verbinding bring met daardie kern van waaruit jy God en die wêreld kan omhels. Maar eers n halfwegstasietjie: n Skooljuffvrou vra haar multikulturele klassie om die volgende dag iets skool toe te bring wat hulle herinner aan die spirituele kern van hul godsdiens. So gesê, so gedaan: n Katolieke dogtertjie bring toe haar rosary, of gebedesnoertjie, en sê dit is vir haar die simbool van haar verbondenheid. n Joodse seuntjie bring sy kalotjie (yarmulka) die klein ronde petjie en sê iets soortgelyks. n Moslem-seuntjie bring sy gebedsmatjie en sê dit is wat hom aan sy geloof herinner. En n dogtertjie van die NG Kerk bring n pan en sê: Juffrou, dis die pan waarmee ons die pannekoeke vir die basaar bak. Miskien is daar meer waarheid hierin as wat mens vermoed die armoede aan ryk simbole in die Afrikaanse kerke.
En op die koop toe gee Hy sy naam as: Ek is wat Ek is. Volgens die werkwoordvorm van die destydse Hebreeus is dit die onvoltooid-teenwoordige tyd (in die Engels present continuous tense). Dit wil sê, altyd hier, ontvouend in die nóú; nou-nog. En dat Jesus n sleutelmoment in hierdie ontvouing is deurdat God omgedraai het en sy gesig kom wys het in die gestalte en leefwyse van die Man van Nasaret. Daarom is n Kersfeesgedig oor geboorte moontlik: In swewende verlatenheid
O Heer my God, as ek in eerbied wonder
Hierdie nuut-sê teen die agtergrond van ou dinge word só verwoord in n gedig van Annette Snyman, Gee my net één dag: Gee my net een dag soos toenterjare, In een sin sê sy: Gee my weer die bekoring van die verbygegane tyd toe die Heilige Gees uitgestort is, maar nóú om n nuwe Pinksterling te wees; met eie Afrikaanse klank wat borrel in die alfabet van n nuwe spreekwyse oor die mens se verlange na God. Maar die oorspronklike inspirasie het nie verdwyn nie. Dit staan in die teken van die skeppende moontlikhede uit nágloed van toenterjare.
Die skep van nuwe metafore het die bedoeling om iets nuuts in ons wakker te maak in ons ervaring van God. Soos die metafore wat ds Ronell Bezuidenhout tot baie se ontsteltenis so paar jaar gelede bedink het in haar dagstukkies vir hedendaagse kinders: dat God byvoorbeeld n au pair (n versorger van kinders) is, of n raver (die ster van n musiekpartytjie). Maar wat, meer presies, doen metafore aan ons belewenisse? Mens kan dit illustreer met n gedig van DJ Opperman: God het as magtige magneet Sulke taal het n kragtige uitwerking op n mens se verstaan van en reaksie op dinge: Dit spreek jou op n intellektuele verbeeldingsvlak aan in dié sin dat jy die ooreenstemming tussen twee of meer sake insien en begryp (God is soos n magneet). Dit kan jou emosioneel só roer dat jy die beskrewe ooreenstemmings as n werklikheid beleef. Jy voel hoe kragtig God as magneet alles, en jouself, na hom toe aantrek. Jy word as t ware die ystervylsels in die kragveld en reikwydte van die magneet. Verbeelding en emosionele meevoering maak dat ook jou optrede subtiel beïnvloed kan word. Jy kan jou byvoorbeeld só oorgee aan die trekkrag van die magneet dat jy die dinge en belewenisse opsoek wat jou die trekkrag laat beleef. Daarom beur jy na die magneet toe. Terselfdertyd moet ons onthou metafore is vlugtig en raak maklik geyk sodat dit tot verstarde betekenisse lei. Daarom moet metafore gereeld hersien word om hulle te laat spreek. Dit moet ook begryp word dat n metafoor van hoe God is, nie die wese van God volledig kan bevat nie: Sy ontvouende misterie word nie daardeur uitgeput nie; en dat mens versigtig moet wees vir die wanpersepsies en misleidings waartoe metafore aanleiding kan gee, byvoorbeeld deur beelde soos Vader, raver en au pair te verletterlik en te vergeet van die woordjie soos. Ons moet onthou ons praat van ons belewenisse van God, nie van God self nie.
Daarom is elke vroeëre of huidige belydenisskrif, elke teologiese debat, elke gedig, elke lied, koorsang en skildery, elke biddende stameling, elke vlugtige gedagte, elke onrustige gevoel, elke bietjie verwondering, elke Jesus-seminaar, elke flentertjie twyfel en angsvolle buitestaanderskap, en elke geskrif en proefskrif wat bemoeienis maak met die wese en betekenis van die Man van Nasaret, n toelaatbare antwoord op die ope uitnodiging wat Jesus self gerig het.
Dit vra dat ons as t ware die evangelie ook in die gewone lewe sal soek en ontdek. Sodat ons vanuit ons eie lewenstekste en ervarings, en vanuit die letterkunde, die visuele kunste, fotografie, musiek, ligte liedjies, koerantberigte kortom, die hedendaagse lewensdinge en gebeurtenisse kan teruggaan na die bybel en daarin n troostende, verhelderende, rigtinggewende weerklank vind. Soos mens kan maak met n grepie uit PG du Plessis se drama Siener in die Suburbs wat nou hier by KKNK opgevoer word. In n gesprek tussen Tiemie en Jakes sê Tiemie: n Mens wil nie soos n hond vrek nie. Jy wil van geweet wees. O, ek wou so graag van geweet wees. Soos Tiemie, het elke mens die behoefte om van geweet te wees; dat jy nie maar n toevalligheid vir ander is nie, n klein, onopgemerkte voetnota in die lewe nie. Die wesenlikheid van hierdie menslike behoefte vind weerklank in die belofte dat ons by die naam geroep is; dat God van ons weet en ons diepste verlangens en heimwee ken; en dat Christus hom volledig, en tot die uiterste toe, met die mens vereenselwig het; dat Hy gekom het om ons te ken, Wie hierdeur aangeraak word, kan hierna nie anders nie as om te weet van die ander mens, en na die ander mens te roep sonder einde nie soos God dit doen nie, maar omdat Hy dit met ons doen. En wie die misterie hiervan tot konkrete lewenservaring wil bring, kan ontdek soos in die kort film Trein na Manhattan dat jy God se teenwoordigheid teëkom in vreemde klere en op ongewone plekke; dat Sy teenwoordigheid ook daar is waar jy dikwels nie graag wil wees, of gesien wil wees nie; en dat Hy jou aanraak wanneer jy dit nie verwag nie. Oor hoe hierdie resonansie tussen lewenservaarde evangelie en bybelteks prakties verreken kan word in die prediking en pastoraat, het Willie Jonker lank gelede al dié eenvoudige maar uitdagende beginsel gestel: As n predikant sy preek voorberei, moet die teksvers wat hy gekies het so transparant word dat hy agter die teks die gesig van elke gemeentelid kan sien. Dit veronderstel dat predikante die leefwêreld van hul lidmate nie net moet begryp nie, maar ook návoel in die klein en groot besonderhede van hul innerlike leegheid, hul lewensverslaentheid; en in hul spirituele hunkeringe. Dit vra dat mens sien deur die oë van n ander, hoor deur die oor van n ander en voel deur die hart van n ander. The totality of faith consists in the integrity of commitment, not in entirely correct propositions. And that commitment can be entire and unreserved even though something false is said at the same time. Wie dit aanvaar, het die verpligting om te vra:Getuig my lewe, my spreke en my skrywe van die integriteit van toewyding; terwyl ek weet dat ek in die proses kan mistas? Dat ons daarom almal die ou beginsel van simul fidelis et incredulous kan bely: Here ek glo, help my in my ongeloof. Wanneer mense dit doen, kan hulle nie voortgaan om onverdraagsaam, ongeduldig, meerderwaardig en selfvoldaan te oordeel oor mekaar se naïewe geloof, of blinde goedgelowigheid, of kettery, of intellektualisme, of dromende mistiek nie. Die verpligting is dan op elkeen om ten minste te probeer begryp waar die ander vandaan kom; om te aanvaar dat mense wisselende verstaanshorisonne het en hul verlange na n diepgesetelde spiritualiteit verskillend uiter. Dit is n bietjie anders as die twee Engelse predikante wat so gestry het oor hoe mens die Woord van die Here nou eintlik moet verkondig in hul gemeente. Tot dat die een ten einde laas met die voorstel kom: From now on you can serve the Lord your way. And I will serve him His way.
Dit kan byvoorbeeld insluit, as dit jou keuse is, om te leer om te mediteer soos dit al eeue lank in Oosterse filosofieë en ander buitekerklike spiritualiteite beoefen word. Deur dit te doen, hoef nie te beteken jy vereenselwig jou met byvoorbeeld die Boeddhistiese pad nie, maar dat jy n manier gevind het om jou oop te stel vir God en iets van hom te ontvang. Willem Nicol het in dié verband belangrike eienskappe van Christelike meditering aangeteken. Kry dit gerus in die hande. Stelling 9 Ek het heel aan die begin gesê ek praat as n onverwoesbare binnestaander vir wie die pad na geloof steeds langs baie en vreemde paaie loop; soekend na daardie gift van klein en groter dinge wat van jou God se mens maak in hierdie wêreld. Daarom die gedig Gawes van die Gees: Ek kan nie in tale spreek nie Wat ek nie gesê het nie, omdat die tyd (30 minute) my ingehaal het:
Wat dink jy van hierdie lesing? Stuur jou reaksie aan SêNet by katvis22@yahoo.com. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |