Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die universele kerk

Melinda Maré

Die Nuwe Testamentiese kerk is geroepe mense uit alle volke wat wedergebore is en die Christelike leefwyse in toepassing van geloof prakties nastreef. Dit sluit almal in wat glo dat Jesus Christus die Here is.

Die getuienisse van die verlostes deur al die eeue heen in die hemel en op aarde verleen groot betekenis aan die wese van die kerk:

  • Efesiërs 3:1-11
  • Hebreërs 12:23

    Die ware kerk is geestelike mense wat lidmate is van die universele huisgesin van God. Die verloste kerk in hierdie sin verteenwoordig die Christelike afdeling van die samelewing. Die sout van die aarde..

    Die algemene wanindruk wat soms heers is dat die kerk net nog ’n klub is wat ten doel het om individue met ’n sosiale ingesteldheid te verenig ter bevordering van liefdadigheidsdoelwitte. Die kerk is die liggaam van Christus waarin die Heilige Gees gesetel is en deur wie God in die wêreld handel en wandel. Die Bybel leer ons van een universele kerk met baie plaaslike gemeentes waarin die universele kerk vergestalt word.

    Dis ’n geestelike en onsigbare werking van God se soewereine Gees wat Homself op dié wyse sigbaar en wesenlik voorstel aan die wêreld.

    ’n Plaaslike gemeente kan omskryf word as verloste mense wat eensgesind en vrywillig byeenkom as ’n deel van die universele kerk met die doel om hulself te vestig as die uitgemaakte waarheid en om hul gemeenskap te evangeliseer deur die evangelie te versprei tot aan die eindes van die aarde.

    Daar word herhaaldelik na plaaslike gemeentes verwys in die Skrif:

  • Mattheüs 18:17
  • Handelinge 14:23
  • Romeine 16:5
  • 1 Korinthiërs 1:2, 4:17, 16:19
  • Filippense 4:15
  • Kolossense 4:15
  • 1 Petrus 5:13
  • Openbaring 1:11, 2:1, 8, 12, 18, 3:1, 7.

    Daar is baie mensliewende organisasies wat nie deel van die Christelike kerk uitmaak nie. Sulke organisasies doen moontlik goeie werk, maar kan nie op grond van goeie werke as kerke geklassifiseer word nie.

    Die kerk is nie ’n organisasie gebaseer op die algemene broederskap van die mens wat berus op filantropiese beginsels nie, maar is ’n bonatuurlike liggaam van gelowiges gevul met die teenwoordigheid en die krag van God soos wat individue aanpas om te voldoen aan die vereistes van die evangelie.

    Bron:

    God’s plan for man
    Finis Jennings Dake

    to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.